Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die weg van eer - Jan F.E. Celliers
Die weg van eer - Jan F.E. Celliers [boodskap #112697] Sa, 03 Februarie 2007 06:27
Nomen Nescio  is tans af-lyn  Nomen Nescio
Boodskappe: 8
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Die weg van eer
Jan F.E. Celliers

Wat is die weg van eer?
Om trou te bly
aan dwing'landy?
Aan afgedwonge woord en daad -
aan wanhoops nood-traktaat?
Is dit die weg van eer -
niks meer?
Om woord te hou
aan wie ontrou
en woord-verkragting en verraad
nie meer beskou as sondedaad?

Dit is die weg van eer:
Om, net soos eertyds, trou te wees
aan vaarlandsbloed, aan vaarlandsgees,
aan vryheids-ideaal!
Geen woord verpand is bindend woord
as oormagsdwang en onskuldsmoord
die woord vir ons bepaal.
Vorige onderwerp: Die Towenares - Eugene Marais
Volgende onderwerp: Die ossewa - Jan F.E. Celliers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 17:16:22 MGT 2024