Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Siener van Rensburg en die nuwe SA
Siener van Rensburg en die nuwe SA [boodskap #14041] Sa, 25 April 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Frikkie Potgieter" writes: >
>
> Leendert, dankie vir die reguit antwoord wat jy vir my gee....
> Laat ek dit so stel, as izwe of Banzi wel blank is het ek werklik geen
> begeerte om hom te ontmoet nie, want dis hulle soort wat dieselfde is as
> P.W. Bothe, Constant Viljoen en F.W. De Klerk....
> Dis goed dat jy name noem, want dis ten einde `n opregte en reguit man wat
> ek mee gesels, en hulle name kom net soos Gloudina sin op my lysie wat ek
> glad nie sal antwoord nie, want elke persoon het tog maar sy trots of hoe,
> en ek argumenteer nie met iemand wat nie bestaan nie....

Jy sien, ou Frikkie, in hierdie kubereeu
word mense soos jy so deurmekaar gemaak
deur die nuwe werklikhede van die laat
twintigste eeu, dat julle opruk in Bop
in met julle monde en dan julle komoppens
kry wanneer julle die harde werklikheid
in die gesig moet staar.

En ek vra weer: HOEKOM gebruik jy nie
Afrikaans in jou e-posadres nie. Of staan
jy en jou groep nou vir 'n enkel Engelse
taalbeleid in SA? Die Afrikaanse woord
vir "freedom" is "vryheid", ou Frikkie.

> Wat die AWB betref is ek `n offisier en sal so bly tot die dag wat hulle
> ontbind, want gee my nog net een Politieke party ongeag hulle sienswyse wat
> vir hierdie korrupte en tronkvoel regering `n weerstand bied, en jy sal nie
> een kry nie...
> Onthou wat Siener Van Rensburg gesê het... Ons sal hulle nog terugjaag tot
> by die Ewenaar en dit kom so gou in die nag dat die vrouens nie eens tyd het
> om hulle gordyne toe te trek nie, en hy was nog al;tyd reg, en as jy op die
> oomblik na Moorde op plaasboere kyk en die 3de mag wat opereer, dan sien ek
> hierdie visioen nie vér nie. Ek sê nie dis die AWB wat hulle gaan terugjaag
> nie, maar `n blanke vat ook net soveel en nie meer nie..

Die laaste man wat vir my vertel het
wat Siener van Rensburg gesê het
(dat die eerste president van die
nuwe SA 'n bruin baadjie sal dra)
was Jaap Strydom, wat gehelp het
om die opstande van 1976 te veroorsaak.
Nou Jaap het altyd gesê hy hou 'n
bruin baadjie in sy kas aan, just in
case. En ek sou my nie verbaas het
as hy werklik gedink het dat hy 'n
kans het om president te word nie.
Maar nou wonder ek, het Siener van
Rensburg nie gepraat van die werklike
nuwe SA nie. Het Siener van Rensburg
nie die dag van reg en geregtigheid
gesien wat in die negentigerjare in
SA gedaag het nie?

Gloudina Bouwer
>>
>> Want ek sou dit 'n verleentheid vind as iemand namens my die soort dinge
>> plaas wat jy hier plaas - en die taal "verbruik" soos jy dit doen. Jy sien,
>> my indruk is dat daar veel van die BOS is in die bydraes wat jy hier maak.
>
>
> As iemand `n berig in my naam plaas, sal ek eenvoudig net verskoning vra en
> verder aangaan, en defnatief nie die taal gebruik wat in die brief gebruik
> is nie.
> Dis hoekom ek sê die bos is nog in hom, want hy kan nie sulke dinge hanteer
> nie, en as iemand onder jou naam skryf, dan as daar ook niks wat jy daaraan
> kan doen nie.
>
>> Maar as hy nonsens praat moet hy ook bereid wees om die pyn te vat. Net
> soos
>> ek of jy.
>
>
> Dis presies wat ek in die vorige paragraaf gesê het.
>
> Vriendelike groete
> Frikkie Potgieter
>
Re: Siener van Rensburg en die nuwe SA [boodskap #14060 is 'n antwoord op boodskap #14041] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dolfin  is tans af-lyn  Dolfin
Boodskappe: 10
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> En ek vra weer: HOEKOM gebruik jy nie
> Afrikaans in jou e-posadres nie. Of staan
> jy en jou groep nou vir 'n enkel Engelse
> taalbeleid in SA? Die Afrikaanse woord
> vir "freedom" is "vryheid", ou Frikkie.

Ek geen nou nie om wat die kultuur beteken, of die voorvaders of
enige misplaaste lojalitiet nie, maar ENGELS is die enigste
internasionale taal. Net n ****** sal probeer om die wereld in
Afrikaans in te lig or enigeiets. Engles is die taal van die toekoms
danksy Internet, en dat sal so bly en niemand sal dit verander nie.
As n mens die taal plaaslik wil bevorder is dit een ding, maar
internasionall is daar nie plek vir sulke lojalitiet nie.

Gelukkig het meeste van die Afrikaners genoeg opvoeding om Engels goed
te kan verstaan en gebruik.

Frikkie, en verstaan geheel en al hoekom julle die naam en so voorts
Engels maak. Baie van die Search Engines, of noem ons hulle nou "SOEK
MASJIENE", kry FREEDOM 2000 onmiddelik. Ek weet nie hoeveel gaan
VRYHEID 2000 kry nie, en wie die duiwel bahalwe die paar Suid
Afrikaners en die Nederlanders sal nou vir VRYHEID 2000 soek.

Die site of "PLEK" is baie goed, en ek dink jy is nou op n wen resep.

Dolfin
Re: Siener van Rensburg en die nuwe SA [boodskap #14096 is 'n antwoord op boodskap #14041] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dolfin heeft geschreven in bericht ...

> Ek geen nou nie om wat die kultuur beteken, of die voorvaders of
> enige misplaaste lojalitiet nie, maar ENGELS is die enigste
> internasionale taal.

Moet dit tog nie probeer sê in die groot en groeiende dele van die wêreld
waar Spaans oorheers nie - insluitende bepaalde dele van die VSA.

Moet dit tog ook geensins sê in die teenwoordigheid van 'n Fransman nie :-)

Maar grappies op 'n stokkie - dit mag wys wees om te onthou wat 'n Duitse
nyweraar vir 'n Amerikaanse handelaar gesê het: "As jy van ons wil koop is
dit nie nodig om Duits te praat nie. Dit is anders as jy wil hê ons
moet iets van jou koop."

> Net n ****** sal probeer om die wereld in
> Afrikaans in te lig or enigeiets. Engles is die taal van die toekoms
> danksy Internet, en dat sal so bly en niemand sal dit verander nie.

Interessant genoeg - die Langtag-verslag in die parlement dui anders - dit
blyk dat beide die relatiewe getal en die absolute getal Engelssprekendes in
die wêreld besig is om te krimp.

Onder andere omdat die internet taalgemeenskappe onafhanklik maak van
afstand.

> As n mens die taal plaaslik wil bevorder is dit een ding, maar
> internasionall is daar nie plek vir sulke lojalitiet nie.

In teendeel. Een van die navorsingstukke wat Langtag aanhaal kom uit
Australië. Daar is gevind dat die oorlewingskanse van 'n internasionale
onderneming direk eweredig is met die aantal tale waarin hy kan kommunikeer.
By plaaslike ondernemings was hierdie faktor nie merkbaar nie.

>
> Gelukkig het meeste van die Afrikaners genoeg opvoeding om Engels goed
> te kan verstaan en gebruik.
>
> Frikkie, en verstaan geheel en al hoekom julle die naam en so voorts
> Engels maak. Baie van die Search Engines, of noem ons hulle nou "SOEK
> MASJIENE", kry FREEDOM 2000 onmiddelik. Ek weet nie hoeveel gaan
> VRYHEID 2000 kry nie, en wie die duiwel bahalwe die paar Suid
> Afrikaners en die Nederlanders sal nou vir VRYHEID 2000 soek.
>
> Die site of "PLEK" is baie goed, en ek dink jy is nou op n wen resep.

Jy kan daar byvoeg:

Die meeste verregses is nie besorgd oor taal en kultuur nie. Solank die
velkleur reg is. Dis hoekom hulle so maklik emigreer.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Siener van Rensburg en die nuwe SA [boodskap #14097 is 'n antwoord op boodskap #14041] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
dol...@waveland.org (Dolfin) writes:
>
> Ek geen nou nie om wat die kultuur beteken, of die voorvaders of
> enige misplaaste lojalitiet nie, maar ENGELS is die enigste
> internasionale taal. Net n ****** sal probeer om die wereld in
> Afrikaans in te lig or enigeiets. Engles is die taal van die toekoms
> danksy Internet, en dat sal so bly en niemand sal dit verander nie.

Ag tog, ek hoop nie jy is 'n
Afrikaner nie. So "Engles" is
nou die taal van die toekoms.
Hensopper. Hanskakie.

Die Kappiekommando van die Derde
Vryheidsoorlog se Boerestaat
se taalkomitee.
Re: Siener van Rensburg en die nuwe SA [boodskap #14098 is 'n antwoord op boodskap #14041] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dolfin heeft geschreven in bericht

> Baie van die Search Engines, of noem ons hulle nou "SOEK
> MASJIENE", kry FREEDOM 2000 onmiddelik. Ek weet nie hoeveel gaan
> VRYHEID 2000 kry nie,

Dat maakt helemaal niets uit: die zoekmachines hebben geen vooroordelen: een
woord is een woord, of dit nu Engels, Afrikaans of Swahili is (hoe ze dit
doen met ander karakters (Japans, Cyrillisch, ..) weet ik niet).

> en wie die duiwel bahalwe die paar Suid
> Afrikaners en die Nederlanders sal nou vir VRYHEID 2000 soek.

Een Nederlander zou naar VRIJHEID 2000 op zoek gaan :)
^^^
Groetjes,
Arthur
Re: Siener van Rensburg en die nuwe SA [boodskap #14099 is 'n antwoord op boodskap #14041] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Knip...
Wel, soos jy onderaan sê is Engels die taal vir die toekoms, en as jy op die
tuisblad van Vryheid 2000 gaan kyk, dan sal jy sien dat die bladsy
Afrikaanse en Engelse berigte plaas wat die Linkse Kommunistiese Koerante
nie wil plaas oor die werklikheid wat in Suid Afrika aan die gang is of
gebeur nie.
Daar is wel `n Lid wat se E-Mail adres begin met Vryheid, so ek kan nie sien
hoekom meer lede die E-Mail moet gebruik nie.

> Frikkie, en verstaan geheel en al hoekom julle die naam en so voorts
> Engels maak. Baie van die Search Engines, of noem ons hulle nou "SOEK
> MASJIENE", kry FREEDOM 2000 onmiddelik. Ek weet nie hoeveel gaan
> VRYHEID 2000 kry nie, en wie die duiwel bahalwe die paar Suid
> Afrikaners en die Nederlanders sal nou vir VRYHEID 2000 soek.

Jy sal verbaas wees hoeveel buitelanders, veral Amerikaaners besoek die
bladsy.
Ons kry omtrent 10+ briewe per dag /nag van buitelanders wat vrae vra en
idees uitruil, so dis nie net hier rond waarvan besoekers kom nie.
Jy kan nou volgens die Search Engines agterkom hoekom ons in Engels
adverteer. Ons kan tog nie verwag die Buitelanders moet in Afrikaans soek
nie, en soos jy sê baie Afrikaaners verstaan Engels, en vir die wat dit nie
verstaan nie, is daar ook Afrikaanse berigte op die Bladsy.

> Die site of "PLEK" is baie goed, en ek dink jy is nou op n wen resep.

Baie dankie vir die eerlike en opregte brief. Ek hou daarvan dat mense nie
agteraf moet wees nie, maar moet sê hoe hy op die oomblik voel.

Baie Groete
Frikkie Potgieter

http://home.intekom.com/rsa/
Vorige onderwerp: Gloudina se hekstegniek
Volgende onderwerp: Riglyne vir Nuusgroep gebruik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 11:10:47 MGT 2024