Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Dek Henning: Tersiene - Elizabeth Eybers
Vir Dek Henning: Tersiene - Elizabeth Eybers [boodskap #100908] Sa, 08 Januarie 2005 00:57 na volgende boodskap
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
Ek stem saam, Diek, dis een van die mooiste van Eybers vir my. In die dae to
ek nog self gedig het was dit vir my 'n isnpirasie en ekhet so hard probeer
om uit tekom by die strak en eenvoudige taal van Eybers, soos in hierdie
gedig - en ook in Roentgenfoto en baie ander. Nooit daarin geslaag nie...
maar dis 'n ander storie. Geniet hierdie een.

Groete

Henry in Pennsylvania

Tersiene

Reeds oor die drumpel het my seun, wat hyg,

skool toe, van haastigheid, weer vasgesteek:

'Bestel dit tog vandag van die apteek-'

Sy stem, nou skor dan skraal, het yl gestyg:

'die roulynolie vir my krieketkolf!'

'Onthou!' roep hy, maar hoe kan ek vergeet

Eggo-deurtrek, al grom die honger wolf

van onvoltooide take, sing die kreet

om roulynolie vir my krieketkolf.

Roerloos sit ek voor my geslote boek:

as soveel ongesogte harmonie

gesluit word in 'n simpele versoek,

wat baat beoefening van prosodie?

Geen lettergrepe wat om voorrang stoei

in weersydse verset en kompromie

het ooit in gouer, gladder stroom gevloei

as roulynolie, klinkerryk; geen knal

was nog so klaar as krieketkolf. Hoe sal

my vers ooit weer volwasse word? Daar golf

geen skoner jambes in my moedertaal

as roulynolie vir my krieketkolf!
Re: Vir Dek Henning: Tersiene - Elizabeth Eybers [boodskap #100910 is 'n antwoord op boodskap #100908] Sa, 08 Januarie 2005 13:18 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ooskus" skryf

In die dae to
> ek nog self gedig het was dit vir my 'n isnpirasie en ekhet so hard probeer
> om uit tekom by die strak en eenvoudige taal van Eybers, soos in hierdie
> gedig - en ook in Roentgenfoto en baie ander. Nooit daarin geslaag nie...
> maar dis 'n ander storie. Geniet hierdie een.
> Henry in Pennsylvania

Goed dat jy nog die nuusgroep lees, Henry, en Diek kon
help. As ek reg onthou, het jy die CD met die nuutste
Verseboek op. Hoekom pos jy nie so nou en dan ietsie
ook op die nuusgroep nie?
En hoekom gee jy ons nie 'n smakie van jou eie
digwerk nie?

Gloudina
Vorige onderwerp: Ek wil net weet
Volgende onderwerp: Nog 'n ex-pat storie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 17:59:56 MGT 2024