Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » MODELMOOI...
MODELMOOI... [boodskap #101764] Ma, 07 Maart 2005 12:19 na volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Roxanne Coppins (16) van Edenvale is aangewys as die wenner van Model
Makers se SA Model Challenge wat onlangs in die Springs-stadsaal aangebied
is. By haar is haar tweede prinses, Marsal Pretorius (16) van Germiston.
Bianca Taljaard (16) was derde. Foto: ROBBIE SCHNEIDER
http://www.news24.com/Images/Photos/20050302130320oosrand2.j pg
Re: MODELMOOI... [boodskap #101765 is 'n antwoord op boodskap #101764] Ma, 07 Maart 2005 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hierdie skoonheidskompetisiemense gaan hulle nog eendag vasloop. Waar was
die verteenwoordiging volgens ons land se etniese samestelling?:))

Mens wonder net hoe gebalanseerd 'n kind kan grootword wat op so 'n jong
ouderdom haar met grootmensdinge besig moet hou.
Toe ek 16 was, het ek nog hop scotch gespeel, modderkoekies help bak, en
boom geklim. Skoonheidskompetisies, wat nog te sê deelname, was glad nie
eers iets in my belangstellings- of verwyseingsveld nie.
--
Groetnis
Annette

"Paul" skryf in boodskap news:dFXWd.31756$MY.3095566@phobos.telenet-ops.be...
> Roxanne Coppins (16) van Edenvale is aangewys as die wenner van Model
> Makers se SA Model Challenge wat onlangs in die Springs-stadsaal aangebied
> is. By haar is haar tweede prinses, Marsal Pretorius (16) van Germiston.
> Bianca Taljaard (16) was derde. Foto: ROBBIE SCHNEIDER
> http://www.news24.com/Images/Photos/20050302130320oosrand2.j pg
>
Re: MODELMOOI... [boodskap #101769 is 'n antwoord op boodskap #101765] Ma, 07 Maart 2005 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sonder om te probeer beledig, was jy mooi genoeg om 'n model te wees? Wat
ek probeer sê, is dat normaalweg, as 'n meisie mooi genoeg is dan stap
hierdie soort van ding na haar toe aan. Hoekom mag 'n mens sy brein
gebruik vir eie gewin, sy sportvermoë gebruik vir eie gewin, maar 'n meisie
wat mooi genoeg is om tussen die skares uit te staan, mag nie haar talente
benut nie? Wat die kindermodelle aanbetref, stem ek nie heeltemal saam nie
want daar is 'n behoefte aan kinderakteurs en modelee, maar hierdie
histeriese mammas wat hul dogtertjies van vroegs af in
skoonheidskompteitsies druk, die hou ek nie van nie....maar dan weer, wat's
die verskil van die histeriese pappie wat sy laaitie druk om beter rugby te
speel?

"Annette" skryf in boodskap news:d0hhdf$9d3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hierdie skoonheidskompetisiemense gaan hulle nog eendag vasloop. Waar was
> die verteenwoordiging volgens ons land se etniese samestelling?:))
>
> Mens wonder net hoe gebalanseerd 'n kind kan grootword wat op so 'n jong
> ouderdom haar met grootmensdinge besig moet hou.
> Toe ek 16 was, het ek nog hop scotch gespeel, modderkoekies help bak, en
> boom geklim. Skoonheidskompetisies, wat nog te sê deelname, was glad nie
> eers iets in my belangstellings- of verwyseingsveld nie.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Paul" wrote in message
> news:dFXWd.31756$MY.3095566@phobos.telenet-ops.be...
>> Roxanne Coppins (16) van Edenvale is aangewys as die wenner van Model
>> Makers se SA Model Challenge wat onlangs in die Springs-stadsaal
>> aangebied
>> is. By haar is haar tweede prinses, Marsal Pretorius (16) van Germiston.
>> Bianca Taljaard (16) was derde. Foto: ROBBIE SCHNEIDER
>> http://www.news24.com/Images/Photos/20050302130320oosrand2.j pg


>
Re: MODELMOOI... [boodskap #101770 is 'n antwoord op boodskap #101769] Ma, 07 Maart 2005 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Wat die ouers ne kan maak nie moet die kinders maak
In sport,sang,toneel,model en noem maar ...

"Suidwester" skryf in boodskap news:vtSdnaFvoIIZ8LHfRVn-2A@is.co.za...
> Sonder om te probeer beledig, was jy mooi genoeg om 'n model te wees? Wat
> ek probeer sê, is dat normaalweg, as 'n meisie mooi genoeg is dan stap
> hierdie soort van ding na haar toe aan. Hoekom mag 'n mens sy brein
> gebruik vir eie gewin, sy sportvermoë gebruik vir eie gewin, maar 'n meisie
> wat mooi genoeg is om tussen die skares uit te staan, mag nie haar talente
> benut nie? Wat die kindermodelle aanbetref, stem ek nie heeltemal saam nie
> want daar is 'n behoefte aan kinderakteurs en modelee, maar hierdie
> histeriese mammas wat hul dogtertjies van vroegs af in
> skoonheidskompteitsies druk, die hou ek nie van nie....maar dan weer, wat's
> die verskil van die histeriese pappie wat sy laaitie druk om beter rugby te
> speel?
> "Annette" wrote in message
> news:d0hhdf$9d3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hierdie skoonheidskompetisiemense gaan hulle nog eendag vasloop. Waar was
>> die verteenwoordiging volgens ons land se etniese samestelling?:))
>>
>> Mens wonder net hoe gebalanseerd 'n kind kan grootword wat op so 'n jong
>> ouderdom haar met grootmensdinge besig moet hou.
>> Toe ek 16 was, het ek nog hop scotch gespeel, modderkoekies help bak, en
>> boom geklim. Skoonheidskompetisies, wat nog te sê deelname, was glad nie
>> eers iets in my belangstellings- of verwyseingsveld nie.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Paul" wrote in message
>> news:dFXWd.31756$MY.3095566@phobos.telenet-ops.be...
>>> Roxanne Coppins (16) van Edenvale is aangewys as die wenner van Model
>>> Makers se SA Model Challenge wat onlangs in die Springs-stadsaal
>>> aangebied
>>> is. By haar is haar tweede prinses, Marsal Pretorius (16) van Germiston.
>>> Bianca Taljaard (16) was derde. Foto: ROBBIE SCHNEIDER
>>> http://www.news24.com/Images/Photos/20050302130320oosrand2.j pg
>
>
>>
>
Re: MODELMOOI... [boodskap #101773 is 'n antwoord op boodskap #101769] Ma, 07 Maart 2005 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek was altyd 'n pragtige ou dogtertjie, en koerantfotograwe het my altyd
nadergesleep as daar by 'n funksie of iets 'n foto geneem moes word. Ek neem
aan hulle sou nie iemand kies wat die lesers met walging sou vervul nie,
reg?
Kyk, wanneer iemand volgens reg volwasse is, nl agtien, kan hulle met hul
talente, wat dit ookal mag wees, woeker dat dit klap - maar om 'n kind in
grootmens-skoene te plaas vir iets soos 'n skoonheidstitel, gee die kind 'n
verwronge sin van wat belangrik is.
Hierdie skoonheidstitelstorie en die mammies se optredes is heelwat meer
bisar as die optredes van kantlynouers langs die rugbyveld.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:vtSdnaFvoIIZ8LHfRVn-2A@is.co.za...
> Sonder om te probeer beledig, was jy mooi genoeg om 'n model te wees? Wat
> ek probeer sê, is dat normaalweg, as 'n meisie mooi genoeg is dan stap
> hierdie soort van ding na haar toe aan. Hoekom mag 'n mens sy brein
> gebruik vir eie gewin, sy sportvermoë gebruik vir eie gewin, maar 'n meisie
> wat mooi genoeg is om tussen die skares uit te staan, mag nie haar talente
> benut nie? Wat die kindermodelle aanbetref, stem ek nie heeltemal saam nie
> want daar is 'n behoefte aan kinderakteurs en modelee, maar hierdie
> histeriese mammas wat hul dogtertjies van vroegs af in
> skoonheidskompteitsies druk, die hou ek nie van nie....maar dan weer, wat's
> die verskil van die histeriese pappie wat sy laaitie druk om beter rugby te
> speel?
> "Annette" wrote in message
> news:d0hhdf$9d3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hierdie skoonheidskompetisiemense gaan hulle nog eendag vasloop. Waar was
>> die verteenwoordiging volgens ons land se etniese samestelling?:))
>>
>> Mens wonder net hoe gebalanseerd 'n kind kan grootword wat op so 'n jong
>> ouderdom haar met grootmensdinge besig moet hou.
>> Toe ek 16 was, het ek nog hop scotch gespeel, modderkoekies help bak, en
>> boom geklim. Skoonheidskompetisies, wat nog te sê deelname, was glad nie
>> eers iets in my belangstellings- of verwyseingsveld nie.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Paul" wrote in message
>> news:dFXWd.31756$MY.3095566@phobos.telenet-ops.be...
>>> Roxanne Coppins (16) van Edenvale is aangewys as die wenner van Model
>>> Makers se SA Model Challenge wat onlangs in die Springs-stadsaal
>>> aangebied
>>> is. By haar is haar tweede prinses, Marsal Pretorius (16) van Germiston.
>>> Bianca Taljaard (16) was derde. Foto: ROBBIE SCHNEIDER
>>> http://www.news24.com/Images/Photos/20050302130320oosrand2.j pg
>
>
>>
>
Re: MODELMOOI... [boodskap #101776 is 'n antwoord op boodskap #101773] Di, 08 Maart 2005 05:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het net gevra! Ek dink maar net dat 'n besonder mooi meisiekind [wat
nodig is vir model of skoonheidskonigin] sal eintlik nie 'n keuse hê of
hulle in die bedryf betrokke wil raak of nie. Die talentsoekendes sal haar
identifiseer en versoekings van baie geld verdien laat 99,9% van ons swig.
Ek dink maar net skoonheid is 'n talent net soos sportvermoëens. Het jy al
hierdie anties by die rugby en stoei gesien? In my skooldae het ek met my
eie oë gesien hoe klap 'n antie met muscles wat so 'n voet diep onder haar
arms hang, vir een van ons manne wat haar laaitie winduit geloop het. Toe
die ref kla, toe donder sy hom ook sommer!

"Annette" skryf in boodskap news:d0icis$h9d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek was altyd 'n pragtige ou dogtertjie, en koerantfotograwe het my altyd
> nadergesleep as daar by 'n funksie of iets 'n foto geneem moes word. Ek
> neem
> aan hulle sou nie iemand kies wat die lesers met walging sou vervul nie,
> reg?
> Kyk, wanneer iemand volgens reg volwasse is, nl agtien, kan hulle met hul
> talente, wat dit ookal mag wees, woeker dat dit klap - maar om 'n kind in
> grootmens-skoene te plaas vir iets soos 'n skoonheidstitel, gee die kind
> 'n
> verwronge sin van wat belangrik is.
> Hierdie skoonheidstitelstorie en die mammies se optredes is heelwat meer
> bisar as die optredes van kantlynouers langs die rugbyveld.
Re: MODELMOOI... [boodskap #101778 is 'n antwoord op boodskap #101776] Di, 08 Maart 2005 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)) Ja, Die Moeders raak Moerig langs die sportveld.

Die skoonheidsding is 'n perd van 'n totale ander kleur, en anders wat jy
mag dink, is daar wel 'n keuse om deel te neem. Vir elke 1000 mooietjies wat
'n fotograaf of "talentsoeker" sou uitken en fantastiese drome belowe, sal
miskien een die paal haal om die duisende te kan verdien - en met nogal
heelwat finansiële insetkoste van die ouers.
Hier is nou 'n werklike voorbeeld - niggie se kind.
Sy is nou 12. Verlede jaar is sy toe aangewys as haar laerskool se mooiste
( ma moes sorg vir die mannekynklasse, grimering en mooi klere en hare). Toe
word sy aangewys as die mooiste in die streek ( nuwe klere weer wat ma moes
betaal) - toe mag sy gaan deelneem in Johannesburg vir die Nasionale
kompetisie ( ma moes toe vir reis en verblyf vir hulle sorg, nuwe klere vir
mooi dogter, iets nuuts darem vir ma ook).
Uiteinde - R 10 000 verder wat ma nie eintlik sommer goedsmoeds kon bekostig
nie - dogter wen nie ( ek weet ook nie wie gewen het nie, want die wenner
was nog in geen koerant of tydskrif nie)
Ongelukkig het die gogga die jong dame gebyt. Sy stel net belang in die
nuutste modes wat sy moet hê, en natuurlik die mannekynklasse en grimering.
Geen sport word be-oefen nie. Sy lees nie boeke nie. Sy gaan speel nie met
maatjies nie, Sy hardloop of spring nooit uitbundig rond nie. Sy sal niks
doen om haar hande en naels te laat vuil word nie.Elke liewe Sondag is die
kertoegaan 'n geleentheid om modeparade te speel.

Iemand moet my nog oortuig dat 'n gebalanseerde volwassene uit hierdie
storie gaan ontstaan.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:UbmdneLWg5y_prDfRVn-gg@is.co.za...
> Ek het net gevra! Ek dink maar net dat 'n besonder mooi meisiekind [wat
> nodig is vir model of skoonheidskonigin] sal eintlik nie 'n keuse hê of
> hulle in die bedryf betrokke wil raak of nie. Die talentsoekendes sal haar
> identifiseer en versoekings van baie geld verdien laat 99,9% van ons swig.
> Ek dink maar net skoonheid is 'n talent net soos sportvermoëens. Het jy al
> hierdie anties by die rugby en stoei gesien? In my skooldae het ek met my
> eie oë gesien hoe klap 'n antie met muscles wat so 'n voet diep onder haar
> arms hang, vir een van ons manne wat haar laaitie winduit geloop het. Toe
> die ref kla, toe donder sy hom ook sommer!
> "Annette" wrote in message
> news:d0icis$h9d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek was altyd 'n pragtige ou dogtertjie, en koerantfotograwe het my altyd
>> nadergesleep as daar by 'n funksie of iets 'n foto geneem moes word. Ek
>> neem
>> aan hulle sou nie iemand kies wat die lesers met walging sou vervul nie,
>> reg?
>> Kyk, wanneer iemand volgens reg volwasse is, nl agtien, kan hulle met hul
>> talente, wat dit ookal mag wees, woeker dat dit klap - maar om 'n kind in
>> grootmens-skoene te plaas vir iets soos 'n skoonheidstitel, gee die kind
>> 'n
>> verwronge sin van wat belangrik is.
>> Hierdie skoonheidstitelstorie en die mammies se optredes is heelwat meer
>> bisar as die optredes van kantlynouers langs die rugbyveld.
>
Re: MODELMOOI... [boodskap #101781 is 'n antwoord op boodskap #101778] Di, 08 Maart 2005 10:04 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees wat jy sê en ek stem saam dat die mense die hol uit die hoender ruk,
maar 'n mens moet ook vra waar was die ouers wat toelaat dat dinge so
handuit ruk? Ek meen darem nou, hoekom wil jy die organiseerders van
hierdie kompetisies blameer as dit bloot uit vrye keuse is dat die meisies
mag deelneem? Dis mos nie onder dwang nie? Daar is vir my nie 'n verskil
tussen enige van die soort talente nie, of dit nou sport,
skoonheidskompetisies of verspoeg is nie. Iemand sien 'n talent raak en
maak vir die jong mens 'n aanbod, of skep die geleentheid om die talent uit
te leef. Saam met die kind se ouers moet die geleentheid beoordeel word en
dan besluit word of hulle wil vorentoe of nie. As dit te duur is, dan is
dit tog die ouer wat as volwassene die mag het om te besluit dat dit nie
bekostigbaar is nie. Tog, as mens die TV-stories so bekyk, dan is dit
meestal die ouers wat mal raak oor die kind se potensiaal en self nie in
staat is om te keer vir die versoekings nie. Die vraag is nou vir wie
blameer jy oor die kind nou net 'n nou visie van die lewe het? Ek sê
steeds die grootste deel van die skuld lê by die ouers en gebrekkige
opvoeding want hulle's die volwassenes en veronderstel om die balans vir die
kind te help handhaaf.
'n Voorbeeld: Anke van Idols. Al die talent en versoekings, maar sy
swot nog steeds om haar kwalifikasie te behaal. Ek weet nie veel meer van
haar nie, maar ek sal jou amper 'n wed vat, haar ander broers en susters [as
sy het] is oor die algemeen net so 'level-headed' soos sy....want die ouers
het 'n goeie werk van hul opvoeding gedoen.

"Annette" skryf in boodskap news:d0jnq6$pu1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> :)) Ja, Die Moeders raak Moerig langs die sportveld.
>
Vorige onderwerp: Rassisme en piesangs
Volgende onderwerp: Monster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 14:19:01 MGT 2024