Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Ferdi sien die Lig!!!
Ferdi sien die Lig!!! [boodskap #111800] Vr, 29 Desember 2006 13:10 na volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Beeld-forum: 'n Staat wat nie kan bestuur nie
Dec 28 2006 06:29:48:973PM - (SA)

Ferdi Greyling
Hierdie is 'n soort ope brief aan die minister van veiligheid en
sekuriteit, mnr. Charles Nqakula.

Dit gaan daaroor dat ek vertroue verloor het in hierdie staat van ons
se vermoë om dinge te bestuur - veral dinge rakende misdaad.

Ek sal hieronder verduidelik hoekom.

Daar is nooit 'n goeie tyd om so iets te sê nie, maar kort voor die
aanvang van die nuwe jaar is seker 'n minder slegte tyd. Dit is mos
die tyd wanneer mense neig om hul optrede in oënskou te neem sodat
hulle vorentoe beter kan doen.

Dit was nie die man wat by my kar ingebreek het in my huis se oprit en
die radio gesteel het wat my my vertroue laat verloor het nie. Al het
die dom vark van 'n mens die deur probeer oopbuig, dit nie reggekry
nie, maar in die proses 'n paar duisend rand se skade aangerig.

Dit was nie eens die diere wat soos mense lyk wat my dogter in ons huis
gyselaar gehou het nadat hulle helder oordag die deur oopgehamer het
terwyl sy vir hulle skreeu om dit nie te doen nie.

Sy was gelukkig. Die sekuriteitsmaatskappy het betyds opgedaag en sy is
nie skade aangedoen nie.

Dit was ook nie die feit dat die twee kriminele toe in die hof verskyn
het sonder dat ons in kennis gestel is nie. Dit was ook nie omdat hulle
toe borg gekry het nie.

Nie eens die feit dat hulle albei toe - soos 'n mens kon voorspel
het - die pad gevat het toe hulle weer moes verskyn het nie.

Die een is later weer gevang en het toe wel verskyn.

Dit is nie eens die feit dat die aanklaers en ondersoekbeamptes ons nie
gekontak het om ons in te lig of die vent wel skuldig bevind is nie, al
het die aanklaer plegtig belowe dit sal gedoen word.

Deur dit alles het ek nog my vertroue in hierdie staat van ons behou.

Ek het nie eens vertroue verloor toe my vrou onlangs vroegaand in ons
oprit deur twee diere wat soos mense lyk, aangeval en beroof is nie.

Die polisie is gebel en hulle was laat en onbeholpe, maar hulle het
uitgekom en besonderhede afgeneem. Nugter weet hoekom, maar dit is
seker maar wat die polisie in sulke gevalle doen. Ten minste raak ons
darem nou deel van die minister se statistiek.

Steeds het ek vertroue behou.

Selfs toe die varke tjeks links en regs begin uitskryf uit die tjekboek
wat hulle by haar gevat het.

Nie eens die feit dat die bank en die polisie volgens die
bank-bestuurder nie (let wel, "nie") in sulke gevalle saamwerk om
die varke te vang nie, het my vertroue laat verloor nie.

Nie eens die feit dat 'n mens 'n jaar gelede wild en wakker aan die
"Fica-wet" moes voldoen het en allerhande identeitsdokumente by die
bank moes gaan inlewer het om dié soort bedrog glo te keer nie en dat
dit klaarblyklik in hierdie geval net nie in werking gestel is nie -
nie eens dit het my vertroue laat verloor nie.

Ook nie die traak-my-nie-agtige houding van die oproepsentrum van City
Power in Johannesburg by aanhoor van my klagte oor die pikdonker straat
(ligte is uit en dié wat werk, is so dof soos 'n kers) het my laat
twyfel nie. Ek dink nie iets gaan gedoen word om die straat te verlig
om te keer dat diere wat soos mense lyk in die skadu's kan wegkruip
en in die donker kan weghardloop nie, maar die oproepsentrum het ten
minste geantwoord.

Selfs nie toe ek eergisteraand so teen halfnege in Enoch
Sontonga-rylaan ry (die ironie dat hy 'n volkslied geskryf het wat
vra dat God ons tog asseblief moet seën!) en my agterruit word deur
'n koeël uitgeskiet, het ek vertroue verloor nie.

Dit kon net 'n dwaalkoeël gewees het.

Ek het teruggedraai en in die donker strate van Vrededorp (nog 'n
ironie) teen die rant op het ek skote hoor klap.

Wat my vertroue laat verloor het in hierdie staat van ons was nie eens
die feit dat - toe ek dit wil aangee - ek tien minute moes aanhou
toe ek 10111 gebel het en dat ek toe summier afgesny is nie.

Wat my vertroue laat verloor het in die staat van ons, was toe die vrou
wat by die tweede bel geantwoord het en my klagte oor die tien minute
aangehoor het, aan my gesê het ek moet verstaan hulle kon nie antwoord
nie, want daar is 'n lang waglys van mense wat bel.

Dit was toe dat ek vertroue verloor het, Charles.

Ek wonder of jy gaan verstaan wat ek hier sê . . .
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Rubrieke/0,,3-2085-66_204 9623,00.html
Re: Ferdi sien die Lig!!! [boodskap #111801 is 'n antwoord op boodskap #111800] Vr, 29 Desember 2006 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mike  is tans af-lyn  Mike
Boodskappe: 7
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Junior Lid
On 29 Dec 2006 05:10:52 -0800, "Schorsch" wrote:

> Beeld-forum: 'n Staat wat nie kan bestuur nie

WTF heeft dit in een nl nieuwsgroep te zoeken...?
Re: Ferdi sien die Lig!!! [boodskap #111802 is 'n antwoord op boodskap #111801] Vr, 29 Desember 2006 23:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Z.O.Z.  is tans af-lyn  Z.O.Z.
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 2006
Karma: 0
Junior Lid
"Hans" skryf in boodskap news:de5bp25f7gs6n94n0ksfkp1693dvhnn5ob@4ax.com...
> On 29 Dec 2006 05:10:52 -0800, "Schorsch" wrote:
>
>> Beeld-forum: 'n Staat wat nie kan bestuur nie
>
> WTF heeft dit in een nl nieuwsgroep te zoeken...?

Niet zo schelden ook zij hebben nogal last gehad van crsosspost uit onze
groepen.
leuk om te zien dat het nu eens andersom gaat.
Re: Ferdi sien die Lig!!! [boodskap #111803 is 'n antwoord op boodskap #111802] Sa, 30 Desember 2006 09:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Z.O.Z. wrote:
> "Hans" schreef in bericht
> news:de5bp25f7gs6n94n0ksfkp1693dvhnn5ob@4ax.com...
>> On 29 Dec 2006 05:10:52 -0800, "Schorsch" wrote:
>>
>>> Beeld-forum: 'n Staat wat nie kan bestuur nie

http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Rubrieke/0,,3-2085-66_204 9623,00.html

>>
>> WTF heeft dit in een nl nieuwsgroep te zoeken...?
>

Nederland as een van die nasies wat deel gehad het aan die verandering
van bestuur in "Zuid Afrika"...

> Niet zo schelden ook zij hebben nogal last gehad van crsosspost uit onze
> groepen.
> leuk om te zien dat het nu eens andersom gaat.

en al die inmenging in die jare voor 1994 - Baie Dankie....
Re: Ferdi sien die Lig!!! [boodskap #111818 is 'n antwoord op boodskap #111800] Ma, 01 Januarie 2007 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Grey  is tans af-lyn  Jan Grey
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
Schorsch wrote:
> Beeld-forum: 'n Staat wat nie kan bestuur nie
> Dec 28 2006 06:29:48:973PM - (SA)

Lees versigtig.
Sien die verskil tussen staat en bestuur van die staat.
Die staat voor 1994 was onaanvaarbaar en nie standhoudend nie.
Die staat na 194 is aanvaarvaan en standhoudend.
Dis die huidige bestuur daarvan wat swak is.
Re: Ferdi sien die Lig!!! [boodskap #111834 is 'n antwoord op boodskap #111800] Di, 02 Januarie 2007 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Grey  is tans af-lyn  Jan Grey
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
Schorsch wrote:
> Beeld-forum: 'n Staat wat nie kan bestuur nie
> Dec 28 2006 06:29:48:973PM - (SA)

O ja Dan, wou nog byvoeg - ons weet almal "Schorsch" is Dan Roodt.
Hoekom pos jy nie maar onder jou regte naam nie.
Re: Ferdi sien die Lig!!! [boodskap #111889 is 'n antwoord op boodskap #111834] Do, 04 Januarie 2007 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Jan Grey wrote:
> Schorsch wrote:
>> Beeld-forum: 'n Staat wat nie kan bestuur nie
>> Dec 28 2006 06:29:48:973PM - (SA)
>
> O ja Dan, wou nog byvoeg - ons weet almal "Schorsch" is Dan Roodt.
> Hoekom pos jy nie maar onder jou regte naam nie.

Nee, "ons weet" dit nie. Maar nou weet ons "Jan Grey" is 'n idioot.
Re: Ferdi sien die Lig!!! [boodskap #111890 is 'n antwoord op boodskap #111889] Do, 04 Januarie 2007 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Jan 2007 04:19:30 -0800, "Schorsch" wrote:

>
> Jan Grey wrote:
>> Schorsch wrote:
>>> Beeld-forum: 'n Staat wat nie kan bestuur nie
>>> Dec 28 2006 06:29:48:973PM - (SA)

>> O ja Dan, wou nog byvoeg - ons weet almal "Schorsch" is Dan Roodt.
>> Hoekom pos jy nie maar onder jou regte naam nie.
>

Jou gek! Dink jy Dan Roodt sal hom ophou met Ferdi...!(?)!
Om so 'n gek van jouself te maak grens aan iets soos selffoltering.
En jy noem Dan nie sommer op sy naam asof jy ook skielik gestyg het na
sy vlak nie.

DD
Re: Ferdi sien die Lig!!! [boodskap #111930 is 'n antwoord op boodskap #111890] Sa, 06 Januarie 2007 17:47 Na vorige boodskap
Jan Grey  is tans af-lyn  Jan Grey
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
DD wrote:

> Jou gek! Dink jy Dan Roodt sal hom ophou met Ferdi...!(?)!
> Om so 'n gek van jouself te maak grens aan iets soos selffoltering.
> En jy noem Dan nie sommer op sy naam asof jy ook skielik gestyg het na
> sy vlak nie.
>
> DD

Ja mens noem Dan gewoonlik ander name as net Dan. Een is byvoorbeeld
"ou diensplig-ontduiker". n Ander een is "ou porno-skrywer". Dan is
daar ook nog "ou Afrikaner-hater" . En neem aan jy het sy bekende gedig
oor Afrikaners onder oe gehad? Dis nou die gedig wat die meer snotty
Engelse baie kere gebruik om te kraai van die lag oor Afrikaners.

By the way, ou DikDrol, wat noem JY vir ou Dan die dapper
ddiensplig-ontduiker? "Sy edele"? "Meneer"?
Vorige onderwerp: " P.W. Botha was nie my leier nie " deur FERDI GREYLING ( uit Beeld)
Volgende onderwerp: Vrou lieg oor verkragting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 18:16:58 MGT 2024