Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Man in bors gesteek toe hy aanvaller uit rolstoel takel
Man in bors gesteek toe hy aanvaller uit rolstoel takel [boodskap #119444] Wo, 24 Maart 2010 10:15
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-03-22 01:16

WELKOM. – Om sy vrou ’n kans te gee om in die veiligheid van hul huis
te kom, het ’n man van Welkom, wat aan ’n rolstoel gekluister is, ’n
aanvaller vanuit dié rolstoel getakel. In die worsteling wat gevolg
het, is hy met ’n mes in die bors gesteek.

Die vlymskerp meslem het mnr. Ryno Koekemoer (36) se hart net gemis,
en sy vrou, Rina (34), is in die rug gesteek toe sy deur die aanvaller
tot by die oop deur van hul huis agtervolg is.

Die egpaar se trauma het egter nie daar geëindig nie. Mev. Koekemoer
moes haar broer, mnr. C.P. Gildenhuys, op Winburg bel om iemand in
Welkom te bel om hulle te kom help, omdat hulle nie na die polisie kon
deurkom nie.

“Ons dank die Here dat ons nog hier is vandag. Dit kon soveel erger
gewees het. Ek is bitter dankbaar hulle het nie my vrou verkrag nie,”
sê mnr. Koekemoer.

Rina vertel hulle was omstreeks 21:15 reeds in die bed in hul huis in
Riebeeckstad toe sy opstaan om vir hulle tee te maak. Sy het iemand
buite hoor praat en het die voordeur oopgemaak.

Ryno het vanuit die kamer geskreeu sy moet die deur toemaak. Hy het
met sy rolstoel by haar aangekom en hulle is saam na buite.

Die motorhuisdeur, waar twee maande gelede ingebreek is, was weer
oopgebuig. ’n Man het mnr. Koekemoer skielik vanuit die motorhuis
bestorm. Mnr. Koekemoer het hom uit die rolstoel in ’n duikbeweging om
die lyf gegryp.

Die rolstoel het omgeslaan en mnr. Koekemoer is in die worsteling in
die bors gesteek. Hy het vir sy vrou geskreeu om te vlug.

Sy het tot by die oop deur van die huis gekom toe die man haar van
agter met ’n mes in die rug gesteek het. Haar bladbeen is oopgevlek.

Die aanvaller, wat moontlik makkers gehad het, het weggehardloop en sy
het na die bure aan weerskante van hul huis geroep. Niemand het kom
help nie.

Sy het toe die noodnommer 10111 gebel. Die operateur het vir haar gesê
sy kry nie die polisiekantoor in Riebeeckstad in die hande nie.

Rina het daarna haar broer op Winburg gebel, wat past. Braam Fourie
van die AGS-kerk in Riebeeckstad gebel het. Fourie het op sy beurt die
ER24-ambulansdiens en die sekuriteitsonderneming Shepherd Alarms
gebel. Hulle was binne minute by die huis, met die polisie wat later
daar aangekom het.

Die egpaar is ná behandeling uit die hospitaal ontslaan.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
( http://tinyurl.com/ydf9tox )
Vorige onderwerp: Aanvaller vlug toe egpaar bid
Volgende onderwerp: Boere van Kestell na bewering met onteiening gedreig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:05:25 MGT 2024