Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Positief oor Suid-Afrika
Positief oor Suid-Afrika [boodskap #14023] Vr, 24 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Theo de Jager  is tans af-lyn  Theo de Jager
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hallo daar almal,

Hoe langer ek hier in die VSA studeer, hoe meer dink ek dat Suid-Afrika
tog nie te sleg is nie. Dis tog snaaks hoe mens eers besef wat jy werklik
het as jy vir 'n rukkie buite jou eie nasionale/etniese konteks moet bly.
Alhoewel ek dit lankal vermoed het, word dit nou eers vir my duidelik dat
Amerika soortgelyke rasse-probleme gehad het....en nog steeds het!

Groete,

Theo de Jager
Re: Positief oor Suid-Afrika [boodskap #14058 is 'n antwoord op boodskap #14023] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Theo de Jager wrote in article
...
|
| Hallo daar almal,
|
| Hoe langer ek hier in die VSA studeer, hoe meer dink ek dat Suid-Afrika
| tog nie te sleg is nie. Dis tog snaaks hoe mens eers besef wat jy werklik
| het as jy vir 'n rukkie buite jou eie nasionale/etniese konteks moet bly.
| Alhoewel ek dit lankal vermoed het, word dit nou eers vir my duidelik dat
| Amerika soortgelyke rasse-probleme gehad het....en nog steeds het!

Theo, ek bly baie lekker hier, maar ek moet met jou saamstem oor die
rasseprobleme - dis al baie ver gevorder hier en het 'n baie dieper vlak
bereik as wat ek ooit aan gewoond was. Ek sou net wou hê dat mense in
Afrika en Ierland hier wou kom kyk en daaruit leer en nie dieselfde foute
maak nie. Maar dis 'n baie ortsigtige en onrealistiese siening. Ek dink
mense hier sal ook beter met mekaar klaarkom as hulle besef daar is werklik
verskillende rasse op aarde en ons mag die verskille maar raaksien. Wat
ons nie mag doen nie, is om een rassegroep beter as 'n ander te sien nie -
inherent as gevolg van hulle kleur nie. Daarmee saam sê ek darem ook dat
die swartes van Afrika nie bevoeg is om 'n westerse soort regering en
verantwoordelikhede suksesvol te volvoer nie.

Nico
Re: Positief oor Suid-Afrika [boodskap #14059 is 'n antwoord op boodskap #14023] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:

Maar dis 'n baie ortsigtige en onrealistiese siening. Ek dink
> mense hier sal ook beter met mekaar klaarkom as hulle besef daar is werklik
> verskillende rasse op aarde en ons mag die verskille maar raaksien. Wat
> ons nie mag doen nie, is om een rassegroep beter as 'n ander te sien nie -
> inherent as gevolg van hulle kleur nie. Daarmee saam sê ek darem ook dat
> die swartes van Afrika nie bevoeg is om 'n westerse soort regering en
> verantwoordelikhede suksesvol te volvoer nie.
>
> Nico

Ja, ou Nico, hier staan jy ontbloot
vir wat jy is.

Mag ek ook daarop dui dat die mense
in SA wat die apartheids-sisteem begin
het en dit vir 40 jaar in stand gehou
het, ook nie bevoeg was om 'n westerse
soort regering met sy verantwoordelik-
hede "suksesvol" te volvoer nie.
Re: Positief oor Suid-Afrika [boodskap #14122 is 'n antwoord op boodskap #14023] Di, 28 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> "Nico" skryf:

> Daarmee saam sê ek darem ook dat
> die swartes van Afrika nie bevoeg is om 'n westerse soort regering en
> verantwoordelikhede suksesvol te volvoer nie.

Voor ek jou hieroor aanvat, se net bietjie waarom nie.
Re: Positief oor Suid-Afrika [boodskap #14143 is 'n antwoord op boodskap #14023] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoef nie 'n enkele woord te skryf nie - gaan kyk net na wat in Afrika
aangaan - hoeveel van die mense bly in westerse styl en bedryf suksesvol 'n
westerse demokrasie. Ek het nog gedink Botswana is net die land om in te
gaan bly - en by nadere ondersoek moes ek ook daar maar verneem dat die
hele sisteem op omkoop staatmaak om te werk en dat jy nerens iets regkom as
jy nie 'n tweede betaling onder die tafel deurstoot nie.

Kyk hoe word daar deur swart staatsmanne rondgevlieg - blote geldmors, en
in al hulle lande kripeer meeste mense van ellende. Ek dink die enigste
ding wat meeste swart staatsmanne by die huis hou, is die vrees vir 'n
staatsgreep as hulle uit die land uit is.

As jou persepsie is dat dit heel goed gaan in meeste Afrika lande, dan sal
jy glad nie weet waarvan ek praat nie. Dan is jou verwysingsraamwerk en
waardestelsel anders as myne en vrees ek dat ons bymekaar verby sal praat.

Probeer maar...
--
Net Nico ...

| >Daarmee saam sê ek darem ook dat
| >die swartes van Afrika nie bevoeg is om 'n westerse soort regering en
| >verantwoordelikhede suksesvol te volvoer nie.
|
| Voor ek jou hieroor aanvat, se net bietjie waarom nie.
|
Vorige onderwerp: Canada ? Vergeet daarvan
Volgende onderwerp: Afrikaanse leestekens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 24 05:00:49 MGT 2024