Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » dwelms & christene
dwelms & christene [boodskap #39569] Do, 22 Februarie 2001 20:57 na volgende boodskap
Ado Krige  is tans af-lyn  Ado Krige
Boodskappe: 6
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Hi daar,
Die opwindende nuus is dat Jesus ons Here ons oproep om tot aksie oor te
gaan as Christene aangaande dwelms, wetteloosheid en die okkultiese gemors
wat daarmee saamgaan. Sedert 'n paar uitsendings oor Radio Kansel asook
verskeie nuusberigte in die koerante rondom die nuwe sentrum wat ons oopmaak
vir dwelmslawe, het die duiwel letterlik op ons losgebars. 'n Judas in ons
midde het ons in skuld gedompel en 15 jaar se opbou aan hierdie bediening
amper gekelder. My gesondheid het so agteruitgegaan dat ek naby 'n
hartaanval gedraai het. Annatjie het ook al vesrkeie kere gekom op die
randjie vn 'n ineenstorting. Ons huwelik het skade gely en ons boer by
prokereurs en advokate om ons onskuld te bewys. Dat satan ontstoke is, is
baie duidelik.
Ek het 'n stil plekkie by 'n rivier waar ek met Jesus kuier. Verlede Vrydag,
die 17e Februarie het God my besoek deur Sy Gees en die hartseer aan my
openbaar rondom die jeug van ons land wat so verwoes word deur dwelms. Die
hoeveelheid ouers wat aanklop met jong kinders op heroine, is skrikwekkend.
Meer as 90% van die ongeveer 30-50 oproepe per dag is Afrikaners vanuit
godsdienstige agtergronde. Hulle weet van God maar hulle beleef nie die krag
en leiding van Sy Gees nie omdat hulle nie intieme verhoudings het met Jesus
nie.
As bekeerde dwelmhandelaar en satanis weet ek dat dit net Jesus se
opstandingskrag is wat my deur dra. In 'n oomblik van geweldige intense
aanraking van die Heilige Gees het ek in smart en hartseer deel gevoel van
God se pyn oor die onbetrokkenheid van die Kerke rondom hierdie bose aanslag
op ons volk. Die satan wil die Christendom uitdelg in SA en nou gebruik hy
dwelms en alles wat daarmee saam gaan.
Dit is tyd dat Christene deur hulle Kerke opstaan en die Regering skerp
aanspreek oor hulle slap houding teen onwettige immigrante wat die duiwelse
gemors openlik op straat en buite skole aan ons kinders verkoop.
Dit is hoog tyd dat ons ophou Kerk politiek bedryf en skynheilig lewe terwyl
die weefsel van ons volk ontrafel.
Dit is tyd dat ons aksie uitroep in gemeentes, optogte reel, opleiding gee,
en mobiliseer in elke dorp en voorstad.
Ons moet 'n nasionale tyd van vas en gebed uitroep sodat God met heilige
vuur ons terugbring tot Sy genade troon in aanbidding.
Jesus het my opdrag gegee om op 'n lang publieke vas te gaan totdat
Christene uit hulle drome en materiaslme loskom en die sout wird wat hulle
veronderstel is om te wees.
Ek roep elkeen op om gehoor te gee aan die stem van God en iets te doen teen
die satan se wapens.
Stuur hierdie boodskap aan i.p.v. die gelukbringer ketting briewe waarmee so
baie Christene hulle besig hou.
Laat ons die banier oplig en tot die stryd toe tree in die Naam van Jesus
Christus.
Jesus called me into a public long fast to mobilize christians against
drugs, the occult and crime.
Thousands of young people are becoming slaves to heroin, cocaine, xtc, and
so forth.
What are we as Christians doing about it? Jesus is the only answers and the
churches are quiet about it!
We must put pressure on the government to stop the illegal immigrants that
are becoming rich from the misery of our kids!
Join me in fasting and prayer and then let us do something about the
situation.
Pass the message on, God is raising up an army. It is time to declare war on
the strongholds of the enemy.
Re: dwelms & christene [boodskap #39587 is 'n antwoord op boodskap #39569] Vr, 23 Februarie 2001 09:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
AdoKrige:
Pass the message on, God is raising up an army. It is time to declare war on
the strongholds of the enemy.

Leuce:
Jy's seker 'n jong christen (nie jonk in jare nie, jy sal verstaan wat ek
bedoel). Alle jong christene gaan deur hierdie stadium waarin hulle dink
dat God besig is om 'n weermag op te bou... maar hy doen dit nie werklik
nie... jy dink maar net so omdat jy nou baie opgewonde is oor die nuwe dinge
wat die Heilige Gees jou nou wys.

Raad van 'n ou christen na 'n jong christen: moenie lewe asof die wederkoms
môre kom nie... leef asof dit in jou kleinkinders se tyd kom.
Re: dwelms & christene [boodskap #39608 is 'n antwoord op boodskap #39587] Vr, 23 Februarie 2001 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 23 Feb 2001 11:54:45 +0200, "Voetleuce" wrote:
> Raad van 'n ou christen na 'n jong christen: moenie lewe asof die wederkoms
> môre kom nie... leef asof dit in jou kleinkinders se tyd kom.
>

Raad van 'n Realistiese Christen aan 'n Ou Christen en 'n Jong
Christen...
Lewe jou finansiële beplanning asof die Wederkoms in jou kleinkinders
se tyd kom.
Lewe jou Geestelike lewe asof die Wederkoms môre kom.

DD
Re: dwelms & christene [boodskap #39611 is 'n antwoord op boodskap #39608] Vr, 23 Februarie 2001 20:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
jy kan nie twee Here dien nie

--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
--Our attitude always tells others what we expect in return --
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

:Lewe jou finansiële beplanning asof die Wederkoms in jou
kleinkinders
:se tyd kom.
:Lewe jou Geestelike lewe asof die Wederkoms môre kom.
Re: dwelms & christene [boodskap #39640 is 'n antwoord op boodskap #39569] Sa, 24 Februarie 2001 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G O D  is tans af-lyn  G O D
Boodskappe: 3
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Julle boertjies het die fokop begin, nou julle kan dit uit-sorture!

Ado Krige skryf in boodskap news:973ud7$a3u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi daar,
> Die opwindende nuus is dat Jesus ons Here ons oproep om tot aksie oor te
> gaan as Christene aangaande dwelms, wetteloosheid en die okkultiese gemors
> wat daarmee saamgaan. Sedert 'n paar uitsendings oor Radio Kansel asook
> verskeie nuusberigte in die koerante rondom die nuwe sentrum wat ons oopmaak
> vir dwelmslawe, het die duiwel letterlik op ons losgebars. 'n Judas in ons
> midde het ons in skuld gedompel en 15 jaar se opbou aan hierdie bediening
> amper gekelder. My gesondheid het so agteruitgegaan dat ek naby 'n
> hartaanval gedraai het. Annatjie het ook al vesrkeie kere gekom op die
> randjie vn 'n ineenstorting. Ons huwelik het skade gely en ons boer by
> prokereurs en advokate om ons onskuld te bewys. Dat satan ontstoke is, is
> baie duidelik.
> Ek het 'n stil plekkie by 'n rivier waar ek met Jesus kuier. Verlede Vrydag,
> die 17e Februarie het God my besoek deur Sy Gees en die hartseer aan my
> openbaar rondom die jeug van ons land wat so verwoes word deur dwelms. Die
> hoeveelheid ouers wat aanklop met jong kinders op heroine, is skrikwekkend.
> Meer as 90% van die ongeveer 30-50 oproepe per dag is Afrikaners vanuit
> godsdienstige agtergronde. Hulle weet van God maar hulle beleef nie die krag
> en leiding van Sy Gees nie omdat hulle nie intieme verhoudings het met Jesus
> nie.
> As bekeerde dwelmhandelaar en satanis weet ek dat dit net Jesus se
> opstandingskrag is wat my deur dra. In 'n oomblik van geweldige intense
> aanraking van die Heilige Gees het ek in smart en hartseer deel gevoel van
> God se pyn oor die onbetrokkenheid van die Kerke rondom hierdie bose aanslag
> op ons volk. Die satan wil die Christendom uitdelg in SA en nou gebruik hy
> dwelms en alles wat daarmee saam gaan.
> Dit is tyd dat Christene deur hulle Kerke opstaan en die Regering skerp
> aanspreek oor hulle slap houding teen onwettige immigrante wat die duiwelse
> gemors openlik op straat en buite skole aan ons kinders verkoop.
> Dit is hoog tyd dat ons ophou Kerk politiek bedryf en skynheilig lewe terwyl
> die weefsel van ons volk ontrafel.
> Dit is tyd dat ons aksie uitroep in gemeentes, optogte reel, opleiding gee,
> en mobiliseer in elke dorp en voorstad.
> Ons moet 'n nasionale tyd van vas en gebed uitroep sodat God met heilige
> vuur ons terugbring tot Sy genade troon in aanbidding.
> Jesus het my opdrag gegee om op 'n lang publieke vas te gaan totdat
> Christene uit hulle drome en materiaslme loskom en die sout wird wat hulle
> veronderstel is om te wees.
> Ek roep elkeen op om gehoor te gee aan die stem van God en iets te doen teen
> die satan se wapens.
> Stuur hierdie boodskap aan i.p.v. die gelukbringer ketting briewe waarmee so
> baie Christene hulle besig hou.
> Laat ons die banier oplig en tot die stryd toe tree in die Naam van Jesus
> Christus.
> Jesus called me into a public long fast to mobilize christians against
> drugs, the occult and crime.
> Thousands of young people are becoming slaves to heroin, cocaine, xtc, and
> so forth.
> What are we as Christians doing about it? Jesus is the only answers and the
> churches are quiet about it!
> We must put pressure on the government to stop the illegal immigrants that
> are becoming rich from the misery of our kids!
> Join me in fasting and prayer and then let us do something about the
> situation.
> Pass the message on, God is raising up an army. It is time to declare war on
> the strongholds of the enemy.
>
Re: dwelms & christene [boodskap #39655 is 'n antwoord op boodskap #39611] So, 25 Februarie 2001 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 Feb 2001 22:12:59 +0200, "Tobie" wrote:

> jy kan nie twee Here dien nie

Aikôna Tobie, jy ruk die ding heeeeel uit verband.
Om in jou finansiële beplanning vir 'n lang toekoms
te beplan is nie om mammon te dien nie. Nee vriend,
dis slegs om die diskressie van God aan jou gegee het,
te gebruik.
Want die mense wat sê 'môre sorg vir homself' lieg.

Lees weer mooi wat ek gesê het en dink dan of jy grond het
vir jou stelling

Groetnis

DD
Re: dwelms & christene [boodskap #39669 is 'n antwoord op boodskap #39611] Ma, 26 Februarie 2001 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dave:
Lewe jou finansiële beplanning asof die Wederkoms in jou kleinkinders se tyd
kom. Lewe jou Geestelike lewe asof die Wederkoms môre kom.

Tobie:
Jy kan nie twee Here dien nie.

Leuce:
Dis nie twee here's nie. Dis bloot gesonde verstand. Jesus het gesê hy kom
"gou", en hy's nou nog nie hier nie. Hy het kennelik iets "anders" bedoel,
so ons kan dus nie op ons louere rus nie. Nog 'n argument: ons is
rentmeesters, en moet ons aldus gedra.
Re: dwelms & christene [boodskap #39729 is 'n antwoord op boodskap #39611] Wo, 28 Februarie 2001 01:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Waarvan praat jy mens?
Annette

Tobie wrote in message
...
> jy kan nie twee Here dien nie
>
> --
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> --Our attitude always tells others what we expect in return --
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
>
> :Lewe jou finansiële beplanning asof die Wederkoms in jou
> kleinkinders
> :se tyd kom.
> :Lewe jou Geestelike lewe asof die Wederkoms môre kom.
>
Re: dwelms & christene [boodskap #39732 is 'n antwoord op boodskap #39729] Wo, 28 Februarie 2001 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anntette:
Waarvan praat jy mens?

Leuce:
Ek lewer repliek op Tobie se repliek op my repliek. As ek Tobie reg
verstaan het hy beweer dat dit 'n oortreding van die reël "om nie twee here
te dien nie" is om finansiële voorsiening te maak. Dis maar al. Dis tog
duidelik...? Hoekom haal jy vir Tobie aan, maar nie vir my nie?
Re: dwelms & christene [boodskap #39750 is 'n antwoord op boodskap #39732] Wo, 28 Februarie 2001 13:11 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Liewe Voetluis - ek het juis vir Tobie geantwoord. Hy is die een in 'n
dwaal.
Ontspan en eet 'n ysblokkie vir die hitte:))
Annette

Voetleuce wrote in message ...
> Anntette:
> Waarvan praat jy mens?
>
> Leuce:
> Ek lewer repliek op Tobie se repliek op my repliek. As ek Tobie reg
> verstaan het hy beweer dat dit 'n oortreding van die reël "om nie twee here
> te dien nie" is om finansiële voorsiening te maak. Dis maar al. Dis tog
> duidelik...? Hoekom haal jy vir Tobie aan, maar nie vir my nie?
>
Vorige onderwerp: NG Kerke e.a. moet restitusie betaal
Volgende onderwerp: NG Kerk e.a. moet restitusie betaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 17:52:38 MGT 2024