Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Lekker konsert in die kerk
Lekker konsert in die kerk [boodskap #40350] So, 18 Maart 2001 09:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Volgende Sondagaand gaan daar glo "gumboot dancing" in die Grootte Kerk
aangebied word.
Die klipvloer behoort 'n interessante nuwe klank te gee:)) Met
orrelbegeleiding behoort dit nogal iets vreeslik nuut te wees:)))
"n Kulturele mengaand dingetjie glo
--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.
Re: Lekker konsert in die kerk [boodskap #40366 is 'n antwoord op boodskap #40350] Ma, 19 Maart 2001 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Behalwe dat die orrel (glo die grootste in die Suidelike Halfrond) tans
buite werking is. Dit word tans teen 'n geraamde koste van R1,2 miljoen
herbou/herstel.

So Anette, jy sal maar jou "boots" moet saamneem en meedoet aan de stampery
op Simon, Willem en wie nog ander daar in die kerk begrawe is...

Thys oppie 'Bos

"Annette" skryf in boodskap news:991ugr$b0h$4@ctb-nnrp2.saix.net...
> Volgende Sondagaand gaan daar glo "gumboot dancing" in die Grootte Kerk
> aangebied word.
> Die klipvloer behoort 'n interessante nuwe klank te gee:)) Met
> orrelbegeleiding behoort dit nogal iets vreeslik nuut te wees:)))
> "n Kulturele mengaand dingetjie glo
> --
> ann...@ctnet.co.za
> Red wine lover.
>
Re: Lekker konsert in die kerk [boodskap #40381 is 'n antwoord op boodskap #40366] Ma, 19 Maart 2001 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die orrel is nog nie mee begin om reggemaak te word nie. Dit staan nog
steeds in al sy glorieryke vuilheid daar. Ek het aangebied om die pype met
Braso skoon te maak - maar dit is vriendelik dog dringend van die hand
gewys:)))
Ek sal my oom se vissersboots ( groenes) leen en in een van die bankhokke
staan en saamdans - nie goeie maniere om die aandag van die kunstenaars af
te trek nie.
Nog iets - hoe lank nog gaan daardie gipsblomme aan die dak vasklou? Ek vind
dat ek al meer en meer soek vir krake in en om die blomme, my gesangboek op
my kop hou en nie my volle aandag aan die preek gee nie;)))
Annette ( wat ook dink daardie gipsblomme is vreeslik sexy:))) )

Thys de Wet wrote in message ...
> Behalwe dat die orrel (glo die grootste in die Suidelike Halfrond) tans
> buite werking is. Dit word tans teen 'n geraamde koste van R1,2 miljoen
> herbou/herstel.
>
> So Anette, jy sal maar jou "boots" moet saamneem en meedoet aan de stampery
> op Simon, Willem en wie nog ander daar in die kerk begrawe is...
>
>
> Thys oppie 'Bos
> "Annette" wrote in message
> news:991ugr$b0h$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Volgende Sondagaand gaan daar glo "gumboot dancing" in die Grootte Kerk
>> aangebied word.
>> Die klipvloer behoort 'n interessante nuwe klank te gee:)) Met
>> orrelbegeleiding behoort dit nogal iets vreeslik nuut te wees:)))
>> "n Kulturele mengaand dingetjie glo
>> --
>> ann...@ctnet.co.za
>> Red wine lover.


>
Re: Lekker konsert in die kerk [boodskap #40391 is 'n antwoord op boodskap #40366] Ma, 19 Maart 2001 17:59 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Behalwe dat die orrel (glo die grootste in die Suidelike Halfrond) tans
> buite werking is. Dit word tans teen 'n geraamde koste van R1,2 miljoen
> herbou/herstel.
>

Bestaan die wereld-beroemde klavier nog wat destyds in die ou
Conserve op Stellenbosch gestaan het? Dit was so 'n uitmuntende
klavier dat pianiste oor die hele wereld daarvan bewus was. Toe
ek nog op Stellenbosch was, is sommige van hierdie pianiste in die
Stadsaal ingeboek vir 'n groot konsert. As hulle dan op Stellenbosch
aankom en uitvind dat hulle nie op dié klavier kan speel nie, dan het
sommige van hulle geweier om in die Stadsaal te speel, en moes daar
haastig ander reëlings getref word om die mense met kaartjies in die
Conservatoire te laat luister. Ek dink nie die Stadsaal se klavier was
te watwonders nie.
Wat wel geamuseer het, is dat daar vlermuise in die dak van die
ou Conserve was. So mens luister so na een of ander stuk klavier-
musiek gespeel deur 'n wêreldberoemde pianis, en dan skielik hoor
jy ook 'n vlermuis se gepiep.

Gloudina
Vorige onderwerp: NG Kerk e.a. moet restitusie betaal
Volgende onderwerp: euthanasie en kerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:24:12 MGT 2024