Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Malema skuldig bevind op een van vier klagte
Malema skuldig bevind op een van vier klagte [boodskap #119685] Do, 13 Mei 2010 16:07
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Malema skuldig bevind op een van vier klagte

2010-05-11 22:46
Cobus Coetzee

Mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, is gister in sy interne ANC-
tugverhoor skuldig bevind op een van vier klagte: dat hy pres. Jacob
Zuma geminag het deur tydens die jeugliga se provinsiale kongres in
Limpopo te sê nie eens oudpres. Thabo Mbeki tugtig hom soos wat Zuma
dit in die openbaar doen nie.

Malema se straf behels dat hy Zuma in die openbaar om verskoning moet
vra, die ANC se politieke skool vir 20 dae moet bywoon en ’n R10 000-
boete moet betaal aan ’n jeugorganisasie van die ANC-sekretaris-
generaal se keuse.

Intussen het die studente-organisasie Sasco gesê Malema se steun aan
die Zimbabwiese Zanu-PF is opportunisties, verdelend en populisties.

Sasco is die grootste studente-organisasie en het sowat 16 000 lede,
van wie die meeste ook lede van die ANC-jeugliga is.

Die studente het voor die uitslag van die tugverhoor gesê hulle sal
dit aanvaar as Malema skuldig bevind word.

“Dit is duidelik hy is volkome geZanufiseer,” het mnr. Mbulelo
Mandlana, president van Sasco, in die ANC se Luthuli-huis in
Johannesburg gesê.

Malema het verlede maand ná ’n Zimbabwe-besoek sy steun aan Zanu-PF
uitgespreek en die MDC ’n Mickey Mouse-party genoem.

“Dit was verkeerd,” het Mandlana gesê.

Volgens Sasco is daar ’n kortsigtigheid onder ANC- en spesifiek
jeugligalede wat hulle toenemend by ’n kultuur skaar waar lede net
rykdom wil bekom.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Malema-skuldig-bevind- op-een-van-vier-klagte-20100511
Vorige onderwerp: Bejaardes van Bfn erg aangerand
Volgende onderwerp: ‘SA gaan agteruit weens ANC-beleid’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 10:40:15 MGT 2024