Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Maria" deur W.E.G. LOUW
"Maria" deur W.E.G. LOUW [boodskap #11873] Wo, 17 Desember 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
MARIA
W.E.G.Louw

Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,
haar hande need'rig oor haar bors gevou,
toe hy, verblindend soos die son, daar staan:
drie wit lelies het hy in sy hand gehou.

Half-skaam, verleë, het sy opgekyk
en is opeens met groot vrees bevang:
sy oë het van haar nie afgewyk,
sy vleuels het oor heel die tuin gehang.

"Geseën is jy onder die vroue" - sy woorde -
of was dit winde? - verruis nog in haar oor,
toe hy teen die son in goue vlug verdwyn...

Sy het haar neergebuig en half-versmoorde
klein snikkies in haar hart gehoor,
van verlossing reeds die vreugde en die pyn.
Vorige onderwerp: "H. Petrus" deur N.P. VAN WYK LOUW
Volgende onderwerp: "Die Klippe Praat" deur P.J. PHILANDER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 08:39:07 MGT 2024