Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oorlewing van Afrikaans
Oorlewing van Afrikaans [boodskap #10391] Ma, 18 Augustus 1997 00:00
v9718443.3....  is tans af-lyn  v9718443.3....
Boodskappe: 2
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die behoud van die taal hang nie net van die Afrikaner af nie. As jy
jouself en ander 'n guns wil doen, leer 'n Afrikataal aan. Ek is besig om
Tswana te leer en glo my, as jy met iemand se hart wil praat, praat met
hom/haar in sy/haar moedertaal. Ek gevind dat tot die Mopedi's en Noord-
Sotho's meer toegeeflikker is teenoor mens, al praat jy Tswana.
Sodoende sal ons respek win van ander Suid-Afrikaners en sal hulle weer
Afrikaans begin praat.

'n Bewys hiervan: Radio Seshego in Pietersburg het volgens 'n berig
in Beeld die een dag sommer Afrikaans begin praat. Hulle beplan om
Afrikaans ook deel van die stasiebeleid te maak.
Matthews Phosa het 'n Afrikaanse digbundel, Deur die oog van die naald
gepubliseer.
Tokio Sexwale het met die idee van Punt Op Mediumgolf(Afrikaanse
Praatradio) gese dat dit tyd geword het dat ons 'n bietjie in Gauteng weer
Afrikaans praat.
Vorige onderwerp: meyerton
Volgende onderwerp: Nog gesels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 20:25:57 MGT 2024