Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Monster
Monster [boodskap #101777] Di, 08 Maart 2005 05:50 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gsiteraand het ek die Monster-fliek van Charlize Thééééron gesien en ek moet
sê dat hulle kon al die begin van die jaar vir haar twéé Oscars gegee het.
Die dier kón toneelspeel. Sy het die karakter geword en jy kon geen teken
van Charlize meer sien nie. 'n Storie wat vertel word sonder sensasie en
sonder foefies soos karre wat jaag en helikopters wat ontplof. Briljant.
Re: Monster [boodskap #101779 is 'n antwoord op boodskap #101777] Di, 08 Maart 2005 08:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het dit ook gesien, en ek stem saam - sy het haar rol goed gespeel.
Eintlik het al die akteurs in die fleik goed gespeel.
Wat ek egter nog meer geniet het, was na die tyd - die dokumentêr oor die
regte Eileen - daardie koekie was so mal soos 'n haas - maar 'n sielkundige
het slegs 15 minute nodig gehad om te bepaal sy is heeltemal normaal genoeg
om gehang te word.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:18-dndxKVrm3oLDfRVn-2A@is.co.za...
> Gsiteraand het ek die Monster-fliek van Charlize Thééééron gesien en ek moet
> sê dat hulle kon al die begin van die jaar vir haar twéé Oscars gegee het.
> Die dier kón toneelspeel. Sy het die karakter geword en jy kon geen teken
> van Charlize meer sien nie. 'n Storie wat vertel word sonder sensasie en
> sonder foefies soos karre wat jaag en helikopters wat ontplof. Briljant.
>
Re: Monster [boodskap #101783 is 'n antwoord op boodskap #101779] Di, 08 Maart 2005 10:13 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die fliek so gesit en kyk en dit is vir my 'n voorbeeld van hoe dinge
in 'n mens se lewe verkeerd kan loop. Met haar ontmoeting met die lessie
het sy probeer om haar lewe te herstel deur werk te gaan soek en die lessie
het kwaai druk op haar gesit om geld te maak terwyl sy self later gaan jol
het. Ek is genieg om te glo sy sou nie verder as die eerste ou gemoor het
nie, as dit nie vir dié druk op haar was om geld te verdien nie. Dit wys
ook net weer dat as 'n mens een keer oor die streep trap wat die skeiding
aandui tussen mens en misdadiger, dan is die volgende keer heelwat makliker.
Die groot vraag by my is as mens die klein lessie persentasiegewys
toerekenbaar kon maak, hoeveel skuld het sy gehad aan die hele gemors?
Laat mens dink oor die effek wat 'n mens se aksies op 'n ander se lewe kón
hê....

"Annette" skryf in boodskap news:d0jnq7$pu1$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het dit ook gesien, en ek stem saam - sy het haar rol goed gespeel.
> Eintlik het al die akteurs in die fleik goed gespeel.
> Wat ek egter nog meer geniet het, was na die tyd - die dokumentêr oor die
> regte Eileen - daardie koekie was so mal soos 'n haas - maar 'n
> sielkundige
> het slegs 15 minute nodig gehad om te bepaal sy is heeltemal normaal
> genoeg
> om gehang te word.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:18-dndxKVrm3oLDfRVn-2A@is.co.za...
>> Gsiteraand het ek die Monster-fliek van Charlize Thééééron gesien en ek moet
>> sê dat hulle kon al die begin van die jaar vir haar twéé Oscars gegee
>> het.
>> Die dier kón toneelspeel. Sy het die karakter geword en jy kon geen teken
>> van Charlize meer sien nie. 'n Storie wat vertel word sonder sensasie
>> en
>> sonder foefies soos karre wat jaag en helikopters wat ontplof.
>> Briljant.
>
Vorige onderwerp: MODELMOOI...
Volgende onderwerp: Is die revolusie op hande?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 09:03:14 MGT 2024