Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM????
Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11049] Vr, 17 Oktober 1997 00:00
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Danie Martins skryf:

> Ek is gaande oor kommunikasie. Dit fasineer my geweldig, enige soort ding
> waarmee jy met iemand ander kan kommunikeer is ek gaande oor.

> Toe ek begin bewus raak van so 'n ding soos die Internet het ek gedink dat
> hier nou 'n medium is waar ons éérs lekker gaan gesels, al praat ons dan
> ook maar nonsies met mekaar. Ek was blykbaar totaal verkeerd. Dit lyk my
> ons doen op die Net wat ons by ons huise doen.

> Lyk my ons het die
> grootste kommunikasie medium wat die mensdom nog beleef het, maar ons wil
> tog net nie betrokke raak nie.
>
> Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
> ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
> aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
> het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
> instaat was.
>
> 99% het nie van hulle laat hoor nie
> .1% het terug geskryf en die ander
> .9% het aan my lelike briewe geskryf omdat ek aan hulle durf skryf het.
>
> Het ek die Internet verkeerd opgesom OF voer ek die ding verkeerd aan?

Liewe Danie

Ek dink jy het Internet verkeerd opgesom. Jy moet aan
Internet dink soos daardie beroemde rolprent "The good,
the bad and the ugly".

Daar is eerstens die Nuus Groepe (NG). Die meeste van hulle
is baie "oop", behalwe vir taal en onderwerp. Gelukkig het ons
die NG soc.culture.south-africa.afrikaans so oop as moontlik
gekry. Kultuur behels enigiets. Suid Afrikaners is oor die hele
wereld versprei. Ons skryf in Afrikaans op die NG, of mense
kan in enige taal oor iets skryf wat Afrikaanses raak.

Maar op hierdie NG, soos meeste ander, is dit nie maklik om
'n interpersoonlike verhouding te skep nie, want "the good,
the bad and the ugly" is altyd teenwoordig. Tog moet 'n mens
dit probeer doen, al is dit net om te leer hoe om met almal klaar
te kom.

Daar is ook die sogenaamde poslyste oor een of ander onderwerp.
Hulle is veel minder oop. Hulle doel is om "the bad and the ugly"
buite te hou. Maar ongelukkig is hulle idee van "the good" nie
altyd so goed nie. Ek persoonlik hou van geen poslys waarin daar
nie 'n leerkultuur bestaan nie. Gevolglik is daar maar 'n handjievol
poslyste wat ek leersaam vind en waaraan ek graag deelneem.

Dis 'n bietjie makliker op 'n poslys as op 'n NG om 'n
interpersoonlike verhouding te skep. Maar iets wat 'n mens nie
op 'n poslys moet doen nie, is om ander mense se tyd te mors.

Dan is daar ook die sogenaamde tuisbladsye op die Web. Baie
mense gebruik 'n tuisblad om hulleself bekend te stel. Party van
hulle nooi ook die besoeker uit om te skryf as hulle geinteresseer
geword het deur die bekendstelling. Eers dan kan interpersoonlike
kommunikasie begin vorm aanneem.

Die mees aangewese medium vir interpersoonlike kommunikasie
is private epos. Die woord "privaat" is uiters belangrik. 'n Mens
moet nooit ongevraag iemand anders se epos indring nie. 'n Mens
moet ook as iemand jou versoek om nie meer epos te stuur nie
hierdie versoek respekteer. Dit is moontlik om talle hegte
interpersoonlike verhoudings met epos te skep. Steeds bly respek
vir die ander pary die wagwoord.

Alles van die beste
At de Lange
Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11050 is 'n antwoord op boodskap #11049] Vr, 17 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hallo Danie

Danie Martins wrote:

> Liewe Internet vriende,
>
> Ek wil vandag 'n paragraaf of twee skryf oor iets wat ek lankal op die hart
> het.
>

Hier kom jy uit "lurk" modus! Goed so !

> Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
> ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
> aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
> het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
> instaat was.
>

Dis hier wat jy die fout gemaak het. Dink so daaraan: As jy moet betaal vir
elke stukkie papier wat iemand in jou posbus indruk, en jy kry iets wat jy nie
wil hê nie en nie voor gevra het nie, sal jy nie ook ongelukkig wees nie ? Jy't
onwetend mense"geSPAM". Daar's allerhande diskussies oor SPAM aan die gang,
miskien moet jy daaroor lees. Ek het ongelukkig nie nou vir jou 'n URL daaroor
nie. Jammer.

> 99% het nie van hulle laat hoor nie
> .1% het terug geskryf en die ander
> .9% het aan my lelike briewe geskryf omdat ek aan hulle durf skryf het.

Die lelike briewe is lelik (per definisie). Dis jammer dat jy so 'n negatiewe
respons gekry het, want jou bedoelinge was (as ek reg verstaan) nie om bv.
goedkoop papier in Kanada aan Suid-Afikaners te verkoop nie.

> Het ek die Internet verkeerd opgesom OF voer ek die ding verkeerd aan?

Jou voorbeeld van die CB is 'n baie oulike en raak beskrywing vir iets wat wel
op internet bestaan. Die probleem is dat jy E-mail en CB blykbaar as analoog
aan mekaar gesien het. 'n Beter oplossing is IRC, 'n teksgebaseerde
geselsprotokol. Doen 'n paar netsoektogte en vind bietjie meer daaroor uit.

'n Ander opsie is om van Mirabilis se ICQ (I seek you) gebruik te maak. Kyk op
http://www.mirabilis com (ek dink die adres is korrek).

> Jy kan aan my persoonlik skryf of jy kan jou eerlik mening op die
> nuusgroepe skryf. Ek sal enige kommentaar vat soos 'n man.

Kommentaar is nie die probleem nie, dis daardie 'orrible vlamme wat so seer
maak...Hoop dit help !

> Soos 'n ou vriend altyd gesê het: Laat jy nou net lekker wees,
> mooi bly,

Sterkte Danie.

H-J
Vorige onderwerp: AK47 aanval op aarbeiplaas Stellenbosh
Volgende onderwerp: Re: Koos, wat de joos ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:13:59 MGT 2024