Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Bisho" deur FERDI GREYLING
"Bisho" deur FERDI GREYLING [boodskap #12418] So, 01 Februarie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
BISHO

In die argument van 'n skare mense
wat by Bisho bult uit marsjeer
agter vet Pancho aan.
Sy vlag slaan
bloedrooi
teen die stofblou lug
met die massa wat agter hom
soos water tussen die huise
en oor die pad vloei. In die argument
van harde mense in ysterkarre op die bult.
Hul uniforms glimlag om koue gesigte.

Konklusies breek die lug met knalle
boosheid slaan soos reën in die stof
want metaal ruk lywe oop
en bloed en grond sit skielik vuil aan 'n wit hemp vas
by die stadion in Bisho.

In die arms van die rede dan
val die gebreekte mense
van die stadion by Bisho.
En elders.
Hulle sal dwaal in die kamers van die geskiedenis.
Hulle sal die onwaardigheid beërwe
om die sluwe argumente van leiers te illustreer.
Vorige onderwerp: "Ek hou van Blou" deur A.D. KEET
Volgende onderwerp: "Winternag" deur EUGENE MARAIS (with translation)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 10:11:46 MGT 2024