Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Oos, Wes, Tuis bes? Nie altyd nie!
Re: Oos, Wes, Tuis bes? Nie altyd nie! [boodskap #14166] Wo, 29 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam - en dis maar ook 'n ding met twee kante - ons word
voortdurend ook maar sleg gesê omdat ons padgegee het en as jy dan probeer
sê jy dink nie jy is so sleg nie, dan sê die ous jy probeer jouself
rasionaliseer. As ons dit doen is dit maar net om die ander kant van die
pennie ook te wys.

Ek is nogal opgewonde op die oomblik - ons wil huis koop en die een waarin
ons belangstel, het so 'n snaakse kontrepsie buite die agterste heining.
Die agent sê toe vir my dis 'n "deer feeder" waarin jy graan gooi en dan
kom eet die takbokke daar in die winter (dalk somer ook). Ek hoop van
harte ons kry die huis.
--
Net Nico ...

| As 'n ou jou keuse gemaak het, het jy hom gemaak, en ek dink nie dis
nodig
| om dit gedurig op die ng te regverdig, soos sommige ouens soms doen nie.
Of
| hoe?
|
| (Sien onder)
|
| Groete
|
| Henri Burger, Tzaneen. RSA
| 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'****
| (e-mail: remove 'sukikaki.')
|
| **** '...het jy toe die boodskap goed verstaan?', uit 'Maria' van
Elizabeth
| Eybers!
|
|
|
Re: Oos, Wes, Tuis bes? Nie altyd nie! [boodskap #14167 is 'n antwoord op boodskap #14166] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in article
...
> Ons moes nou al telkemale hier verneem van ons geïmigreerde broers hoeveel
> beter dit is waar hulle huk tans bevind, veral sover dit misdaad, of dan die
> gebrek daaraan aangaan. Ter wille van perspektief plaas ek die volgende,
> soos Beeld vandag berig:

Hou net die perspektief in gedagte:

Nie almal van ons is onverantwoordelik en onverseker nie.
Ek dink ook nie 'n mens is erens in die wereld 100% veilig teen diefstal
nie.
Ek kan ook nie vir NZ of Australië praat nie - ek bly in die VSA.
Die verskil tussen Sa en die buiteland is steeds daar - kom kuier vir my en
ek sal laat jy dit aan jou bas voel:
Hier lees 'n mens gewoonlik in een koerant van die misdaad en in die
volgende dag s'n waar die misdadigers gevang is en na 'n paar maande van
strawwe soos 40jaar vir gewapende roof.
Hier kan ek steeds my motor ongesluit parkeer, selfs aangeskakel in
uiterste weer, en in 'n winkel ingaan vir inkopies.
Hier staan my seuns se fietse voor die voordeur oornag - nie vasgesluit
nie. Daar is ook nie heinings om die erf nie.
Hier kan my vrou laatnag (na nege) sonder vrese winkel toe gaan (toegegee,
nie sommer in enige omgewing nie).
Hier word oortredings gestraf en nie deur die bree publiek geduld nie.
Hier ry 95% motoriste nie meer as 5myl/uur oor die spoedgrens nie.
Hier word 'n prostituut en haar besoeker se gesigte deur die polisie op die
internet geplaas, selfs voor die hofsaak.

Antwoord my nou en sê eerlik dat in enige metropool in SA met 2 miljoen of
meer mense jy net EEN van bogenoemde kan teekom.

Johan
Re: Oos, Wes, Tuis bes? Nie altyd nie! [boodskap #14169 is 'n antwoord op boodskap #14166] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan skryf:

> Antwoord my nou en sê eerlik dat in enige metropool in SA met 2 miljoen of
> meer mense jy net EEN van bogenoemde kan teekom.

Johan,

Nie eens op Tzaneen nie, en terloops ek hoop nie hier bly ooit 2milj mense
nie!

Natuurlik is jy reg - die ironie van die situasie soos verduidelik, het my
opgeval, vandaar die plasing.

Maar kom ek sê jou iets anders. Die ander aand word 'n ou hier bokant my in
die middel van die nag wakker van 'n geblaf van honde in sy straat. Op sy
hoede vir inbrekers, gaan hy kyk, en loop hom vas in 'n seekoei wat in sy
voortuin wei.

'n Rukkie terug op Phalaborwa gaan draf 'n ou een aand skemer deur die dorp,
en regoor 'n beboste erf spring 'n leeu uit en hardloop straataf in die
teenoorgestelde rigting.

Nou onlangs vra 'n ou my of ek nog nie emigrasie oorweeg het nie. My
antwoord was dat die idee al my gedagtes gekruis het, maar dan gaan ek vir
'n naweek na 'n vriend se plaas hier op die Olifantsrivier, en ek sit en kyk
hoe die wild kom water drink, en luister snags hoe die leeus brul, of hoe
die luiperd vroegoggend die bobbejane bymekaar maak. Hierdie dinge is vir my
genoeg.

Ja, ek was al betrokke in 'n poging om my motor te kaap, en daar is op my
geskiet. Ek was gelukkiger as ander. Die ander dag lees ek van 'n vrou in
die VSA wat 'n ander vrou se ongebore baba gesteel het, deur haar te vermoor
en die baba uit haar buik te sny. Wat is die 'odds'? Die vrou in die VSA kry
die doodstraf, en hier by ons lewenslank (as hulle gevang word). Wat beteken
dit vir die slagoffers?

As 'n ou jou keuse gemaak het, het jy hom gemaak, en ek dink nie dis nodig
om dit gedurig op die ng te regverdig, soos sommige ouens soms doen nie. Of
hoe?

(Sien onder)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'****
(e-mail: remove 'sukikaki.')

**** '...het jy toe die boodskap goed verstaan?', uit 'Maria' van Elizabeth
Eybers!
Re: Oos, Wes, Tuis bes? Nie altyd nie! [boodskap #14196 is 'n antwoord op boodskap #14166] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
arno  is tans af-lyn  arno
Boodskappe: 29
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
hoi henri

wel jij houd van afrika en dat mag, maar veroordeel andere dingen niet
johannesburg is heel erg crimineel en meer plaatsen in sa
maar sluit je ogen niet voor de werkelijkheid
overal ter wereld komt prostitutie voor dus ook in sa!
en andere landen dulden niet alles maar mensenrechten zijn mensenrechten en
wij mogen niet oordelen over de ander

wat wij moeten is een ander vergeven en proberen met zijn allen de aarde
leefbaar te houden

en ook hier in nederland gebeuren er naast slechte dingen meer goede dingen
zaken zijn bespreekbaar en worden bespreekbaar gemaakt.

preventie is een belangrijk onderdeel hierin en oke soms kunnen straffen
harde zijn maar vooral sneller gestraft worden
maar overal ter wereld waar mensen wonen is ruzie en komt criminaliteit voor
en dat dus ook in afrika!

arno
Vorige onderwerp: Naamsverandering: Kalahari Gemsbokpark
Volgende onderwerp: Vergifnis as foltertang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 22:05:00 MGT 2024