Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Morele Varke en Gloudina se Waarheidskommissie
Morele Varke en Gloudina se Waarheidskommissie [boodskap #13109] So, 08 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina Tutu stel haarself aan as Waarheidskommissaris:

@igs.net heeft geschreven in bericht
...
>
>
> Nee, Leendert, vers en kapittel asseblief. Om
> jou te sien as nie 'n apartheidsvark nie, moet
> ek weet wat jy aktief gedoen het om te probeer
> daardie bose stelsel tot 'n einde te laat kom.

Ek lei hieruit af, Gloudina:

a) Dat jou definisie van 'n apartheidsvark soos volg lui: "Enigeen wat
niks gedoen het om 'daardie bose stelsel tot 'n einde te laat kom' nie".

b) Dat jy van die standpunt uitgaan dat elkeen skuldig is as
apartheidsvark tensy hy/sy bewys dat hy nie een is nie.

Met jou definisie het ek vrede, maar dit is natuurlik nodig om meer
beonderhede te weet - soos byvoorbeeld, presies wat die elemente van
"daardie bose stelsel" is. Daarsonder sou mens nie kon bepaal watter doen en
watter late skuld daarstel nie.

Met jou standpunt, dat iemand skuldig is tensy hy sy onskuld bewys, het ek
nie vrede nie. (Ek herinner my dat die plaaslike verteenwoordiger van
Anmestie Internasionaal eenmaal verklaar het dat hierdie standpunt gehuldig
word deur "morele varke".) Dit is teenstrydig met die aannaame van "innocent
until
proven guilty" wat grondliggend is aan die grondwet van jou nuutgevonde
vaderland. Dit is teenstrydig met dieselfde beginsel in die nuutgevonde
grondwet van Suid-Afrika. Dit is selfs teenstrydig met die beginsel van
onder die "apartheids" -grondwet in Suid-Afrika gegeld het, en in die
algemeen redelik goed gehandhaaf is.

Wat my egter meer interesseer, is hoe jy dit versoen met jou lidmaatskap van
Amnestie Internasionaal - of is jy onder die indruk dat hulle ook hierdie
standpunt van jou onderskryf ?

Dan volg daar ook ander vrae. Kan ek assblief 'n antwoord op _elkeen_ van
hulle kry? Dit lui:

a) Pas jy die beginsel van "guilty until proven innocent" universeel toe,
of net op die kategorie "apartheidsvarke"?

b) Is alle mense skuldig as "apartheidsvarke" totdat hulle hulself
onskuldig bewys, of net sekere kategorieë mense (bv net Afrikaners of net Van
Oostrums)?

c) Wat van swartmense in Suid-Afrika - kan hulle ook (volgens jou
definisie bo) "apartheidsvarke" wees? Indien wel, geld jou beginsel van
"guilty until proven innocent" ook vir alle swartmense, of gebruik jy daar
'n maatstaf van "innocent until proven guilty"?

Skuus lat ek nou so vra, maar as ons jou as Waarheidskommissaris moet
aanvaar moet mens darem weet wat die bewysreëls van jou tribunaal is, nie
waar nie?

En dan moet ons seker (gedagtig aan jou beginsel van "guilty until proven
innocent") aanvaar dat Gloudina, ons Waarheidskommissaris, ook skuldig is as
apartheidsvark totdat sy die teendeel bewys het. Wat dus, Gloudina, het _jy_
gedoen om "die bose stelsel tot 'n einde te laat kom"? Antwoord asseblief,
as jy wil hê mense moet jou gesag as Kommissaris aanvaar.

So van Amnestie Internasionaal gepraat: Wat was nou weer die storie agter
die ding dat Amenstie Internasionaal dertig jaar lank geweier het om gehoor
te gee aan eise en versoeke dat hulle Mandela moet erken as "prisoner of
conscience"? Hieroor hoef jy nie nou te antwoord as jy nie wil nie. Ons kan
later na hierdie vraag terugkeer.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Morele Varke en Gloudina se Waarheidskommissie [boodskap #13182 is 'n antwoord op boodskap #13109] Di, 10 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: > Gloudina Tutu
stel haarself aan as Waarheidskommissaris:

> a) Dat jou definisie van 'n apartheidsvark soos volg lui: "Enigeen wat
> niks gedoen het om 'daardie bose stelsel tot 'n einde te laat kom' nie".
>
> b) Dat jy van die standpunt uitgaan dat elkeen skuldig is as
> apartheidsvark tensy hy/sy bewys dat hy nie een is nie.
>
> Met jou definisie het ek vrede,

Toemaar Leendert,
Ek weet jy is nie 'n apartheidsvark nie. Ek
het lank gelede vir jou die volgende vraag direk
gestel : �watter periode verkies jy, die apartheids-
jare of SA na 1994.� En jy het geantwoord dat
jy die periode na 1994 verkies bo die jare van
apartheid. Dis nie 'n apartheidsvark wat so praat
nie. En ek glo dat jy eerlik was toe jy dit gesê het. Ek
glo ook dat jy op jou manier die apartheidsregime
gekritiseer het en deur jou dade bewys het dat jy jou
nie-blanke broers en susters liefgehad het. Ek hoop
jy sal voortgaan om te kritiseer. Kritiek is gesond.
Laat ons hoop dat SA nooit weer deur 'n periode sal
gaan waar mense se kritiek doodgesmoor is en hulle
in selle aangeval en vermoor is, net om hulle monde
te snoer nie. Lank lewe die kritiek.

Gloudina
Re: Morele Varke en Gloudina se Waarheidskommissie [boodskap #13225 is 'n antwoord op boodskap #13109] Wo, 11 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, Dis nou so lekker om te sien dat jy werklik iets positiefs
omtrent iemand skryf! Doe so voort!
--
Net Nico ...

| Toemaar Leendert,
| Ek weet jy is nie 'n apartheidsvark nie. Ek
| het lank gelede vir jou die volgende vraag direk
| gestel : �watter periode verkies jy, die apartheids-
| jare of SA na 1994.� En jy het geantwoord dat
| jy die periode na 1994 verkies bo die jare van
| apartheid. Dis nie 'n apartheidsvark wat so praat
| nie. En ek glo dat jy eerlik was toe jy dit gesê het. Ek
| glo ook dat jy op jou manier die apartheidsregime
| gekritiseer het en deur jou dade bewys het dat jy jou
| nie-blanke broers en susters liefgehad het. Ek hoop
| jy sal voortgaan om te kritiseer. Kritiek is gesond.
| Laat ons hoop dat SA nooit weer deur 'n periode sal
| gaan waar mense se kritiek doodgesmoor is en hulle
| in selle aangeval en vermoor is, net om hulle monde
| te snoer nie. Lank lewe die kritiek.
|
| Gloudina
|
|
Re: Morele Varke en Gloudina se Waarheidskommissie [boodskap #13273 is 'n antwoord op boodskap #13109] Vr, 13 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nico heeft geschreven in bericht ...

> Gloudina, Dis nou so lekker om te sien dat jy werklik iets positiefs
> omtrent iemand skryf! Doe so voort!
> --
> Net Nico ...
>
>
> | Toemaar Leendert,
> | Ek weet jy is nie 'n apartheidsvark nie. Ek
> | het lank gelede vir jou die volgende vraag direk
> | gestel : �watter periode verkies jy, die apartheids-
> | jare of SA na 1994.� En jy het geantwoord dat
> | jy die periode na 1994 verkies bo die jare van
> | apartheid. Dis nie 'n apartheidsvark wat so praat
> | nie. En ek glo dat jy eerlik was toe jy dit gesê het. Ek
> | glo ook dat jy op jou manier die apartheidsregime
> | gekritiseer het en deur jou dade bewys het dat jy jou
> | nie-blanke broers en susters liefgehad het.

Jy maak 'n fout, Nico. Hierdie bydrae is in geen opsig "positief" nie.

Dit is verstommend dat die een of ander sot haar dit aanmatig om 'n
kategorie soos "apartheidsvark" te skep en dan te gaan oordeel of ek aan die
kategorie behoort of nie.

Die feit dat sy besluit dat ek nie kwalifiseer vir 'n gelyste apartheidsvark
nie is heeltmal irrelevant.

Die feit dat sy arrogant genoeg is om my enigsins in daardie terme te
oordeel verklap presies dieselfde houding as wat mens sou vind by 'n
plattelandse lokasiebestuurder van dertig jaar gelede wat die mag het om oor
die lotgevalle van gesinne te beslis. Haar houding is net veel meer
afkeurenswaardig, want die bestuurder van die apartheidslokasie sou
waarskynlik nie eens weet wat "arrogant" beteken nie, en het waarskynlik
bloot die enigste jop gedoen wat hy kon kry.

> Ek hoop
> | jy sal voortgaan om te kritiseer. Kritiek is gesond.
> | Laat ons hoop dat SA nooit weer deur 'n periode sal
> | gaan waar mense se kritiek doodgesmoor is en hulle
> | in selle aangeval en vermoor is, net om hulle monde
> | te snoer nie. Lank lewe die kritiek.

Die ingelsman wat die woord "patronising" uitgedink het moes iets soos
hierdie stuk matelose hovaardigheid in gedagte gehad het.

Leendert
Vorige onderwerp: Re: VRYBURG MOOI SO MENSE
Volgende onderwerp: apartheidsvark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 07 19:23:56 MGT 2024