Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog 'n ex-pat storie
Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100871] Wo, 05 Januarie 2005 09:43 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is besig om bouplanne te teken vir 'n outjie wat in Engeland werk en sy
geld in grond hier aan die kus belê. Hy werk in London en is 'n ingenieur.
Hy reken die rede hoekom die SA'ers so maklik werk kry is omdat die Engelse
vergeet het wat werk is. Hulle werk op die onderhoud van geboue. As die
temperatuur binne die gebou daal tot onder 21º [ek dink!] dan kan die
werkers maar huistoe gaan. Die ligintensiteit van die ligte in die gebou
het ook 'n sekere spesifikasie en as iets fout kom en die lig daal, dan is
dit huistoe. Hy sê die Engelse kla oral dat hulle te hard werk. Werk wat
hulle kwoteer vir sê 2 ure se arbeid, verander die bestuur in 8 ure se
arbeid en sê dis die standaard daar. Hulle het ook al klagtes van die
werkers se 'union' gehad oor hulle te vinnig werk afhandel en hul
medewerkers gaan kla het.
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100876 is 'n antwoord op boodskap #100871] Wo, 05 Januarie 2005 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

As die
> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21º [ek dink!] dan kan die
> werkers maar huistoe gaan.

Werk Engeland nog met Fahrenheit? As dit 21 F is, dan is dit
al ver onder vriespunt, en dan sal dit geen wonder wees as
hulle huistoe moet gaan nie

Gloudina
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100877 is 'n antwoord op boodskap #100876] Do, 06 Januarie 2005 05:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ai ou antie, jy verbaas my elke keer. Is julle daar in kanada so onder die
klip dat julle nog nie gemetrifiseer het nie? Wie werk nog in Fahrenheit?
Dit het net duskant Noag al gestop! G'n wonder julle vermoor nog robbe in
Kanada nie want Omega 3 olie is goed vir die brein.....sorg dat jy kry.
"@rogers.com" wrote in message
news:AYednQnh8PeIz0HcRVn-iA@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> As die
>> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21º [ek dink!] dan kan die
>> werkers maar huistoe gaan.
>
> Werk Engeland nog met Fahrenheit? As dit 21 F is, dan is dit
> al ver onder vriespunt, en dan sal dit geen wonder wees as
> hulle huistoe moet gaan nie
>
> Gloudina
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100878 is 'n antwoord op boodskap #100871] Do, 06 Januarie 2005 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dingus  is tans af-lyn  Dingus
Boodskappe: 187
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Senior Lid
KAK!

"Suidwester" wrote in message
news:7JGdncXB--FEK0bcRVn-vA@is.co.za...
> Ek is besig om bouplanne te teken vir 'n outjie wat in Engeland werk en sy
> geld in grond hier aan die kus belê. Hy werk in London en is 'n ingenieur.
> Hy reken die rede hoekom die SA'ers so maklik werk kry is omdat die Engelse
> vergeet het wat werk is. Hulle werk op die onderhoud van geboue. As die
> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21º [ek dink!] dan kan die
> werkers maar huistoe gaan. Die ligintensiteit van die ligte in die gebou
> het ook 'n sekere spesifikasie en as iets fout kom en die lig daal, dan is
> dit huistoe. Hy sê die Engelse kla oral dat hulle te hard werk. Werk wat
> hulle kwoteer vir sê 2 ure se arbeid, verander die bestuur in 8 ure se
> arbeid en sê dis die standaard daar. Hulle het ook al klagtes van die
> werkers se 'union' gehad oor hulle te vinnig werk afhandel en hul
> medewerkers gaan kla het.
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100879 is 'n antwoord op boodskap #100877] Do, 06 Januarie 2005 07:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Braam  is tans af-lyn  Braam
Boodskappe: 24
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
>> "Suidwester" skryf

>> As die
>>> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21º [ek dink!] dan kan die
>>> werkers maar huistoe gaan.

As die temperatuur hier by ons onder 21°C daal dan is ons baie dankbaar
daarvoor.

Braam
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100880 is 'n antwoord op boodskap #100879] Do, 06 Januarie 2005 08:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Vergewe Suidwester vir sy ou foutjie - 'n goeie begryper het net 'n
halwe woord nodig:))
Ek wonder net hoe waar so 'n storie is dat mense van die werk af huis toe
gestuur word as dit te koud word...
--
Groetnis
Annette

"Braam" skryf in boodskap news:9N5Dd.73$e76.3875@nnrp1.ozemail.com.au...
>>> "Suidwester" skryf
>
>>> As die
>>>> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21� [ek dink!] dan kan die
>>>> werkers maar huistoe gaan.
>
>
> As die temperatuur hier by ons onder 21°C daal dan is ons baie dankbaar
> daarvoor.
>
> Braam
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100881 is 'n antwoord op boodskap #100878] Do, 06 Januarie 2005 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kak, wat?
"Dingus" wrote in message
news:Oq5Dd.5390$mo2.359951@news.xtra.co.nz...
> KAK!
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:7JGdncXB--FEK0bcRVn-vA@is.co.za...
>> Ek is besig om bouplanne te teken vir 'n outjie wat in Engeland werk en sy
>> geld in grond hier aan die kus belê. Hy werk in London en is 'n ingenieur.
>> Hy reken die rede hoekom die SA'ers so maklik werk kry is omdat die Engelse
>> vergeet het wat werk is. Hulle werk op die onderhoud van geboue. As die
>> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21º [ek dink!] dan kan die
>> werkers maar huistoe gaan. Die ligintensiteit van die ligte in die gebou
>> het ook 'n sekere spesifikasie en as iets fout kom en die lig daal, dan is
>> dit huistoe. Hy sê die Engelse kla oral dat hulle te hard werk. Werk wat
>> hulle kwoteer vir sê 2 ure se arbeid, verander die bestuur in 8 ure se
>> arbeid en sê dis die standaard daar. Hulle het ook al klagtes van die
>> werkers se 'union' gehad oor hulle te vinnig werk afhandel en hul
>> medewerkers gaan kla het.
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100882 is 'n antwoord op boodskap #100880] Do, 06 Januarie 2005 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink nie ek is so verkeerd nie! Praat ºC. Gemiddelde lekker
temperatuur is so 23 grade celsius. Vriespunt is darem so ongeveer by
zero....
"Annette" wrote in message
news:criuhn$f93$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> :)))) Vergewe Suidwester vir sy ou foutjie - 'n goeie begryper het net 'n
> halwe woord nodig:))
> Ek wonder net hoe waar so 'n storie is dat mense van die werk af huis toe
> gestuur word as dit te koud word...
> --
> Groetnis
> Annette
> "Braam" wrote in message
> news:9N5Dd.73$e76.3875@nnrp1.ozemail.com.au...
>>>> "Suidwester" skryf
>>
>>>> As die
>>>> > temperatuur binne die gebou daal tot onder 21º [ek dink!] dan kan die
>>>> > werkers maar huistoe gaan.


>> As die temperatuur hier by ons onder 21°C daal dan is ons baie dankbaar
>> daarvoor.

>> Braam



>
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100883 is 'n antwoord op boodskap #100879] Do, 06 Januarie 2005 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet julle vrek darem daar onder van die hitte en die humiditeit, maar ek
praat van 'n LUGVERSORGDE gebou waar die sisteem die atmosfeer bepaal.
Halwe begrip......

"Braam" skryf in boodskap news:9N5Dd.73$e76.3875@nnrp1.ozemail.com.au...
>>> "Suidwester" skryf
>
>>> As die
>>>> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21� [ek dink!] dan kan die
>>>> werkers maar huistoe gaan.
>
>
> As die temperatuur hier by ons onder 21°C daal dan is ons baie dankbaar
> daarvoor.
>
> Braam
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100884 is 'n antwoord op boodskap #100883] Do, 06 Januarie 2005 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Braam  is tans af-lyn  Braam
Boodskappe: 24
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
Wel hier by ons in Townsville word dit nie so vrek warm nie. As dit 35 C is
is dit baie maar ons het gereeld n humiditeit van oor die 90 %. Aangesien
die gebou warin ek werk nie lugreeling het nie is ons baie dankbaar as dit
lekker koel is.En dit is lekker koel 9 maande van die jaar.

Iets wat ek nog goed kan onthou is hoe koud ons gekry het in Etosha in die
aande en hoe warm dit was in die dag to ons daar was in die winter. Dit en
die soet springbok biltong wat ons gemaak het op die plaas daar naby
Leonardville

Braam

"Suidwester" skryf in boodskap news:cZGdncPdW_vyjEDcRVn-2g@is.co.za...
> Ek weet julle vrek darem daar onder van die hitte en die humiditeit, maar
> ek praat van 'n LUGVERSORGDE gebou waar die sisteem die atmosfeer bepaal.
> Halwe begrip......
> "Braam" wrote in message
> news:9N5Dd.73$e76.3875@nnrp1.ozemail.com.au...
>>>> "Suidwester" skryf
>>
>>>> As die
>>>> > temperatuur binne die gebou daal tot onder 21� [ek dink!] dan kan die
>>>> > werkers maar huistoe gaan.


>> As die temperatuur hier by ons onder 21°C daal dan is ons baie dankbaar
>> daarvoor.

>> Braam


>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100885 is 'n antwoord op boodskap #100884] Do, 06 Januarie 2005 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In die somer is die temperatuur in ons land maklik in die 30 grade, maar
aangesien dit 'n droë hitte is, is dit veel meer staanbaar as 'n klam hitte
met hoë humiditeit. In die harde Namib raak dit maklik in die somer tot 50
grade, maar weereens droog en nie so erg soos 35 grade in die nat nie. Jy
sweet wel, maar dit verdamp vinnig en maklik en jy koel af. Die mense vrot
ook nie so van die sweet as die lug droog is nie. Die Etosha is meer na
die noorde van die land toe, wat dit meer laat neig tot 'n tropiese invloed
en is dit wel natter klimaat daar. In die Namib vries dit in die nag
maklik, afhangende van die wind. In die dag kook die son jou tjops en
braai jou vedde uit vir jou....maar weereens 'n droë hitte.
Van biltong vreet, die ken ons Namibiane baie goed en laat ek vir jou
vertel dat daar nie 'n lekkerder vleis op hierdie aarde is as juis springbok
nie. Nie net vir boltong nie, alhoewel sy biltong, nat of droog of heel
horingdroog, heel eetbaar is want sy grein is fyn en dit het 'n smaak wat
makvleis nie het nie. Ek glo natuurlik dit het baie te doene met die kos
wat die springbok eet. In die veld en onbeïnvloed deur die mens. Daarby
is die woestyn se veld droog [die bokke hoef nooit in hul lewens water te
drink in die rou veld as dit nie wil nie] en is die vleisgehalte van die bok
wonderlik. Selfs gekook of gebak, gesels hy al die pad saam met enige
skaap of beesvleis.
So 'n paar jaar terug was ons in die Etosha om te gaan fotos neem en by
Halali het ons gekamp en daar twee Aussies ontmoet wat in Botswana vir 'n
mynmaatskappy gewerk het. Dit was toe ons laaste aand in die 'Park en die
volgende oggend sou ons vertrek terug kus toe, maar ons het 'n heerlike
byvoordeel gehad. Ons het 'n joernalistieke permit gehad om deur die
westelike deel van Etosha te ry op pad kus toe [die deel van Etosha wat die
gewone toeris nooit sien nie]. Dié aand besluit ons toe om al die vleis
wat ons nog oorgehad het gaar te maak om sommer so die volgende dag so koud
in die ry met 'n knipmes te sit en eet terwyl ons by gate wag vir diere en
foto's. Onder andere was daar 'n hele Damaraskaaprib. Dit was in twee
stroke gesny. Die is dan stadig en pragtig bruin gebraai...
Die twee Aussies wat ons die maiddag reeds ontmoet het, het verbygestap
en die braaiery gesien en kom kyk na die vetrib op die rooster. Aangesien
hulle toe nog nie kos gemaak het nie het ons een helfte van die rib vir
hulle aangebied. Hulle het skepties gelyk en gesê die vleis darem baie vet
vir hulle. Die een ou het reguit gesê hy eet nie eintlik sulke vet vleis
nie, maar hulle het gevat [of dit net uit ordentlikheid was oor ons
aangebied het, het ons gewonder?].
Seker so 'n halfuur later kom die twee by ons en kom sê dankie vir die
lekkerste skaapvleis wat hulle nog ooit geëet het. Doe ou wat aanvanklik
nie wou rib eet nie, sê toe sy ma sal hom vrekslaan as sy met weet wat se
ongesonde goed hy pas geëet het, maar hy wou presies weet hoe ons daai rib
gaarmaak en wat se goete sit ons daarop. Hy reken toe hy gaan definitief
plan maak om in Botswana nie meer die ribgedeeltes van die skaapvleis wat
hul kry, vir die swart werkers te gee nie....dis definitief die lekkerste
deel van 'n skaap.
In elk geval, die Etosha het ek al so baie gesien ek weet nie meer
hoeveel keer nie, maar ons gaan maar weer terug. Foto op foto op
foto...... Ken jy van die Kalahari Gemsbokpark in die Kalahari?

"Braam" skryf in boodskap news:Hq9Dd.182$e76.6089@nnrp1.ozemail.com.au...
> Wel hier by ons in Townsville word dit nie so vrek warm nie. As dit 35 C
> is is dit baie maar ons het gereeld n humiditeit van oor die 90 %.
> Aangesien die gebou warin ek werk nie lugreeling het nie is ons baie
> dankbaar as dit lekker koel is.En dit is lekker koel 9 maande van die
> jaar.
>
> Iets wat ek nog goed kan onthou is hoe koud ons gekry het in Etosha in die
> aande en hoe warm dit was in die dag to ons daar was in die winter. Dit en
> die soet springbok biltong wat ons gemaak het op die plaas daar naby
> Leonardville
>
> Braam
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:cZGdncPdW_vyjEDcRVn-2g@is.co.za...
>> Ek weet julle vrek darem daar onder van die hitte en die humiditeit, maar
>> ek praat van 'n LUGVERSORGDE gebou waar die sisteem die atmosfeer bepaal.
>> Halwe begrip......
>> "Braam" wrote in message
>> news:9N5Dd.73$e76.3875@nnrp1.ozemail.com.au...
>>>> > "Suidwester" skryf
>>>
>>>> > As die
>>>> >> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21� [ek dink!] dan kan die
>>>> >> werkers maar huistoe gaan.
>
>
>>> As die temperatuur hier by ons onder 21°C daal dan is ons baie dankbaar
>>> daarvoor.
>
>>> Braam
>
>



>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100886 is 'n antwoord op boodskap #100877] Do, 06 Januarie 2005 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Is julle daar in kanada so onder die
> klip dat julle nog nie gemetrifiseer het nie? Wie werk nog in
Fahrenheit?

Jy, daar agter jou duin. Weet jy nie dat die AMERIKANERS,
al twee-honderd-en-sewentig miljoen van hulle, nog met
Fahrenheit werk nie? Ons hier in Kanada het al 'n hele ruk
gelede oorgeslaan na Celsius en kilometers. In die VSA het
hulle nog myle, en ponde en onse.
Nou vra ek jou weer. Werk die Engelse nog met Fahrenheit?
Indien wel, is 21 F onder vriespunt ( wat 33 in Fahrenheit is)
en is dit al bloedig koud ís 'n gebou binnekant al so koud is.
en sal hulle byvoorbeeld kinders in skole huistoe moet stuur.
Indien die Engelse al met Celsius werk, dan is daar iets
verkeerds met jou storie.

Gloudina
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100887 is 'n antwoord op boodskap #100886] Do, 06 Januarie 2005 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante...mooi stadig: 21ºC....C.E.L.S.I.U.S. O, en vriespunt in
Fahrenheit is 32, nie 33 nie. Verder praat ons van 'n gebou wat se
temperatuur beheer word deur 'n klimaatstelsel wat dit op 'n gemiddelde
ongeveer 23°C hou. Is dit stadig genoeg? Julle is wragtag agter die
klip. In ou Suidwes en SA het ons al gemetrifiseer, as ek reg onthou in
ongeveer 1960?
"@rogers.com" wrote in message
news:0pudnXZZZow3rUDcRVn-oA@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Is julle daar in kanada so onder die
>> klip dat julle nog nie gemetrifiseer het nie? Wie werk nog in
> Fahrenheit?
>
> Jy, daar agter jou duin. Weet jy nie dat die AMERIKANERS,
> al twee-honderd-en-sewentig miljoen van hulle, nog met
> Fahrenheit werk nie? Ons hier in Kanada het al 'n hele ruk
> gelede oorgeslaan na Celsius en kilometers. In die VSA het
> hulle nog myle, en ponde en onse.
> Nou vra ek jou weer. Werk die Engelse nog met Fahrenheit?
> Indien wel, is 21 F onder vriespunt ( wat 33 in Fahrenheit is)
> en is dit al bloedig koud ís 'n gebou binnekant al so koud is.
> en sal hulle byvoorbeeld kinders in skole huistoe moet stuur.
> Indien die Engelse al met Celsius werk, dan is daar iets
> verkeerds met jou storie.
>
> Gloudina
>
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100888 is 'n antwoord op boodskap #100887] Do, 06 Januarie 2005 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Tante...mooi stadig: 21ºC....C.E.L.S.I.U.S.

Ek twyfel of die Engelse werkers huistoe gaan as
die temperatuur in hulle gebou 21 Celsius is. Ek
dink jy het die kat aan die stert beet, en nou wil
jy jou daar probeer uitwikkel deur mense te
beledig. Ek vra weer - wat gebruik die mense
in Engeland, Fahrenheit of Celsius? Onthou,
hulle ry nog aan die verkeerde kant van die
straat, net soos julle daar tussen die duine.

Gloudina
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100889 is 'n antwoord op boodskap #100888] Do, 06 Januarie 2005 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit maak nie saak watter skaal hulle gebruik in Engeland nie, ou dier. Die
gesprek het plaasgevind tussen twee Namibiërs, IN Namibië en hier praat ons
die afgelope baie jare nie meer van Fahrenheit nie. As ek die ding reg
het, dan behoort dit ongeveer 70ºF te wees.
Weet jy hoekom ry julle spul aan die regterkant van die pad? Dit kom
uit die dae uit toe die ridders met die perde en gepantserde pakke en daai
lang pale rondgery het en mekaar gelooi het. Dit beteken dat die normale
ouens die paal in sy regterhand gehou het en dan sy opponenent gestorm het.
Dis toe dat die 'normale' linkerkant van die pad vorentoe ontstaan het.
Hulle sê mos enigiemand wat links is, het 'n latente breindisfunksie, so jy
kan vir jouself uitwerk wie ry nou eintlik aan die verkeerde kant van die
pad!
"@rogers.com" wrote in message
news:5P2dnVQJ5_ns2UDcRVn-qA@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Tante...mooi stadig: 21ºC....C.E.L.S.I.U.S.
>
> Ek twyfel of die Engelse werkers huistoe gaan as
> die temperatuur in hulle gebou 21 Celsius is. Ek
> dink jy het die kat aan die stert beet, en nou wil
> jy jou daar probeer uitwikkel deur mense te
> beledig. Ek vra weer - wat gebruik die mense
> in Engeland, Fahrenheit of Celsius? Onthou,
> hulle ry nog aan die verkeerde kant van die
> straat, net soos julle daar tussen die duine.
>
> Gloudina
>
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100890 is 'n antwoord op boodskap #100889] Do, 06 Januarie 2005 15:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Hulle sê mos enigiemand wat links is, het 'n latente breindisfunksie, so jy
> kan vir jouself uitwerk wie ry nou eintlik aan die verkeerde kant van die
> pad!

Ek verskil hier van jou. Die oomblik toe ek voet neersit
in Noord-Amerika en die karre op die regterkant van
die pad ry, toe het ek geweet dat dit die regte manier
is om te beweeg. Die linkse draaie is baie meer logies
as jy op die regterkant van die pad begin. Waarom hulle
op die linkerkant in Engeland ry, weet ek nie. Het hulle
nie ook daar ridders gehad soos in Europa nie?

Dis egter iets wat baie diep in mens se brein geburger
is. Die eerste keer toe ek regs-ry ondervind het, was
in Egipte, terwyl ons met die ooskus van Afrika opgeseil
het. Ek was in 'n permanente toestand van skok in die
huurmotors, veral omdat almal ook maar wille wragtag
gery het.

Ek loop nou ook nog soms na die verkeerde kant
van die kar om in te klim.

Gloudina
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100891 is 'n antwoord op boodskap #100877] Do, 06 Januarie 2005 17:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> Wie werk nog in Fahrenheit?
> Dit het net duskant Noag al gestop!

Noord amerika werk nog in Fahrenheit., Dit was nogal moeilik vir my gewoont
te raak aan die ou stelsels van duime en 7/8'stes & 3/4'te ensovoorts.

Soos jy sê dit hoort in Noag se tyd maar die Noord amerikaners is maar
snaakse goeters, hulle verander nie maklik nie.
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100895 is 'n antwoord op boodskap #100881] Do, 06 Januarie 2005 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dingus  is tans af-lyn  Dingus
Boodskappe: 187
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kak in die broek!

"Suidwester" wrote in message
news:C7WdncPo0-3wZEHcRVn-og@is.co.za...
> Kak, wat?
> "Dingus" wrote in message
> news:Oq5Dd.5390$mo2.359951@news.xtra.co.nz...
>> KAK!
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:7JGdncXB--FEK0bcRVn-vA@is.co.za...
>>> Ek is besig om bouplanne te teken vir 'n outjie wat in Engeland werk en
>>> sy
>>> geld in grond hier aan die kus belê. Hy werk in London en is 'n ingenieur.
>>> Hy reken die rede hoekom die SA'ers so maklik werk kry is omdat die Engelse
>>> vergeet het wat werk is. Hulle werk op die onderhoud van geboue. As die
>>> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21º [ek dink!] dan kan die
>>> werkers maar huistoe gaan. Die ligintensiteit van die ligte in die
>>> gebou
>>> het ook 'n sekere spesifikasie en as iets fout kom en die lig daal, dan
>>> is
>>> dit huistoe. Hy sê die Engelse kla oral dat hulle te hard werk. Werk wat
>>> hulle kwoteer vir sê 2 ure se arbeid, verander die bestuur in 8 ure se
>>> arbeid en sê dis die standaard daar. Hulle het ook al klagtes van die
>>> werkers se 'union' gehad oor hulle te vinnig werk afhandel en hul
>>> medewerkers gaan kla het.
>>
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100896 is 'n antwoord op boodskap #100891] Do, 06 Januarie 2005 22:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glucklich" skryf

> Soos jy sê dit hoort in Noag se tyd maar die Noord amerikaners is maar
> snaakse goeters, hulle verander nie maklik nie.

Moenie so ligweg die term "Noord-amerikaner" gebruik
nie. Daar is ander mense ook op die Noordamerikaanse
vasteland wat Celsius gebruik en kilometers en dies meer.

Tant Hessie die Inuit
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100899 is 'n antwoord op boodskap #100890] Vr, 07 Januarie 2005 05:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:q9adnVAfoMYkxkDcRVn-3w@rogers.com...
> Ek verskil hier van jou. Die oomblik toe ek voet neersit
> in Noord-Amerika en die karre op die regterkant van
> die pad ry, toe het ek geweet dat dit die regte manier
> is om te beweeg. Die linkse draaie is baie meer logies
> as jy op die regterkant van die pad begin. Waarom hulle
> op die linkerkant in Engeland ry, weet ek nie. Het hulle
> nie ook daar ridders gehad soos in Europa nie?
----Dis klinkklare bewys dat jy nie lees wat mens skryf nie. Die ridders
het aan die linkerkant gery en aan die regterkant verdedig. Dis hoeka dat
jou logika ietwat verdag is, dié dat jy die omgekeerde ryery meer logies sou
vind. Probeer regte logika vir 'n slag. 'n Regshandige persoon se
regterhand is sy kundige hand, sy sterkste hand. Die hand waarmee hy die
motor moet beheer. Sy linkerhand is dan los om al die bygoete in die kar
te doen, soos ratte wissel, skakelaars werk. Dis hoekom julle spul daar in
die Amerikas so vrek lief is vir outomatiese motors en sukkel om met 'stick
shift' te ry.....die kar is verkeerdom.
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100900 is 'n antwoord op boodskap #100885] Vr, 07 Januarie 2005 11:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Braam  is tans af-lyn  Braam
Boodskappe: 24
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
Nee Suidwester
Ongelukkig was ek nog nooit in daardie gedeelte van die wereld nie.
Ek was wel al in die Okavongo Delta in Botswana asook die Tuli Block in
Botswana.

Braam

"Suidwester" wrote in message
news:ermdnfGuyc8yrUDcRVn-1g@is.co.za...
> In die somer is die temperatuur in ons land maklik in die 30 grade, maar
> aangesien dit 'n droë hitte is, is dit veel meer staanbaar as 'n klam
> hitte met hoë humiditeit. In die harde Namib raak dit maklik in die
> somer tot 50 grade, maar weereens droog en nie so erg soos 35 grade in die
> nat nie. Jy sweet wel, maar dit verdamp vinnig en maklik en jy koel af.
> Die mense vrot ook nie so van die sweet as die lug droog is nie. Die
> Etosha is meer na die noorde van die land toe, wat dit meer laat neig tot
> 'n tropiese invloed en is dit wel natter klimaat daar. In die Namib
> vries dit in die nag maklik, afhangende van die wind. In die dag kook
> die son jou tjops en braai jou vedde uit vir jou....maar weereens 'n droë
> hitte.
> Van biltong vreet, die ken ons Namibiane baie goed en laat ek vir jou
> vertel dat daar nie 'n lekkerder vleis op hierdie aarde is as juis
> springbok nie. Nie net vir boltong nie, alhoewel sy biltong, nat of
> droog of heel horingdroog, heel eetbaar is want sy grein is fyn en dit het
> 'n smaak wat makvleis nie het nie. Ek glo natuurlik dit het baie te
> doene met die kos wat die springbok eet. In die veld en onbeïnvloed deur
> die mens. Daarby is die woestyn se veld droog [die bokke hoef nooit in
> hul lewens water te drink in die rou veld as dit nie wil nie] en is die
> vleisgehalte van die bok wonderlik. Selfs gekook of gebak, gesels hy al
> die pad saam met enige skaap of beesvleis.
> So 'n paar jaar terug was ons in die Etosha om te gaan fotos neem en
> by Halali het ons gekamp en daar twee Aussies ontmoet wat in Botswana vir
> 'n mynmaatskappy gewerk het. Dit was toe ons laaste aand in die 'Park en
> die volgende oggend sou ons vertrek terug kus toe, maar ons het 'n
> heerlike byvoordeel gehad. Ons het 'n joernalistieke permit gehad om
> deur die westelike deel van Etosha te ry op pad kus toe [die deel van
> Etosha wat die gewone toeris nooit sien nie]. Dié aand besluit ons toe
> om al die vleis wat ons nog oorgehad het gaar te maak om sommer so die
> volgende dag so koud in die ry met 'n knipmes te sit en eet terwyl ons by
> gate wag vir diere en foto's. Onder andere was daar 'n hele
> Damaraskaaprib. Dit was in twee stroke gesny. Die is dan stadig en
> pragtig bruin gebraai...
> Die twee Aussies wat ons die maiddag reeds ontmoet het, het verbygestap
> en die braaiery gesien en kom kyk na die vetrib op die rooster.
> Aangesien hulle toe nog nie kos gemaak het nie het ons een helfte van die
> rib vir hulle aangebied. Hulle het skepties gelyk en gesê die vleis
> darem baie vet vir hulle. Die een ou het reguit gesê hy eet nie eintlik
> sulke vet vleis nie, maar hulle het gevat [of dit net uit ordentlikheid
> was oor ons aangebied het, het ons gewonder?].
> Seker so 'n halfuur later kom die twee by ons en kom sê dankie vir die
> lekkerste skaapvleis wat hulle nog ooit geëet het. Doe ou wat aanvanklik
> nie wou rib eet nie, sê toe sy ma sal hom vrekslaan as sy met weet wat se
> ongesonde goed hy pas geëet het, maar hy wou presies weet hoe ons daai rib
> gaarmaak en wat se goete sit ons daarop. Hy reken toe hy gaan definitief
> plan maak om in Botswana nie meer die ribgedeeltes van die skaapvleis wat
> hul kry, vir die swart werkers te gee nie....dis definitief die lekkerste
> deel van 'n skaap.
> In elk geval, die Etosha het ek al so baie gesien ek weet nie meer
> hoeveel keer nie, maar ons gaan maar weer terug. Foto op foto op
> foto...... Ken jy van die Kalahari Gemsbokpark in die Kalahari?
>
> "Braam" wrote in message
> news:Hq9Dd.182$e76.6089@nnrp1.ozemail.com.au...
>> Wel hier by ons in Townsville word dit nie so vrek warm nie. As dit 35 C
>> is is dit baie maar ons het gereeld n humiditeit van oor die 90 %.
>> Aangesien die gebou warin ek werk nie lugreeling het nie is ons baie
>> dankbaar as dit lekker koel is.En dit is lekker koel 9 maande van die
>> jaar.

>> Iets wat ek nog goed kan onthou is hoe koud ons gekry het in Etosha in
>> die aande en hoe warm dit was in die dag to ons daar was in die winter.
>> Dit en die soet springbok biltong wat ons gemaak het op die plaas daar
>> naby Leonardville

>> Braam

>> "Suidwester" wrote in message
>> news:cZGdncPdW_vyjEDcRVn-2g@is.co.za...
>>> Ek weet julle vrek darem daar onder van die hitte en die humiditeit,
>>> maar ek praat van 'n LUGVERSORGDE gebou waar die sisteem die atmosfeer
>>> bepaal. Halwe begrip......
>>> "Braam" wrote in message
>>> news:9N5Dd.73$e76.3875@nnrp1.ozemail.com.au...
>>>> >> "Suidwester" skryf
>>>>
>>>> >> As die
>>>> >>> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21° [ek dink!] dan kan
>>>> >>> die
>>>> >>> werkers maar huistoe gaan.
>>
>>
>>>> As die temperatuur hier by ons onder 21°C daal dan is ons baie dankbaar
>>>> daarvoor.
>>
>>>> Braam
>>
>
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100905 is 'n antwoord op boodskap #100886] Vr, 07 Januarie 2005 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:0pudnXZZZow3rUDcRVn-oA@rogers.com...

"Suidwester" skryf

Is julle daar in kanada so onder die
> klip dat julle nog nie gemetrifiseer het nie? Wie werk nog in
Fahrenheit?

Jy, daar agter jou duin. Weet jy nie dat die AMERIKANERS,
al twee-honderd-en-sewentig miljoen van hulle, nog met
Fahrenheit werk nie? Ons hier in Kanada het al 'n hele ruk
gelede oorgeslaan na Celsius en kilometers. In die VSA het
hulle nog myle, en ponde en onse.
Nou vra ek jou weer. Werk die Engelse nog met Fahrenheit?
Indien wel, is 21 F onder vriespunt ( wat 33 in Fahrenheit is)
en is dit al bloedig koud ás 'n gebou binnekant al so koud is.
en sal hulle byvoorbeeld kinders in skole huistoe moet stuur.
Indien die Engelse al met Celsius werk, dan is daar iets
verkeerds met jou storie.

Gloudina

Gloudina! Nou tik ek jou oor die vingers. Suidwester maak n fout met sy
temperature, jy wys hom daarop, hy beledig jou en Kanada, en dan antwoord jy
en gooi sommer n paar beledigings na Amerika, wat niks met Suidwester se
oorspronklike fout te make het nie. Ai nee a, jy moet nicer wees met jou
bure!
(Maak nie saak dat Amerika, saam met Burma en Sri Lanka al lande is wat nog
die ou verouderde Fahrenheid stelsel gebruik nie, maar jy hoef dit nie in
jou argument met hom te noem nie!! :-) Los maar vir ons en ons foute uit
met julle twee se argument.
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100906 is 'n antwoord op boodskap #100888] Vr, 07 Januarie 2005 23:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:5P2dnVQJ5_ns2UDcRVn-qA@rogers.com...

"Suidwester" skryf

> Tante...mooi stadig: 21ºC....C.E.L.S.I.U.S.

Ek twyfel of die Engelse werkers huistoe gaan as
die temperatuur in hulle gebou 21 Celsius is. Ek
dink jy het die kat aan die stert beet, en nou wil
jy jou daar probeer uitwikkel deur mense te
beledig. Ek vra weer - wat gebruik die mense
in Engeland, Fahrenheit of Celsius? Onthou,
hulle ry nog aan die verkeerde kant van die
straat, net soos julle daar tussen die duine.

Gloudina

Die mense in Engeland gebruik Celcius. Al die commonwealth lande ry aan die
linkerkant, Kanada het maar seker vir Amerika ge na aap om aan die
regterkant te ry ;-)
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100907 is 'n antwoord op boodskap #100890] Vr, 07 Januarie 2005 23:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
" Ek loop nou ook nog soms na die verkeerde kant
van die kar om in te klim.

Gloudina

Ek ook! En as ek oor die straat moet loop wat baie lane het, en nog n trem
in die middel, is ek omtrent deurmekaar, en moet drie keer links en drie
keer regs kyk voor ek die straat kan oorsteek!
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100911 is 'n antwoord op boodskap #100905] Sa, 08 Januarie 2005 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Gloudina! Nou tik ek jou oor die vingers. Suidwester maak n fout met sy
> temperature, jy wys hom daarop, hy beledig jou en Kanada, en dan antwoord jy
> en gooi sommer n paar beledigings na Amerika, wat niks met Suidwester se
> oorspronklike fout te make het nie. Ai nee a, jy moet nicer wees met jou
> bure!

Ek kan nie sien dat ek die Amerikaners beledig deur
aan Suidwester uit te wys dat miljoene der miljoene
Amerikaners nog die Fahrenheit sisteem gebruik,
terwyl hy aanneem dat die hele wereld al oorgeslaan
het na Celsius toe, behalwe miskien ons agterlike
Kanadese.
Dit is egter vir my snaaks dat die Amerikaners so
stadig is met die oorslaan na die metriese stelsel.
Veral in ag nemende dat hulle eeue gelede hulle
geldstelsel metries gemaak het.

Gloudina
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100912 is 'n antwoord op boodskap #100906] Sa, 08 Januarie 2005 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

Al die commonwealth lande ry aan die
> linkerkant, Kanada het maar seker vir Amerika ge na aap om aan die
> regterkant te ry ;-)

Sover ek kan onthou, ry hulle in Japan ook nog
aan die linkerkant.
Dit sal interessant wees om uit te vind wanneer
hulle in die VSA besluit het om aan die regterkant
te ry. ( Die oorspronklike VSA was tog ook maar
eintlik 'n kolonie van Engeland.) Ek wonder hoe
lank Engeland spesifiek aan die linkerkant ry?
Was daar 'n tyd toe almal maar gery het waar
hulle wou?
Ek kan nie onthou of ons dieselfde in SA gedoen
het nie, maar hier in Kanada word dit ongeveer
van voetgangers ook verwag om, selfs in 'n mall,
op die regterkant te stap vir hulle eie spesifieke
rigting. Daar is natuurlik altyd 'n klomp wat teen
die stroom opbeur, en 'n klomp wat die reël wil
toepas en met opset teen die wetbrekers vasloop.

Gloudina
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100914 is 'n antwoord op boodskap #100912] Sa, 08 Januarie 2005 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:hcmdndxAjck-eULcRVn-jg@rogers.com...

"Ellie" skryf

Al die commonwealth lande ry aan die
> linkerkant, Kanada het maar seker vir Amerika ge na aap om aan die
> regterkant te ry ;-)

Sover ek kan onthou, ry hulle in Japan ook nog
aan die linkerkant.
Dit sal interessant wees om uit te vind wanneer
hulle in die VSA besluit het om aan die regterkant
te ry. ( Die oorspronklike VSA was tog ook maar
eintlik 'n kolonie van Engeland.) Ek wonder hoe
lank Engeland spesifiek aan die linkerkant ry?
Was daar 'n tyd toe almal maar gery het waar
hulle wou?
Ek kan nie onthou of ons dieselfde in SA gedoen
het nie, maar hier in Kanada word dit ongeveer
van voetgangers ook verwag om, selfs in 'n mall,
op die regterkant te stap vir hulle eie spesifieke
rigting. Daar is natuurlik altyd 'n klomp wat teen
die stroom opbeur, en 'n klomp wat die reël wil
toepas en met opset teen die wetbrekers vasloop.

Gloudina

Ek dink nie dit is n 'wet' nie, net goeie manier, maar na al die jare hier
neig ek ook nog, as ek trappe afstap ens. om links te hou, en dan kom ek
agter ek is stroom op, en verskuif dan. Dis iets atavisties wat mens nie
sommer maklik afleer nie.
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100915 is 'n antwoord op boodskap #100911] Sa, 08 Januarie 2005 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:hJWdnRkHP_GcfkLcRVn-3A@rogers.com...

"Ellie" skryf

> Gloudina! Nou tik ek jou oor die vingers. Suidwester maak n fout met sy
> temperature, jy wys hom daarop, hy beledig jou en Kanada, en dan antwoord jy
> en gooi sommer n paar beledigings na Amerika, wat niks met Suidwester se
> oorspronklike fout te make het nie. Ai nee a, jy moet nicer wees met jou
> bure!

Ek kan nie sien dat ek die Amerikaners beledig deur
aan Suidwester uit te wys dat miljoene der miljoene
Amerikaners nog die Fahrenheit sisteem gebruik,
terwyl hy aanneem dat die hele wereld al oorgeslaan
het na Celsius toe, behalwe miskien ons agterlike
Kanadese.
Dit is egter vir my snaaks dat die Amerikaners so
stadig is met die oorslaan na die metriese stelsel.
Veral in ag nemende dat hulle eeue gelede hulle
geldstelsel metries gemaak het.

Gloudina

Al die ingenieurs, dokters, argitekte ens. in Amerika gebruik al jare lank
die Metriese stelsel, en as jy op die produkte in die winkels kyk, sal jy
sien hulle gee gewoonlik ook die goed in gramme ens. aan. Die kinders op
skool leer ook die metriese stelsel, maar in die handel en wandel is dit nog
ponde en pinte. Een ding wat ek van hou is die Amerikaanse gewoonte om
resepte aan te gee in koppies en teelepels. Hierdie gramme en milliliters
ens is m.i. meer van n beslommernis
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100916 is 'n antwoord op boodskap #100915] Sa, 08 Januarie 2005 23:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

Die kinders op
> skool leer ook die metriese stelsel, maar in die handel en wandel is dit nog
> ponde en pinte. Een ding wat ek van hou is die Amerikaanse gewoonte om
> resepte aan te gee in koppies en teelepels. Hierdie gramme en milliliters
> ens is m.i. meer van n beslommernis

Ek dink dis die manier van oorslaan na die metriese stelsel
wat die relatiewe sukses van so 'n oorgaan bewerkstellig.
Ek moet SA volpunte gee vir die manier waarop hulle
destyds na die metriese stelsel oorgegaan het. Hulle het
dit met intelligensie en verbeelding gedoen. Ek onthou nog
die baie "jingles" wat op die radio was in verband daarmee.
Ek het SA die eerste keer verlaat net toe hulle oorslaan. En
ek was verbaas toe ek 'n klomp jare daarna terug na SA
gaan en elke ou tannie sit en praat van gramme en milliliters
asof hulle nooit iets anders geken het nie.
Hier in Kanada het hulle met tipiese Noord-Amerikaanse
domheid die mense toegelaat om nog aan die ponde en
onse vas te klou. Ek dink hulle adverteer elke ding in die
kruidenierswinkel nou nog in ponde en kilogramme, en
niemand word geforseer om net in die een stelsel te dink
nie.

Gloudina
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100917 is 'n antwoord op boodskap #100905] Ma, 10 Januarie 2005 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ellie wrote in message
news:7UEDd.297$C52.169@newsread2.news.atl.earthlink.net...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:0pudnXZZZow3rUDcRVn-oA@rogers.com...
>
> Gloudina! Nou tik ek jou oor die vingers. Suidwester maak n fout met sy
> temperature
-----Die beste van alles is dat ek nie 'n fout maak met die temperature nie!
Julle verstaan duidelik nie waaroor dit gaan nie. In die winter van Europa
[so ok die somer] word geboue se temperatuur gereguleer sodat dit leefbaar
is. Die gemiddelde leeftemperatuur is ongeveer 23°C en as iets met die
beheerstelsel verkeerdgaan en die temperatuur daal onder die 21°C, dan is
daar probleme....dit uit die mond van die tegniese bestuurder van 'n
maatskappy wat die onderhoud op dié stelsels in geboue doen. Ek is af die
duine af en hy is ook 'n kind van die duine, so van 1960 af, praat ons al
Celsius en as twee sandtrappers met mekaar praat, dan is dit Celsius. Dit
vat net twee breinselle om in elk geval te kliek dat dit onmoontlik nie
Fahrenheit kón wees nie. Maar dan jeuk die antie mos......

, hy beledig jou en Kanada,
----nie moeilik nie! Hulle moor robbe en spons op die VSA.....

en dan antwoord jy en gooi sommer n paar beledigings na Amerika,
----Sy het mos 'n geskiedenis van in eie nes skeit, dan nie? Wie anders as
sy is die grootste rassis op hierdie ng? wie kan nie wag vir iemand om net
te praat van 'n verskil tussen die rassegroepe nie en dan kom sy met haar
witnerf-storie.
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100918 is 'n antwoord op boodskap #100911] Ma, 10 Januarie 2005 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 8 Jan 2005 08:47:06 -0500, "@rogers.com" wrote:

> Dit is egter vir my snaaks dat die Amerikaners so
> stadig is met die oorslaan na die metriese stelsel.
> Veral in ag nemende dat hulle eeue gelede hulle
> geldstelsel metries gemaak het.

Dit het hulle gehap in een van die Mars-tuie wat neergestort het so 'n
jaar of wat gelede toe dit later geblyk het die fout was dat die
vervaardiger nie korrek van die tradisionele Britse stelsel na metriek
bereken het nie. Nasa werk glo op metrieke stelsel terwyl die
vervaardiger dit nie doen nie.
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100928 is 'n antwoord op boodskap #100871] Ma, 10 Januarie 2005 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:7JGdncXB--FEK0bcRVn-vA@is.co.za...
> Ek is besig om bouplanne te teken vir 'n outjie wat in Engeland werk en sy
> geld in grond hier aan die kus belê. Hy werk in London en is 'n ingenieur.
> Hy reken die rede hoekom die SA'ers so maklik werk kry is omdat die Engelse
> vergeet het wat werk is. Hulle werk op die onderhoud van geboue. As die
> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21° [ek dink!] dan kan die
> werkers maar huistoe gaan.

Dis nie waar nie. Ek haal aan uit die Engelse "Code of Practice":

"Minimum and Maximum temperatures for indoor workplaces: The 1992 Workplace
(Health, Safety & Welfare) Regulations say that employers must maintain a
'reasonable' temperature at all times. It suggests that temperatures below
16° C for sedentary work and below 13° for work involving physical effort
would not be reasonable".

Dit sluit nie werkers in wat uit die aard van hulle werk in koelkaste en so
aan werk nie, maar die werkgewer moet dan die regte kleding verskaf. Dit
beteken ook nie dat werkers noodwendig huis toe gaan as temperatuur laer is
nie, dit hang van werkgewer en werkers af. Ek sou ook baie graag wou weet
aan watter "union" jou klient se medewerkers behoort, want "post-Thatcher"
is daar nie baie van hulle oor nie, of wat enigsins (met enkele
uitsonderings) enige mag het nie.

Lorinda
Re: Nog 'n ex-pat storie [boodskap #100938 is 'n antwoord op boodskap #100928] Di, 11 Januarie 2005 06:14 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soos ek aan die begin gesê het: 'ek dink!' oor die temperatuur. Wat hy
wel gesê het [en dis wat jou 'code of practice' ook sê is dat daar
temperatuurbeperkings is. In die winter, as iets met die temperatuurbeheer
in die gebou verkeerd gaan, reken die ou dan gebeur dit dat die Britse
werkers huis toe gaan as om eerder warm klere aan te trek. Wat ek dink hy
probeer sê het, is dat die Engelse werkers enige verskoning soek om nie te
werk nie, terwyl die SA-mense wat daar is, oor die algemeen meer pligsgetrou
is.

Lorinda skryf in boodskap news:41e2abe5$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:7JGdncXB--FEK0bcRVn-vA@is.co.za...
>> Ek is besig om bouplanne te teken vir 'n outjie wat in Engeland werk en sy
>> geld in grond hier aan die kus belê. Hy werk in London en is 'n ingenieur.
>> Hy reken die rede hoekom die SA'ers so maklik werk kry is omdat die Engelse
>> vergeet het wat werk is. Hulle werk op die onderhoud van geboue. As die
>> temperatuur binne die gebou daal tot onder 21° [ek dink!] dan kan die
>> werkers maar huistoe gaan.
>
> Dis nie waar nie. Ek haal aan uit die Engelse "Code of Practice":
>
> "Minimum and Maximum temperatures for indoor workplaces: The 1992 Workplace
> (Health, Safety & Welfare) Regulations say that employers must maintain a
> 'reasonable' temperature at all times. It suggests that temperatures below
> 16° C for sedentary work and below 13° for work involving physical effort
> would not be reasonable".
>
> Dit sluit nie werkers in wat uit die aard van hulle werk in koelkaste en so
> aan werk nie, maar die werkgewer moet dan die regte kleding verskaf. Dit
> beteken ook nie dat werkers noodwendig huis toe gaan as temperatuur laer is
> nie, dit hang van werkgewer en werkers af. Ek sou ook baie graag wou weet
> aan watter "union" jou klient se medewerkers behoort, want "post-Thatcher"
> is daar nie baie van hulle oor nie, of wat enigsins (met enkele
> uitsonderings) enige mag het nie.
>
> Lorinda
>
Vorige onderwerp: Vir Dek Henning: Tersiene - Elizabeth Eybers
Volgende onderwerp: Aids in (Z) Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:56:48 MGT 2024