Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » meyerton
meyerton [boodskap #10374] So, 17 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
die pad tussen vereeniging en johannesburg se naam was eers die sybrand
van niekerk snelweg, maar nou is dit net 'n nommer.

die pad meyerton toe.

ek neem eers die verkeerde afrit. die een wat na susan se sussie se huis
in die voorstede van plat meyerton toe loop. die huis waar haar man haar
gedonner het.

die regte afrit is die een wat by samancor uitkom. samancor wat steeds
donkerbruin wolke giftige gasse die vaal lug inspuug.

die stof in meyerton is nog dieselfde kleur. als is bedek met 'n lagie
geel winterpoeier. als is winterdood. niks groei in meyerton in die
winter nie. die hoogste gebou in die dorp het nog steeds net drie
verdiepings.

daar is meer karre op die paaie as wat ek onthou. die hoofstraat is
besiger. daar is vyf padtekens in die hoofstraat wat jou vertel hoe om by
die lisensiekantore uit te kom.

voor die lisensiekantore sê die verkeersman vir my: nee meneer, jy is
nou heeltemal verkeerd. motorlisensies word betaal by die gebou agter die
toetsgronde. ry tot by die stopstraat, draai regs, verby die skool en dan
links.

hoerskool df malan. die skool die verste van alles in die wereld af.

ek spoor die toetsgronde op. waar ek destyds getoets is. ek het die
padgebruikerstoets geslaag maar ek het meyerton gedruip.

drie minute voor drie stap ek by die _motor_ lisensiekantoor in.

dis groter as wat ek onthou.

daar is twee rye. een vir hondelisensies en een vir motorregistrasies.

ek luister na die gesprek in die hondelisensiery.

sy kon mos nooit weer regkom na haar man se dood nie tannie, sê die man
met die kakiehemp vir die vrou met die kapsel.

my beurt.

ons neem, sê die man agter die glasgordyn, ongelukkig nie tjeks
afkomstig vanaf buite die vaaldriehoek nie.

ek praat my beste engels, ek sit my mooiste smile op.

hy neem my tjek.

plus boete vir agterstallige betaling.

********

-------------------==== Posted via Deja News ====-----------------------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet
Re: meyerton [boodskap #10390 is 'n antwoord op boodskap #10374] Ma, 18 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ev...@sportspace.co.za writes: >
>
>
>
> die pad tussen vereeniging en johannesburg se naam was eers die sybrand
> van niekerk snelweg, maar nou is dit net 'n nommer.
>
> die pad meyerton toe.
>
> ek neem eers die verkeerde afrit. die een wat na susan se sussie se huis
> in die voorstede van plat meyerton toe loop. die huis waar haar man haar
> gedonner het.
>
> die regte afrit is die een wat by samancor uitkom. samancor wat steeds
> donkerbruin wolke giftige gasse die vaal lug inspuug.
>
> die stof in meyerton is nog dieselfde kleur. als is bedek met 'n lagie
> geel winterpoeier. als is winterdood. niks groei in meyerton in die
> winter nie. die hoogste gebou in die dorp het nog steeds net drie
> verdiepings.
>
> daar is meer karre op die paaie as wat ek onthou. die hoofstraat is
> besiger. daar is vyf padtekens in die hoofstraat wat jou vertel hoe om by
> die lisensiekantore uit te kom.
>
> voor die lisensiekantore sê die verkeersman vir my: nee meneer, jy is
> nou heeltemal verkeerd. motorlisensies word betaal by die gebou agter die
> toetsgronde. ry tot by die stopstraat, draai regs, verby die skool en dan
> links.
>
> hoerskool df malan. die skool die verste van alles in die wereld af.
>
> ek spoor die toetsgronde op. waar ek destyds getoets is. ek het die
> padgebruikerstoets geslaag maar ek het meyerton gedruip.
>
> drie minute voor drie stap ek by die _motor_ lisensiekantoor in.
>
> dis groter as wat ek onthou.
>
> daar is twee rye. een vir hondelisensies en een vir motorregistrasies.
>
> ek luister na die gesprek in die hondelisensiery.
>
> sy kon mos nooit weer regkom na haar man se dood nie tannie, sê die man
> met die kakiehemp vir die vrou met die kapsel.
>
> my beurt.
>
> ons neem, sê die man agter die glasgordyn, ongelukkig nie tjeks
> afkomstig vanaf buite die vaaldriehoek nie.
>
> ek praat my beste engels, ek sit my mooiste smile op.
>
> hy neem my tjek.
>
> plus boete vir agterstallige betaling.
>
>
> ********
>
> -------------------==== Posted via Deja News ====-----------------------
> http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet

Welkom terug, Charl. Maar hoekom moet jy via Deja News pos?
Wat is Deja News? Hoe pos 'n mens via dit?
Gloudina
Vorige onderwerp: Neo-apartheidisme
Volgende onderwerp: Oorlewing van Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 03:13:16 MGT 2024