Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: VRYBURG MOOI SO MENSE
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13096] Sa, 07 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

> benoem. Daar was duisende en duisende
> en duisende van hierdie hardwerkende
> mense wat deur mense soos jy beswadder
> word wanneer jy so praat.

Moenie so in Afrikaans lieg nie Gloudina - daar was dalk net tientalle
hardwerkende swartes. Die res het afgebrand en afgebreek. Word wakker!
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13097 is 'n antwoord op boodskap #13096] Sa, 07 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 07 Mar 1998 04:30:36 GMT, "Nico" wrote:

waarheid kan praat nie.[/color]
>
> Ek neem aan jy dink almal hier op die NG in ongeletterd en onnosel. Jy
> besef dat jy eintlik net jou eie swakhede voortdurend adverteer nie. Jy
> maak jouself heeltemal ongeloofwaardig. Geen wonder daar was al
> bespiegeling of jy werklik bestaan of nie.>>>

Hel, Nico, as ek die boodskap reg lees wil jy nou hier se daar was net
tientalle swart mense in SA wat nie "afgebreek en afgebrand" het nie.

En dan wil jy dit as basis gebruik om te se iemand anders "kan nie die
waarheid praat nie" !!

Indien dit die geval is, dan gee jou pos - en die een waarop die
gebaseer is - ironies vir Gloudina meer geloofwaardigheid as wat sy
voorheen gehad het!

Is dit maar nie net dat ouens soos jy eenvoudig net nie vrede kan maak
met die werklikhede van SA se verlede en hede nie en dat julle
Gloudina dus nie kan hanteer nie omdat sy so reguit praat oor die
sake?
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13098 is 'n antwoord op boodskap #13096] Sa, 07 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Sien jy, Gloudina, hier is ander mense wat ook agterkom dat jy nie die
waarheid kan praat nie.

Ek neem aan jy dink almal hier op die NG in ongeletterd en onnosel. Jy
besef dat jy eintlik net jou eie swakhede voortdurend adverteer nie. Jy
maak jouself heeltemal ongeloofwaardig. Geen wonder daar was al
bespiegeling of jy werklik bestaan of nie.

Maar dis maklik genoeg om vas te stel of jy bestaan.

Nou toe, begrawe nou jou ou geroeste strydbyle en wees bietjie positief -
jy hed nog geen woord gesê oor my uitdaging aan jou om positiewe mooi goed
te skryf van die mense om jou nie.
Vertel van iets mooi wat jy en Izak daar in Kanada beleef - iets wat nie
met politiek te doen het nie.
--
Net Nico ...

| > benoem. Daar was duisende en duisende
| > en duisende van hierdie hardwerkende
| > mense wat deur mense soos jy beswadder
| > word wanneer jy so praat.
|
| Moenie so in Afrikaans lieg nie Gloudina - daar was dalk net tientalle
| hardwerkende swartes. Die res het afgebrand en afgebreek. Word wakker!
|
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13099 is 'n antwoord op boodskap #13096] Sa, 07 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek stel maar net die ander kant van die saak. Soos in meeste gemeenskappe
het die meerderheid swartes gesit en niks doen nie en was net die
ekstremiste sigbaar, aan beide kante. Maar duisende het defnitief nie hard
gewerk nie.
Ferdi, moenie worry nie, ek is nie AWB nie, trouens ek dink ek deel meer
van jou sentimente as die van die regtervleuel van die politiek!

Groetnis
--
Net Nico ...

Ferdi wrote in article
...
|
| Hel, Nico, as ek die boodskap reg lees wil jy nou hier se daar was net
| tientalle swart mense in SA wat nie "afgebreek en afgebrand" het nie.
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13100 is 'n antwoord op boodskap #13096] Sa, 07 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 07 Mar 1998 04:10:56 GMT, Johan Potgieter
wrote:

hardwerkende swartes. Die res het afgebrand en afgebreek. Word wakker!>>[/color]

So hoe gaan dit met ou ET se perd deesdae?
Daai een wat so vallerig in Pretoria was.
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13116 is 'n antwoord op boodskap #13096] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
|
| Sien jy Nico, watter soort persoon
| jy is - totaal anti-swart,

hoe sal jy dié wilde stelling aan al my nie-blanke vriende, binne en buite
SA, verduidelik?

totaal
| pro-ver regs wit Afrikaner.

Ek is wit en 'n Afrikaner, maar ek was nog nooit pro-regs nie. Ek is wel
nie blind vir die foute wat swartes tans in Afrika maak nie. My oë is nog
oop - nie in enige swarte opgekruip soos jy van jouself probeer voorgee
nie.

Jy negeer
| totaal dat ek goeie dinge sê van die
| nie-blanke

Dis 'n blinde ophemeling van mense wie se taal jy dalk nie eers kan praat
nie. Jy het skynbaar dertig jaar gelede laas met die werklikheid kontak
gehad.

en die opregte en eerlike
| Afrikaners in SA,

Haal asseblief aan Gloudina - mooi dinge oor wittes? Dis so skaars uit jou
mond dat ons dit nie mooi raakgesien het nie.

en skaar jou by die
| skorriemorrie. Ek wonder wat jy hier
| in Noord-Amerika van SA vertel.

Niks nie, Gloudina, hier hou ek my bek. Ek moedig net die Amerikaners aan
om te gaan kuier in SA en te gaan kyk hoe mooi land dit is. Ek probeer
altyd net positiewe dinge sê. Dink jy in elk geval 'n Amerikaner sal my
glo as ek selfs uit swart pers in SA aanhaal oor wat daar nou aan die
gebeur is? Hulle sal dink ek is besig met die versprei van 'n "urban
Legend".

Seker
| dieselfde ou storie. Niks was goed in
| SA na 1994 nie.

Behalwe die uithekke by Jabn Smuts .... En die goeie positiewe mense wat
ek ken wat nog daar bly ...

Maar jy is reg, daar was ongelukkig ook die dinge wat nie meer goed was
nie: Die motors wat om ons gesteel is. Die vriendin wat deur 'n polisie
kantoor bevelvoerder ge"hijack" is. Die ten gronde gaan van mediese skemas
en dienste. Die kwynende ekonomie (stygende rentekoerse, mediese fonds
premies en versekering wat gemaak het dat ek net nie meer my gesin
ordentlik kon onderhou nie). Die diefstalle van groot bedrae geld. Die
verswakking van skoolstandaarde (bv. slaagsyfer - jy hoef net 25% kry om
matriek te slaag; die groterwordende klasse). Die verdwyning van
Afrikaans op TV. Die verdwyning van Afrikaans in die parlement. Die
verdwyning van woordigheid uit die parlement. En nog so baie ander dinge
..

En jy probeer alles
| in die VSA ophemel in 'n desperate
| poging om jou te regverdig.

Ek probeer nie - ek hoef nie - meeste dinge wat ek hier bo genoem het as
dinge wat verkeerd gegaan het in SA is 1000 maal beter hier in die VSA
(hoe sal jy weet - jy sit nog in een van ou Liesbet se kolonies! Ek hoor
alles is maar nog duur daar by julle!) Ek hoef myself in geen opsig te
regverdig nie - ek voel nie skuldig oor my skuif nie - ek geniet dit terdee
om hier te wees! Elke oomblik daarvan! Dis vreeslk mooi hier - die
natuur, die winkels, die mense. Desperaat is die laaste term wat jy aan my
kan toedig - en dit gaan vir al die baie Afrikaners, Engelse
oud-SuidAfrikaners en Indier oud SuidAfrikaners wat ek hier ken. Ons het
niks meer stress nie. (Net die een ou, wat net altyd die nuutste motor wil
ry en stress dat daar nuwe modelle uitkom sodra hy syne ingeloop het.)

Al die
| Lower East Side in New York gesien?
|
Nee, Gloudina - ek kruip nie in die hole van die lewe rond nie. Ek verkies
die mooi omgewings om in te bly. 'n Mens mag maar, weet jy! Ek sluit nie
my oë vir die vuil in die lewe nie, maar ek is nie bereid om te huigel en
alles wat mooi is om my swart te smeer en dan nog steeds in luukse te lewe
nie.

As jy nou weer in die Lower East Side van New York gaan grawe (kyk jy in
die asblikke?), kyk of jy nie dalk daar iets mooi sien waarvan jy vir ons
kan vertel nie.

So terloops, dit mag jou verras, maar ek het niks te doen met die toestand
waarin die Lower East Side van New York haar bevind nie. Dalk moet die
mense daar gaan kyk na hoe die swakker dele van London opgeruim is en mooi
gemaak is! Was jy al daar, Gloudina? Jy kan gerus jou reisplanne
opgradeer en daar gaan kyk. Die wereld bestaan nie net uit slums nie.

Ek daag jou weereens uit om iets mooi raak te sien!

Nico
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13118 is 'n antwoord op boodskap #13096] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Sien jy Nico, watter soort persoon
> jy is - totaal anti-swart, totaal
> pro-ver regs wit Afrikaner. Jy negeer
> totaal dat ek goeie dinge sê van die
> nie-blanke en die opregte en eerlike
> Afrikaners in SA, en skaar jou by die
> skorriemorrie. Ek wonder wat jy hier
> in Noord-Amerika van SA vertel. Seker
> dieselfde ou storie. Niks was goed in
> SA na 1994 nie. En jy probeer alles
> in die VSA ophemel in 'n desperate
> poging om jou te regverdig. Al die
> Lower East Side in New York gesien?

Is jy wragtig heldersiende? Hoe kan jy wild aanneem dat Nico of enige ander
persoon wat nie met jou saamstem or te wel met jou wyse van dinge stel
saamstem nie - dat hulle nou "skorriemorrie" is :-)

Jy sorg minstens vir opwinding hier - ek gee jou dit - verder Gloudina, het
jy probleme - hoekom val jy aan maar ontwyk dat jy al sedert die 60's daar
in Kanada sit ?

So niks was goed in SA na 94 nie - en voor dit? - Dink jy daar was darem
iets goed (buiten die feit dat jy - dank vader - uit die land is) ?

Jy maak mense so de donner in omdat jy absolute twak kwytraak - probeer
eerder subtiel jou saak stel - of is Freud die probleem...
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13119 is 'n antwoord op boodskap #13096] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes: > Sien jy, Gloudina, hier is ander mense wat ook agterkom dat jy nie die
> waarheid kan praat nie.
>
> Ek neem aan jy dink almal hier op die NG in ongeletterd en onnosel. Jy
> besef dat jy eintlik net jou eie swakhede voortdurend adverteer nie. Jy
> maak jouself heeltemal ongeloofwaardig. Geen wonder daar was al
> bespiegeling of jy werklik bestaan of nie.
>
> Maar dis maklik genoeg om vas te stel of jy bestaan.
>
> Nou toe, begrawe nou jou ou geroeste strydbyle en wees bietjie positief -
> jy hed nog geen woord gesê oor my uitdaging aan jou om positiewe mooi goed
> te skryf van die mense om jou nie.
> Vertel van iets mooi wat jy en Izak daar in Kanada beleef - iets wat nie
> met politiek te doen het nie.
> --
> Net Nico ...
>
>
> | > benoem. Daar was duisende en duisende
> | > en duisende van hierdie hardwerkende
> | > mense wat deur mense soos jy beswadder
> | > word wanneer jy so praat.
> |
> | Moenie so in Afrikaans lieg nie Gloudina - daar was dalk net tientalle
> | hardwerkende swartes. Die res het afgebrand en afgebreek. Word wakker!
>

Sien jy Nico, watter soort persoon
jy is - totaal anti-swart, totaal
pro-ver regs wit Afrikaner. Jy negeer
totaal dat ek goeie dinge sê van die
nie-blanke en die opregte en eerlike
Afrikaners in SA, en skaar jou by die
skorriemorrie. Ek wonder wat jy hier
in Noord-Amerika van SA vertel. Seker
dieselfde ou storie. Niks was goed in
SA na 1994 nie. En jy probeer alles
in die VSA ophemel in 'n desperate
poging om jou te regverdig. Al die
Lower East Side in New York gesien?
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13154 is 'n antwoord op boodskap #13096] Ma, 09 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Jan" writes: >

> Jy sorg minstens vir opwinding hier - ek gee jou dit


Aha. Miskien is dit die rede hoekom
die Afrikaanse nuusgroep so aktief is.
En 'n aktiewe nuusgroep is 'n baie
goeie teelaarde vir die behou van
Afrikaans onder die Afrikaners en
Afrikaanssprekendes van die diaspora.

> Jy maak mense so de donner in omdat jy absolute twak kwytraak - probeer
> eerder subtiel jou saak stel - of is Freud die probleem.

Ja, ek dink Freud is die probleem:
by jou en by Nico en sommige anders
wat so knaend oor my sit en skryf.
Is dit natuurlik om so tyd te sit en
verspil om "die bose vrou" aan te val
wat jou wereldstandpunt bedreig?

Gloudina
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13155 is 'n antwoord op boodskap #13096] Ma, 09 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes: > |
> | Sien jy Nico, watter soort persoon
> | jy is - totaal anti-swart,
>
> hoe sal jy dié wilde stelling aan al my nie-blanke vriende, binne en buite
> SA, verduidelik?

Deur jou opinies aan te haal
wat jy vroeer op hierdie nuus-
groep kwytgeraak het. Merk jy
dat "Nico" 'n stadige metamorfose
op hierdie nuusgroep ondergaan?
Hoop dis regtig so, en nie net
vir die gallery nie.

> Jy negeer
> | totaal dat ek goeie dinge sê van die
> | nie-blanke
>
> Dis 'n blinde ophemeling van mense wie se taal jy dalk nie eers kan praat
> nie. Jy het skynbaar dertig jaar gelede laas met die werklikheid kontak
> gehad.

Ek lewe in die kuberruimte, dankie.
Ek kan daagliks gedagtes wissel met
van my oud-leerlinge.

>
> en skaar jou by die
> | skorriemorrie. Ek wonder wat jy hier
> | in Noord-Amerika van SA vertel.
>
> Niks nie, Gloudina, hier hou ek my bek. Ek moedig net die Amerikaners aan
> om te gaan kuier in SA en te gaan kyk hoe mooi land dit is. Ek probeer
> altyd net positiewe dinge sê. Dink jy in elk geval 'n Amerikaner sal my
> glo as ek selfs uit swart pers in SA aanhaal oor wat daar nou aan die
> gebeur is? Hulle sal dink ek is besig met die versprei van 'n "urban
> Legend".

So daar het jy dit. Jy hou jou mond?

> | dieselfde ou storie. Niks was goed in
> | SA na 1994 nie.
>
> Behalwe die uithekke by Jabn Smuts ....

Hier kom die ou Nico, met sy
anti-SA reklame

Die verdwyning van
> Afrikaans op TV. Die verdwyning van Afrikaans in die parlement.

Dis nuut vir my. Het Afrikaans
verdwyn, of net sy regmatige
plek ingeneem.

Lower East Side in New York gesien?
> |
> Nee, Gloudina - ek kruip nie in die hole van die lewe rond nie. Ek verkies
> die mooi omgewings om in te bly. 'n Mens mag maar, weet jy! Ek sluit nie
> my oë vir die vuil in die lewe nie, maar ek is nie bereid om te huigel en
> alles wat mooi is om my swart te smeer en dan nog steeds in luukse te lewe
> nie.

So, oor die lower east side van Manhattan
wil jy nie praat nie, maar Johannesburg moet
nou gekritiseer word tot jy blou is in die
gesig.
>
> As jy nou weer in die Lower East Side van New York gaan grawe (kyk jy in
> die asblikke?), kyk of jy nie dalk daar iets mooi sien waarvan jy vir ons
> kan vertel nie.

Ja, ek het mooi dinge ook daar gesien.
Herinner dat ek jou vertel van die
gewonde duif in die straat

Gloudina
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13194 is 'n antwoord op boodskap #13096] Di, 10 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Vertel, Gloudina , vertel ...!
--
Net Nico ...

| Ja, ek het mooi dinge ook daar gesien.
| Herinner dat ek jou vertel van die
| gewonde duif in die straat
|
| Gloudina
|
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13195 is 'n antwoord op boodskap #13096] Di, 10 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
|
| Deur jou opinies aan te haal
| wat jy vroeer op hierdie nuus-
| groep kwytgeraak het. Merk jy
| dat "Nico" 'n stadige metamorfose
| op hierdie nuusgroep ondergaan?
| Hoop dis regtig so, en nie net
| vir die gallery nie.
|

Een van hulle het dit klaar gelees en ons het baie lekker daaroor gesit en
debateer!

|
| Ek lewe in die kuberruimte, dankie.

Soos ek gesê het, heeltemal nou in 'n "virtual reality". Skakel effe jou
rekenaar af, sussie, en gaan kyk self in Afrika wat daar aangaan - jou
oud-leerlinge sou net vir jou lieg as jy met hulle kontak gehad het!

| Ek kan daagliks gedagtes wissel met
| van my oud-leerlinge.

Hoekom doen jy dit nie!

| Die verdwyning van
| > Afrikaans op TV. Die verdwyning van Afrikaans in die parlement.
|
|
| Dis nuut vir my. Het Afrikaans
| verdwyn,

Soos ek gesê het, weet nie meer wat aangaan nie. Bly jy erken dit self.
Ja, Gloudina, Afrikaans verdwyn uit die amptelike lewe, geheel en al.

| > my oë vir die vuil in die lewe nie, maar ek is nie bereid om te huigel
en
| > alles wat mooi is om my swart te smeer en dan nog steeds in luukse te
lewe
| > nie.
|
| So, oor die lower east side van Manhattan
| wil jy nie praat nie, maar Johannesburg moet
| nou gekritiseer word tot jy blou is in die
| gesig.

Nee, ek kritiseer alle swak dele in alle groot stede, want ek het gesien
wat in London gedoen is om hole op te ruim en reg te ruk. Ek dink dit
behoort oral gedoen te word.
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13196 is 'n antwoord op boodskap #13096] Di, 10 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message <

> Ja, ek dink Freud is die probleem:
> by jou en by Nico en sommige anders
> wat so knaend oor my sit en skryf.
> Is dit natuurlik om so tyd te sit en
> verspil om "die bose vrou" aan te val
> wat jou wereldstandpunt bedreig?
>
> Gloudina

Gloudina het jy te veel koffie gehad vanoggend ?

Wat wil jy he Gloudina? Dat mense soos ek en Nico moet stilbly as jy sulke
snert kwytraak hier? Ons val nie net vir jou aan nie, maar al die "mense"
soos jy - lyk my Ferdi begin ook nou soos jy raak - voel julle dalk skuldig
oor iets?
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13197 is 'n antwoord op boodskap #13096] Di, 10 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Mar 1998 21:07:53 GMT, <@igs.net> wrote:
<< Dink jy in elk geval 'n Amerikaner sal my
>> glo as ek selfs uit swart pers in SA aanhaal oor wat daar nou aan die
>> gebeur is? Hulle sal dink ek is besig met die versprei van 'n "urban
>> Legend".>>

Bedoel hy dat hier nou 'n handves van menseregte en 'n grondwetlike
hof is?
En dat die polisie vir die eerste keer in dekades geloofwaardigheid
begin kry?
Daar is juis gister in die hof getuig deur oud-polisiemense dat die
veiligheidspolisie in die ou bedeling opdrag gekry het om voertuie te
steel van gowene landsburgers en vir geheime werk te gebruik.

Hy bedoel seker ook dinge soos 'n inflasiesyfer wat vir die eerte keer
in dekades daal en die eerste ordentlike minister van finansies wat
ons het en so aan.

<< Die verdwyning van
>> Afrikaans op TV. Die verdwyning van Afrikaans in die parlement.>>

Dis nuus! Na watter taal het ek dan gisteraand op die SABC geluister?!
Vlaams dalk?! Dit het net soos Afrikaans geklink....
En daai toespraak nou die dag in die Parlement... watter taal was dit
dan?!

<< maar ek is nie bereid om te huigel en
>> alles wat mooi is om my swart te smeer en dan nog steeds in luukse te lewe
>> nie.>>

Dan smeer jy eerder maar SA swart wat ver is en bly in luukse in die
VSA, ne?
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13253 is 'n antwoord op boodskap #13096] Do, 12 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes: > |

>
> Ek probeer nie - ek hoef nie - meeste dinge wat ek hier bo genoem het as
> dinge wat verkeerd gegaan het in SA is 1000 maal beter hier in die VSA
> (hoe sal jy weet - jy sit nog in een van ou Liesbet se kolonies! Ek hoor
> alles is maar nog duur daar by julle!)

Nico, die beswadderaar van Kanada.
Nico, wat sê dat hy net positiewe
dinge oor ander mense en plekke
uitspreek. Jy beswadder natuurlik
vir Australia en New Zealand ook
wanneer jy hulle kolonies van
Engeland noem.
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13275 is 'n antwoord op boodskap #13096] Vr, 13 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, dis baie moeilik om te glo dat jy enige vorm van opleiding in
Afrikaans het. Ek het nêrens nog 'n land BESWADDER nie. Ek kritiseer geen
land nie. Ek kritiseer jou. Ek gaan darem nou ook nie heel ongebalanseerd
net mooi broodjies bak om altyd positief te bly nie - dis huigel.
Ek ken Kanada glad nie - kom ek haal vir jou aan uit wat ek hieronder gesê
het - dalk sien jy dit dan raak: "Ek HOOR alles is maar nog duur daar by
julle" Ek kan nie 'n land beswadder as ek nie eers weet wat daar aangaan
nie.
En hoekom is dit nou skielik beswadder as 'n mens bloot die feit stel oor
wie die staatshoof van 'n land is. Altans ek was onder die indruk Koningin
Elizabeth II van Britanje is julle staatshoof???

Antwoord nou vir my met objektiewe feite (of miskien kan een van die ander
meer gebalanseerde Kanadese oud-SuidAfrikaners): Is verbruikersgoedere en
kos duurder daar by julle as in die VSA?

Gloudina, hou jy nie van die Britse Koningshuis nie? Jy het dan onder die
Britse vlag gaan woon? Of is jy aan die Franse republikeine se kant? Ek
het nie voorkeur tussen een van die twee nie.
Hoe gereeld kom jy in die VSA?
--
Net Nico ...

@igs.net wrote in article ...
| > Ek probeer nie - ek hoef nie - meeste dinge wat ek hier bo genoem het as
| > dinge wat verkeerd gegaan het in SA is 1000 maal beter hier in die VSA

| > (hoe sal jy weet - jy sit nog in een van ou Liesbet se kolonies! Ek hoor
| > alles is maar nog duur daar by julle!)
|
| Nico, die beswadderaar van Kanada.
| Nico, wat sê dat hy net positiewe
| dinge oor ander mense en plekke
| uitspreek. Jy beswadder natuurlik
| vir Australia en New Zealand ook
| wanneer jy hulle kolonies van
| Engeland noem.
Re: VRYBURG MOOI SO MENSE [boodskap #13276 is 'n antwoord op boodskap #13096] Vr, 13 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Nico skryf...

> Antwoord nou vir my met objektiewe feite (of miskien kan
> een van die ander meer gebalanseerde Kanadese oud-SuidAfrikaners):

Dankie. Dis darem goed dat ons bestaan nog erken word.
Ek is a sat vir Gloudina-as-amptelike-woordvoerder-vir-Kanada,
maar het al die stryd amper afgesweer, want om met haar te
redeneer, is soos 'n teug uit die spoegbak - daar's geen
einde daaraan nie.

> Is verbruikersgoedere en kos duurder daar by julle as in
> die VSA?

Kanada is 'n GROOT, uitgestrekte landmassa met heelwat
uiteenlopendheid op alle gebiede. Dit hang net af waar
'n mens bly. Hier in Alberta het ons nie 'n provinsiale
verkoopbelasting nie, en as dit nie vir die Ottawa-varke was
nie, sou ons ook nie 'n federale (7%) verkoopbelasting gehad
het nie. Na die wisselkoers in ag geneem is (C$1 = US$0.70),
is die VSA niks goedkoper as hier by ons nie. Ons ry so af
en toe suidwaarts, en vind dat ons niks bespaar deur dit in
die VSA te koop nie. Daar is egter ook belaglikhede: Op
Kauai (Hawaii) is ek drie keer die prys vir pieperige piesang-
tjies gevra as wat eerstegraad-piesangs in Alberta kos. Hulle
dink natuurlik alle toeriste is onnosel.

> Gloudina, hou jy nie van die Britse Koningshuis nie? Jy het
> dan onder die Britse vlag gaan woon?

Die Britse vorstehuis is in Kanada net van waarde vir al die
sensasionele skinderstories wat hulle opdis. Die meeste Kanadese
heg bitter min politieke en emosionele waarde aan die Koningin,
en sal tevrede wees met 'n republiek.

Die huidige opset gee egter aan die federale Eerste Minister
de facto diktatoriale mag. Ons word darem ietwat deur die
grondwet teen die individu beskerm, maar as belastingbetalers
is ons magteloos teen sy/haar amptelike korrupsie - bv die
aanstelling van senatore.

Kanada is 'n siek federasie. Agt van die tien provinsies is
vir alle praktiese doeleindes kolonies van Ontario. Dis net
Quebec wat die getalle en die ruggraat het om weerstand te bied.

> Hoe gereeld kom jy in die VSA?

Gemiddeld elke twee jaar. Die VSA is meesal net soos Alberta:
Hulle praat Engels, en daar's 'n Safeway of iets dergeliks in
elke dorpie. Ek voel heel tuis daar. Ek moet egter byvoeg dat
die VSA ook 'n GROOT land is, en dat daar 'n geweldige mate van
diversiteit in bevolking en kultuur is. Die Amerikaners van
die Noordweste is or die algemeen dieselfde mense as die
Wes-Kanadese. Die 'Republic of Cascadia' is nog nie 'n politieke
werklikheid nie, maar dit bestaan reeds in terme van kultuur en
ekonomiese belange.

Hjalmar Gerber, Edmonton, Alberta.
____________________________________
Vorige onderwerp: Besluite
Volgende onderwerp: Morele Varke en Gloudina se Waarheidskommissie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 06:40:12 MGT 2024