Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaanse leestekens
Afrikaanse leestekens [boodskap #14121] Di, 28 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Danksy 'n wenk van Hannes Cilliers, kan ek nou 'n oplossing bied vir die
korrekte plasing van Afrikaanse leestekens:

Gaan na 'Control Panel', 'Keybord', 'Language' en dubbelklik op die blou
strook reg onder 'Layout'. Verander nou na "United States International". Jy
sal moontlik gevra word vir jou Windows CD of 'n spesifieke stiffie.

Hierna werk die sleutelbord soos 'n outydse tikmasjien. Tik eers die ", of
^, of ', of `, en daarna die betrokke klinker. Jou masjien praat nou
Afrikaans, soos Hannes dit stel!

Ek het 'n probleem gehad om aanhalingstekens te gebruik met 'n klinker direk
daarna (die masjien sit 'n deelteken op die klinker), maar die oplossing is
om die spasiebalk ná die aanhalingsteken te druk.

Nogmaals dankie, Hannes!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Afrikaanse leestekens [boodskap #14141 is 'n antwoord op boodskap #14121] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nico vra:

> Henri, watter ander effek gaan dit hê???? Ek gaan dit vir 'n ruk so
> gebruik en kyk hoe dit werk! Dankie!

Nico, dit behoort die effek te hê dat jy die leestekens kan skryf soos wat
ons gewoond is in Afrikaans, en ons nie hoef te wend tot improvisasies soos
'he^' nie, omdat 'n ander ou se masjien nie die Alt(kode) manier kan lees
nie.

Ook sal dit verhoed dat ouens heeltemaal wegdoen met leestekens, en dan
verwarrende siene uitstuur soos bv. Hoerskool, i.p.v. Hoërskool!

Groete

Henri
Re: Afrikaanse leestekens [boodskap #14142 is 'n antwoord op boodskap #14121] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri, watter ander effek gaan dit hê???? Ek gaan dit vir 'n ruk so
gebruik en kyk hoe dit werk! Dankie!
--
Net Nico ...

Henri Burger wrote in article
...
| Hierna werk die sleutelbord soos 'n outydse tikmasjien. Tik eers die ",
of
| ^, of ', of `, en daarna die betrokke klinker. Jou masjien praat nou
| Afrikaans, soos Hannes dit stel!
|
| Ek het 'n probleem gehad om aanhalingstekens te gebruik met 'n klinker
direk
| daarna (die masjien sit 'n deelteken op die klinker), maar die oplossing
is
| om die spasiebalk ná die aanhalingsteken te druk.
Vorige onderwerp: Positief oor Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Naamsverandering: Kalahari Gemsbokpark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:35:20 MGT 2024