Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AK47 aanval op aarbeiplaas Stellenbosh
AK47 aanval op aarbeiplaas Stellenbosh [boodskap #10979] Di, 07 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
Enige nuus? Of is dit nou ou nuus, dat ek mosterd na die maal is?
--
rana
Re: AK47 aanval op aarbeiplaas Stellenbosh [boodskap #11005 is 'n antwoord op boodskap #10979] Vr, 10 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Nee, ek weet nie van so iets nie. Ek weet wel van die vrou wat doodgeskiet
is by die padstal net buite S-bos. Maar sy is geskiet met 'n pistool wat
vroeer daardie dag in S-bos gesteel is. Haar man is nou besig met 'n
ernstige veldtog om die doodstraf weer terug te bring. Hy praat omtrent
elke dag by 'n Boerevereniging of so 'n plek. Jy sien die boere is nou
gatvol. Daar is vanmore weer 'n boer vermoor op sy plaas in die Vrystaat.

-Gideon-

rana wrote in article
...
>
> Enige nuus? Of is dit nou ou nuus, dat ek mosterd na die maal is?
> --
> rana
>
Re: AK47 aanval op aarbeiplaas Stellenbosh [boodskap #11009 is 'n antwoord op boodskap #10979] Sa, 11 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hein van Wyk  is tans af-lyn  Hein van Wyk
Boodskappe: 41
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ja nee ek dink ons almal is al gatvol vir al die misdaad! Bring tog net die
doodstraf terug???

Mooi gese Gideon!
Hein van Wyk/Port Elizabeth
E-Pos: he...@hinet.co.za

Gideon van Zyl wrote in article
...
> Nee, ek weet nie van so iets nie. Ek weet wel van die vrou wat doodgeskiet
> is by die padstal net buite S-bos. Maar sy is geskiet met 'n pistool wat
> vroeer daardie dag in S-bos gesteel is. Haar man is nou besig met 'n
> ernstige veldtog om die doodstraf weer terug te bring. Hy praat omtrent
> elke dag by 'n Boerevereniging of so 'n plek. Jy sien die boere is nou
> gatvol. Daar is vanmore weer 'n boer vermoor op sy plaas in die Vrystaat.

>
>
> -Gideon-
>
> rana wrote in article
> ...
>>
>> Enige nuus? Of is dit nou ou nuus, dat ek mosterd na die maal is?
>> --
>> rana
>>
>
Re: AK47 aanval op aarbeiplaas Stellenbosh [boodskap #11024 is 'n antwoord op boodskap #10979] Ma, 13 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Louwrens  is tans af-lyn  Kobus Louwrens
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Kan iemand my sê hoe 'n wet wat teregstellings wettig meer moordenaars en
verkragters gevang en skuldig bevind gaan kry. Die enigste oplossing vir
misdaad is tog om die misdadigers vas te trek, of hoe?

En hoe gaan so 'n wet en selfs 'n lekker openbare teregstelling nou en dan
(van die enkele donders wat wel gevang word) as afskrikmiddel dien terwyl
misdadigers weet die kanse dat hulle aan die pen sal ry is maar skraal.

Ons moet eers wetstoepassing regruk en daarna besluit of dit nodig is dat
die staat ook soos die res moet begin moor (en ons lewe nog minder werd
maak).

IMHO

Hein van Wyk wrote in article
...
> Ja nee ek dink ons almal is al gatvol vir al die misdaad! Bring tog net die
> doodstraf terug???
>
> Mooi gese Gideon!
> Hein van Wyk/Port Elizabeth
> E-Pos: he...@hinet.co.za
Re: AK47 aanval op aarbeiplaas Stellenbosh [boodskap #11043 is 'n antwoord op boodskap #10979] Do, 16 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Oct 1997 12:45:49 GMT, "Hein van Wyk" wrote:

doodstraf terug???>>>[/color]

Wat gaan dit help as die oortreders nie gevang word nie?!
Re: AK47 aanval op aarbeiplaas Stellenbosh [boodskap #11045 is 'n antwoord op boodskap #10979] Vr, 17 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
ferd...@icon.co.za (Koos) wrote:

> Wat gaan dit help as die oortreders nie gevang word nie?!

There you go again. Someone proposes something practical and you have
to go and be a bleeding heart liberal. Shym tog.

A
Vorige onderwerp: DIE AUSTRALIESE VLIEG............
Volgende onderwerp: Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM????
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 08:43:42 MGT 2024