Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Riglyne vir Nuusgroep gebruik
Riglyne vir Nuusgroep gebruik [boodskap #14048] Sa, 25 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jis ouens,

Hierdie is 'n vertaling van die opsomming van 'n artikel oor riglyne vir
nuusgroep gebruik, vir die wat belang stel.

(Die volledige artikel, "A Primer on How to Work With the Usenet Community",
oorspronklik geskryf deur Chuq Von Rospach, en geplaas deur Mark Moraes, is
te kry by die nuusgroep news.announce.newusers.)

Riglyne:

Onthou altyd dat die persoon aan die ander kant 'n mens is.

Moenie administrateurs blameer vir ander gebruikers se gedrag nie.

Moenie aanvaar dat 'n persoon namens sy organisasie praat nie.

Wees versigtig wat jy van ander sê.

Wees saaklik.

Jou plasings sê iets van jouself; wees trots daarop.

Gebruik beskrywende opskrifte.

Dink oor wie moontlik jou artikels kan lees.

Wees versigtig met humor en sarkasme, dit word dikwels mis gelees.

Plaas 'n berig slegs een keer.

Plaas 'n kort opsomming van dit waarop jy antwoord.

As dit gepas is, stuur liewer e-pos.

Lees alle opvolge voordat jy antwoord.

Sorg dat jy die korrekte e-pos adres verskaf, en verwag om reaksie te kry.

Maak dubbel seker van die relevante nuusgroep.

Wees versigtig vir kopiereg oortredings.

Noem die toepaslike bronne.

Dui aan in die titel as jy 'n uitslag bekend maak, en moenie die uitslag in
die titellyn plaas nie.

Die uitwys van spelfoute/onkorrekte taalgebruik word beskou as swak smaak.

Moenie identifikasielyne ('signatures') te lank maak nie.

Moenie nuusgroepe gebruik as bron vir take nie.

Moenie adverteer nie.

Beperk kruispos na verskillende nuusgroepe.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Riglyne vir Nuusgroep gebruik [boodskap #14074 is 'n antwoord op boodskap #14048] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Deur jou bydrae het jy 'n verslaggewer geword !

Vertel ons meer van die universiteit van mannitoba, winnepeg, california

Groete
Kobus
Re: Riglyne vir Nuusgroep gebruik [boodskap #14075 is 'n antwoord op boodskap #14048] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek dink ons moet vir Henri dankie
sê vir die tydige plasing van die
riglyne vir nuusgroep-gebruik.
Ons maak ons seker almal die
een of ander tyd skuldig aan
die verbreking van sommige
van hierdie riglyne.

Johanna Rykheer

Henri Burger
wrote in
article ...
> Jis ouens,
>
> Hierdie is 'n vertaling van die
opsomming van 'n artikel oor riglyne
vir
> nuusgroep gebruik, vir die wat belang
stel.
[knip]
Re: Riglyne vir Nuusgroep gebruik [boodskap #14076 is 'n antwoord op boodskap #14048] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anna Van der Walt  is tans af-lyn  Anna Van der Walt
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kyk mense, ek is nie lid van hierdie nuusgroep nie, en is definitief ook
nie van plan om een te word nie. Het sommer net 'n bietjie in die
Internet gespeel en het die begrip "afrikaans" ingegee om te sien wat ek
vind. Kom toe af op hierdie nuusgroep, en kry die laaste 70 boodskappe
van julle ouens om te lees - so as 'n soort van introduction of iets. Ek
skaam my absoluut morsdood - skandelike taalgebruik en 'n absoluut lae
vlak van interpersoonlike kommunikasie. Die feit dat die groep dan
nogals so half sosiaalwetenskaplik bekend staan as "social culture south
african afrikaans" laat my bloed kook - gestel iemand wat Afrikaans kan
lees (sover as wat my kennis strek kan 17 miljoen mense op die wêreld
Afrikaans lees, dit sluit die Namibiërs, Hollanders en Belge in) probeer
om werklik hulpvolle inligting oor die sg. sosiokulturele groep, die
Afrikaners, in die hande te kry via die Net, en kom op dié ongelooflike
gemorsspul af! Dit maak my bitter kwaad - ek woon al baie lank in die
buiteland en moet al jare in die koerante hier lees van die sg.
onopgevoede en baar "Boere", dit steek my altyd dwars in die krop en ek
probeer my mense na die beste van my vermoë verdedig. Vandag vir die
eerste keer skaam ek my om 'n Afrikaner te wees - wat is dan die
definisie van 'n Afrikaner vandag? Indien die definisie sou wees dat 'n
Afrikaner iemand is wat Afrikaans praat, en omdat ek Afrikaans praat is
ek een van julle, dan wil ek onmiddellik ophou om 'n Afrikaner te wees.
Shame on you all.


Henri Burger wrote:
>
> Jis ouens,
>
> Hierdie is 'n vertaling van die opsomming van 'n artikel oor riglyne vir
> nuusgroep gebruik, vir die wat belang stel.
>
> (Die volledige artikel, "A Primer on How to Work With the Usenet Community",
> oorspronklik geskryf deur Chuq Von Rospach, en geplaas deur Mark Moraes, is
> te kry by die nuusgroep news.announce.newusers.)
>
> Riglyne:
>
> Onthou altyd dat die persoon aan die ander kant 'n mens is.
>
> Moenie administrateurs blameer vir ander gebruikers se gedrag nie.
>
> Moenie aanvaar dat 'n persoon namens sy organisasie praat nie.
>
> Wees versigtig wat jy van ander sê.
>
> Wees saaklik.
>
> Jou plasings sê iets van jouself; wees trots daarop.
>
> Gebruik beskrywende opskrifte.
>
> Dink oor wie moontlik jou artikels kan lees.
>
> Wees versigtig met humor en sarkasme, dit word dikwels mis gelees.
>
> Plaas 'n berig slegs een keer.
>
> Plaas 'n kort opsomming van dit waarop jy antwoord.
>
> As dit gepas is, stuur liewer e-pos.
>
> Lees alle opvolge voordat jy antwoord.
>
> Sorg dat jy die korrekte e-pos adres verskaf, en verwag om reaksie te kry.
>
> Maak dubbel seker van die relevante nuusgroep.
>
> Wees versigtig vir kopiereg oortredings.
>
> Noem die toepaslike bronne.
>
> Dui aan in die titel as jy 'n uitslag bekend maak, en moenie die uitslag in
> die titellyn plaas nie.
>
> Die uitwys van spelfoute/onkorrekte taalgebruik word beskou as swak smaak.
>
> Moenie identifikasielyne ('signatures') te lank maak nie.
>
> Moenie nuusgroepe gebruik as bron vir take nie.
>
> Moenie adverteer nie.
>
> Beperk kruispos na verskillende nuusgroepe.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Riglyne vir Nuusgroep gebruik [boodskap #14077 is 'n antwoord op boodskap #14048] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
harms...  is tans af-lyn  harms...
Boodskappe: 8
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , an...@bluewin.ch wrote:

> Kyk mense, ek is nie lid van hierdie nuusgroep nie, en is definitief ook
> nie van plan om een te word nie.

Deur jou bydrae het jy 'n "lid" geword.

Anna van der Walt, welkom in die modderstoeiarena !

--
remove NOSPAM to reach me
Re: Riglyne vir Nuusgroep gebruik [boodskap #14108 is 'n antwoord op boodskap #14048] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Anna Van der Walt skryf:

Dit maak my bitter kwaad - ek woon al baie lank in die
> buiteland en moet al jare in die koerante hier lees van die sg.
> onopgevoede en baar "Boere", dit steek my altyd dwars in die krop en ek
> probeer my mense na die beste van my vermoë verdedig. Vandag vir die
> eerste keer skaam ek my om 'n Afrikaner te wees - wat is dan die
> definisie van 'n Afrikaner vandag? Indien die definisie sou wees dat 'n
> Afrikaner iemand is wat Afrikaans praat, en omdat ek Afrikaans praat is
> ek een van julle, dan wil ek onmiddellik ophou om 'n Afrikaner te wees. =
>
> Shame on you all.

Wel, wel, wel. Anna van der Walt.
Jy loop in iemand anders se huis
in en jy kryt neerbuigend die
inwoners van die huis uit. Ek
vind dit onopgevoed en baar.
Ek persoonlik is trots op my
Afrikanerskap, trots op die
Afrikaanse taal, trots op my
herkoms. En hierdie nuusgroep
is 'n aktiewe lewende organisme.
Vorige onderwerp: Siener van Rensburg en die nuwe SA
Volgende onderwerp: e-KRANT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 01:59:58 MGT 2024