Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » " P.W. Botha was nie my leier nie " deur FERDI GREYLING ( uit Beeld)
" P.W. Botha was nie my leier nie " deur FERDI GREYLING ( uit Beeld) [boodskap #111540] Sa, 11 November 2006 18:34
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Beeld-forum: PW Botha was nie my leier nie
Nov 09 2006 09:54:48:890PM - (SA)

Ferdi Greyling

Lank terug, toe Dawie Snyman nog die Maties se losskakel was, was John
Vorster Suid-Afrika se premier.

Ek het toe gestudeer aan die Universiteit van Stellenbosch en was deel
van 'n losse versameling studente wat so ietwat aan die kant van die
politieke hoofstroom van dié tyd was.

Ons het soms gepraat oor wie Vorster sou opvolg. Net soos die geval nou
met die ANC is, was daar destyds ook nie juis sprake van 'n
regeringsverandering nie, bloot van 'n verandering van leiers binne
die dominante party - destyds die NP.

Die "kroonprins" was dr. Connie Mulder, nie 'n geliefde van mense
aan die linkerkant van die Afrikaner se politieke spektrum nie. Die
volgende goeie nuus/slegte nuus -grappie (destyds was dié soort
grappies baie gewild) het toe ontwikkel: Die slegte nuus is dit lyk of
Connie Mulder vir Vorster gaan opvolg. Die goeie nuus is as die Kaapse
LV's saamstaan en hulle kry die steun van selektiewe LV's in die
Vrystaat en die Transvaal, kan hulle 'n stokkie daarvoor steek en
hulle man in kry. Die slegte nuus is dat hulle man P.W. Botha is.

Dan het die geselskap geskaterlag. Die grap het uiteindelik natuurlik
teen hulle gegaan . . .

Mnr. P.W. Botha is onlangs oorlede en rondom die simbool wat hy oor die
jare geraak het, is daar heelwat bitter politiek gespeel in die
afgelope tyd.

En soms, kry 'n mens die idee, ook dommerige politiek.

Die bitter politiek is ten beste geïllustreer deur die plakkaat van
'n Sondagkoerant wat gesê het P.W. "was ons Hitler". P.W. was na
my mening 'n brutale en visielose politikus wat nie demokrasie en
menseregte heeltemal verstaan het nie, maar Hitler? As hy Hitler was,
was daar nie Bantoestans nie, maar gaskampe.

Wat hy en Hitler gemeen het, is dat hulle (saam met baie ander -
sommige selfs in die ANC vandag!) in terme van velkleur gedink het en
van geweld gehou het.

Dis 'n baie losse ooreenkoms. Pres. Thabo Mbeki hou van sentrale mag.
Josef Stalin het ook van sentralisasie gehou, maar 'n mens kan nie
sê Mbeki is ons Stalin nie!

Die dommerige politiek is dat daar klaarblyklik in huidige
regeringskringe gedink word dat Botha 'n omvattende leiersfiguur vir
Afrikaners is. Bied sy familie 'n staatsbegrafnis aan en die
Afrikaners voel goed oor die land.

Elders is Botha ook verhef tot die simbool van wat "die Afrikaner"
is - soos dr. Edward Perkins, die eertydse Amerikaanse ambassadeur in
Suid-Afrika, klaarblyklik in sy biografie gedoen het wat toevallig pas
verskyn het.

Botha was nie "die Afrikaners" se leier nie.

Hy was sommige van die wittes se leier (waaronder die Engelse en Jode
en Portugese wat ook vir sy party gestem het).

Hy was egter nie ál die "wit" Afrikaners se leier van keuse nie.

Ek weet van persoonlike gesprekke dat hy nie baie van my ouers se
geslag se leier van keuse was nie. Hulle was NP-ondersteuners en P.W.
was die NP se leier, maar as hulle 'n keuse gehad het, sou hulle hom
nie gekies het nie.

Die man was te brutaal, sy vinger was te prominent en hy het nie
intelligensie en verfyndheid geprojekteer nie. Hy was nie hulle leier
nie net soos Mbeki vandag nie die leier is van almal wat ANC gestem het
nie.

P.W. was ook nie my leier nie. Hy was 'n domastrante man wat geneig
het om alles te wil reg skiet.

In die begin van die 1980's het 'n mens meer as 'n Amerikaanse
dollar vir 'n rand gekry. In plaas van om tóé infrastruktuur te
ontwikkel, opvoeding vir alle Suid-Afrikaners se verbeter en strukture
te maak waarmee swart mense by die demokratiese middelklas betrek kon
word, het P.W. Angola binnegeval, ons geld in die vorm van kanonkoeëls
weggeskiet en die Angolese se infrastruktuur (reeds bitter dun)
vernietig. Vandag kan ons nie juis met hulle handel dryf nie, al het
hulle olie.

En P.W. en sy generaals het geweet hulle moet die swart Suid-Afrikaners
begin betrek, dat klassieke apartheid doodgebore was.

Sy antwoord was destyds die powere driekamer-parlement wat mense net
verder vervreem het.

Nee, P.W. was nie my leier nie. En ek is seker baie wit Afrikaners van
my geslag voel ook só.

Ek is jammer hy moes sterf. Ek is jammer dat enige mens moet sterf.
Almal is 'n pa, ma of 'n kind.

Maar P.W. was nooit my leier nie.

Hy was eerder een van die groot politieke rampe van my tyd.
Vorige onderwerp: PW sterf vreedsaam
Volgende onderwerp: Ferdi sien die Lig!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:32:49 MGT 2024