Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Klomp Goes 2: Oor Truman se vriend in die Son
Klomp Goes 2: Oor Truman se vriend in die Son [boodskap #105817] Sa, 10 September 2005 10:25 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vrydag 9/9 - Bl 6:

" Toe Son Die Prins bel om uit te vind hoe dit met hom gaan, was dit
weereens duidelik waarom dié sjarmante man harte steel sover hy gaan: " Ek
praat nie met julle f*kk*n donners nie!" het hy gesnork voor hy die foon
neergegooi het."

" Maar selfs hy sal moet saamstem dat die manier waarop neef Harry ( A: sy
vriend en mede-Apla kader vir wie se borg hy wederegtelik R3000 uit die
burgersmeestersfonds onttrek het) en die ander lede van die superbende.....
hul rooftog uitgevoer het op 'n manier wat grens aan die idiotiese."

Blykbaar het hulle, met een bendelid se inligting, die dame wat die sleutel
het van die kluis met pensioengeld in die poskantoor, beroof - die sleutel,
haar selfoon en haar radio is geneem.
Vooraf is daar demokraties deur die lede besluit om R50 000 van die verwagte
roofgeld af te knyp om 'n standbeeld van Robert Sobukwe, voormalige PAC
president, buite Graaff -Reinet op te rig.
Die idee was om die volgende dag die kluis vol geld by die sekuriteitsfirma
op te laai, en om die sleutel te gebruik om hul hande op die miljoene te lê.
" Maar dis net hier waar hul moerse Apla-opleiding hulle liederlik in die
steek gelaat het. Want toe hulle by die firma opdaag en die geskokte
security guard beveel om die veiligheidshek vir hulle oop te sluit, trek
een dom aap die sneller nog voor die arme man die kans kry om die opdrag uit
te voer.
En daar staan die spulletjie toe en redekawel hoe hulle nou by die hek gaan
inkom.Want dit het toe darem deur hul dik koppe gedring dat hul kosbare
kluissleutels niks beteken as hulle nog buite die gebou staan nie.
Die bedremmelde spulletjie het toe g'n ander keuse as om maar in hul kar te
klim en leë hande die pad te vat Cradock toe - waar hulle agterkom hulle het
nie eers geld vir petrol nie!
Toe hulle die poskantoor-antie se selfoon vir R100 se petrol probeer ruil,
bel die pompjoggie die polisie en hul roof-careers was history."

Vriend Harry en sy makkers het 25 jaar gekry.
Re: Klomp Goes 2: Oor Truman se vriend in die Son [boodskap #105830 is 'n antwoord op boodskap #105817] So, 11 September 2005 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

" Toe Son Die Prins bel
neef Harry ( A: sy
> vriend en mede-Apla kader
> Vooraf is daar demokraties deur die lede besluit om R50 000 van die verwagte
> roofgeld af te knyp om 'n standbeeld van Robert Sobukwe, voormalige PAC
> president, buite Graaff -Reinet op te rig.
> Die idee was
> Vriend Harry en sy makkers het 25 jaar gekry.

Kom ons werk nou bietjie aan hierdie een, Annette.
Eerstens, wie haal jy aan? Ek sien daar is aanhalings-
tekens voor die eerste twee paragrawe, maar verder
is daar nie. Is dit omdat dit verder in jou eie woorde
geskryf is? As dit so is, is jy darem verskriklik
vol afgrondelike rassistiese opinies. As dit nie jy
is wat dit geskryf het nie, wie is aan die woord?
En hoekom het jy hierdie stukkie op die nuusgroep
gesit? Ek kan skaars glo dat dit rapportering is
van selfs regse publikasies.

Gloudina
Re: Klomp Goed 2: Oor Truman se vriend in die Son [boodskap #105843 is 'n antwoord op boodskap #105830] So, 11 September 2005 17:25 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nei aantie, die aanhalings was woord vir woord soos dit in die Son geskryf
staan. Die ander gedeeltes is net my vertellings van wat daar geskryf staan,
want hulle kan soms langdradig raak in hul liriesgeid:)))
Son kos R2. Vreeeeeeeeeeslik gewild onder die bruin en wit gemeenskap wat
"Afrikaans" lees. Son se " Afrikaans" is soos jy kan sien baie Kaaps. met
'n sterk invloed van Engfrikaans.
Ek geniet dit, omdat hulle dinge kaalkop die waarheid vertel. Daar is nie
goed soos " beweer" en " sogenaamd" en al die ander fensie draaitjies wat
ander Afrikaanse koerante gooi om nie gedagvaar te word nie.
Ek weet nie of dit waar is nie, maar ek het verlede week gehoor Son verkoop
meer kopieë per dag was die Die Burger in 'n week verkoop.

So twee weke gelede het die redakteur van Son in Burger geskryf en gesê elke
oggend begin hulle met geen stories nie, dan stuur hy net sy joernaliste uit
na die areas om met gewone mense te gaan praat, en binne 'n uur het hulle te
veel materiaal vir die volgende dag se uitgawe.

Soos jy kan agterkom, is Truman Prince 'n geliefde teiken.

--
Groetnis
Annette

"@rogers.com" skryf in boodskap news:LsCdnaY7CpbmjrneRVn-qQ@rogers.com...
>
> "Annette" skryf
>
> " Toe Son Die Prins bel
> neef Harry ( A: sy
>> vriend en mede-Apla kader
>> Vooraf is daar demokraties deur die lede besluit om R50 000 van die
> verwagte
>> roofgeld af te knyp om 'n standbeeld van Robert Sobukwe, voormalige PAC
>> president, buite Graaff -Reinet op te rig.
>> Die idee was
>> Vriend Harry en sy makkers het 25 jaar gekry.
>
> Kom ons werk nou bietjie aan hierdie een, Annette.
> Eerstens, wie haal jy aan? Ek sien daar is aanhalings-
> tekens voor die eerste twee paragrawe, maar verder
> is daar nie. Is dit omdat dit verder in jou eie woorde
> geskryf is? As dit so is, is jy darem verskriklik
> vol afgrondelike rassistiese opinies. As dit nie jy
> is wat dit geskryf het nie, wie is aan die woord?
> En hoekom het jy hierdie stukkie op die nuusgroep
> gesit? Ek kan skaars glo dat dit rapportering is
> van selfs regse publikasies.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: En nou begin die heilige koeie voor skoot kom... Laat ek raai FNOKOL sal gebeur!
Volgende onderwerp: Klomp goed 4: SA tigting wil ongeletterdheid uitskakel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 02:14:41 MGT 2024