Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Munisipaliteite en Eskom
Munisipaliteite en Eskom [boodskap #119335] Ma, 01 Maart 2010 18:51
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Eskom vrees opstande oor dorpe se krag

2010/03/01 09:50:00 AM

Antoinette Slabbert
Pretoria. - Eskom vrees dat dorpenaars teen hul munisipaliteite in
opstand kan kom as hulle uitvind hoeveel die munisipaliteite die
kragreus skuld.

Dít is een van die redes wat Eskom aanvoer vir sy weiering om
inligting oor uitstaande munisipale debiteure aan die nasionale
belastingbetalersunie (NBU) bekend te maak.

Eskom het Saterdag vir mnr. Jaap Kelder, NBU-spreekbuis, in kennis
gestel dat hy die organisasie se versoek in terme van die Wet op
Toegang tot Inligting verwerp het.

Die NBU is bekommerd dat sommige munisipaliteite nie hul Eskom-
rekeninge betaal nie en dat dorpe se krag afgesny kan word, tot nadeel
van die inwoners wat wel getrou hul munisipale kragrekeninge betaal.

Die kragreus beroep hom op twee artikels in die wet.

Die eerste bepaal dat ’n versoek om inligting geweier moet word as dit
sou beteken dat ’n ooreenkoms om inligting rakende ’n derde party
vertroulik te hanteer, verbreek word. Mnr. Michael Reynolds,
adjunkinligtingsbeampte van Eskom, sê dié artikel beskerm
munisipaliteite teen die bekendmaking van hul “vertroulike en
kommersiële elektrisiteitsverskaffingsinligting aan derde partye”.

Wat die ander artikel betref, sê Eskom “openbare onrus teen
munisipaliteite kan aangevuur word deur die bekendmaking van hul
skuld, en daarom, selfs as daar gronde is vir die publiek om te weet
wat die stand van munisipale skuld is, is daar groter openbare belang
daarin om nie onrus teen munisipaliteite aan te vuur deur die
inligting te openbaar nie”.

Kelder sê in ’n e-pos-omsendskrywe ’n amptenaar van Eskom het hom
meegedeel dat die R256 miljoen wat volgens ’n uitgelekte dokument teen
einde Desember verlede jaar deur munisipaliteite aan die
kragverskaffer geskuld is, “in die laaste paar maande ontstaan het en
dat die situasie maandeliks baie agteruit gaan”.

Hy sê die NBU het ’n plan vir verdere optrede, maar dit sal aanvanklik
net wees in die dorpe wat tans onder NBU-leiding munisipale belasting
en dienstegeld weerhou uit protes teen swak dienslewering. ) ’n
Persoon wat gesê het hy is van Eskom se forensiese afdeling, het
Sake24 Vrydag gebel en probeer uitvind wie by Eskom dié dokument,
waaroor Sake24 vroeër berig het, aan die koerant laat uitlek het. Hy
het gesê dit is deel van ’n groter ondersoek na inligting wat gedurig
lek. Die koerant het sy bronne beskerm.

( http://tinyurl.com/y9aj25v )
Vorige onderwerp: Hy hoor eers gille, toe ’n skoot
Volgende onderwerp: Plaasmoord is 'lae intensiteit oorlog'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 17:01:04 MGT 2024