Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stempos Penvriende!
Stempos Penvriende! [boodskap #12872] Wo, 25 Februarie 1998 00:00
Hein van Wyk  is tans af-lyn  Hein van Wyk
Boodskappe: 41
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hier is die unieke geleentheid om te hoor hoe jou jare lange
penvriend/vriendin nou eintlik klink! Voortaan is dit moontlik om 'n opname
van jou stem te maak en dit dan aan jou E-Pos te heg en weg te stuur na sy
bestemming. Die voorwaarde is natuurlik dat die persoon aan wie jy die
opname stuur ook die opnemer/program afgelaai het(hy of sy moet dus
dieselfde program hê).

Ekself en 'n paar vriende het 'n klub begin met die naam van Q Club waarby
almal met die stemposopnemer by kan aansluit / en dus lekker saam kan
gesels. Indien jy ook graag my stemposvriend wil wees / asook wil aansluit
by die Klub gaan laai gerus die Opnemer af by die volgende adres:
http://www.eudora.com / Moet nie vergeet om Version 1.2.1 vir Windows af te
laai nie!!!!
Terloops, die opnemer staan bekend as die Pure Voice Recorder(soos ook
onder bespreking in die Sake-Rapport van die afgelope Sondag!)

Tot ons weer gesels / Hoop om gou van jou te hoor!

Groetnis uit die Baai!
Hein / he...@hinet.co.za
Vorige onderwerp: Waars Koos ?
Volgende onderwerp: Ware toedrag van sake
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 00:13:05 MGT 2024