Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Wildewoordeboek O-R (Wilde Woordeboek O-R)
Wildewoordeboek O-R [boodskap #30601] Ma, 15 Mei 2000 00:00
foilcut  is tans af-lyn  foilcut
Boodskappe: 25
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Okay - topso, op die kol, jip-jip
Once in a blue moon - die dag wanneer mans swanger word, Saharareën, skrikkeltjie, as die weervoorspelling reg is, eenmaal in 'n pelikaanparing, as Afrika vrede het, eenkeer in 'n draaktyd, eendag as die leeubekkies brul, as dit klippe reën, wanneer 'n eier 'n hen lê
Oorversierde motor - skribbeltjor, tooitjor, karnavalkar, basaarkar, gwarkar, verfblik, lappiesmotor, barokmodel, kersmobiel
Oorvol minibus/motor - sardyntrein, vleesbus, wielewors, laai-maar-nogger, kisbus, kamakazibus, volpropper, byekorfbus, zombi-kombi, wriemelmotor, Afrika-kar
Opjazz - opkatooi, regroer
Oprev - warm karring, masjien dril, perd pomp, masjien gorrel
Opslip - opflop, jouself deur die ore werk, bek skeur, piesang trap, vlak knak, seep eet
Oulady - skimmelouma, toekatante, arkwyf, ma-se-ma, rimpelvroutjie
Outsider - buiteling, lynregter, kantlyner, jammer-jan, vreemde vis, kers by Eskom
Overdose - keelvol, voosdosis,paplap, pilmania, doepa-oë, oor die doos val

Panic - trap kole, spartel, kopblop, gloeilampie blaas
Pip-squeak - pypstompie, moesiemuis, piepkiep, minitienie, snottejot, duimpypie, skoottjaffertjie, piepie-in-die-kooi
Price Boom - geldgolf, valutavulkaan, prysplof, pryshyser, pryse op hol, inflasiebloeddruk

"Regstellende aksie" - vat-hier-gee-daar, een-vir-jou-een-vir-my-aksie, gly-of-kry-aksie, skaalswaai, skuif-en-verdryf-aksie, terugsnit,
regte-vir-almal, truratsielkunde, herstelbevel
Relax - ontkinkel, ontklont, ontdooi, ontkramp, rusroes, bedaar ou snaar, sit op jou rug!
Rep - firmaventjie, wysverkoper, padmarker, hier-daarsmous, gemorsverkoper, koop-se-bliefie, loopverkoper, selkwak, afsmeeragent, winkelkinkel
Rev ( 'n motorfiets) - ratpik, rattejam, wen hom op, brand sy pype, stook hom
Rolling stone - warrelklip, wielwurm, rolkop, roltol, klipklakker, dobberdassie, blitsblyer, flenter-slenter, hier-en-daar-ou, rond-slons, sit-nie-stil, feetjie met rugbykouse
Rubber duck - seedobbertjie, skarrelboot, gomskuit, rumoerboot, flip-flop, Noag-kano, seepporche
Rumble strips (op paaie) - padskubbe, grr-stroke, pad repelsteelyjies, horriehobbels, wipstrepe, spoedribbetjies, speodgriffels, hobbelhompies, donderduine, ratkasrittels, padsnare, wag-'n-bietjies

Groetnis
Susan
Vorige onderwerp: Wildewoordeboek S
Volgende onderwerp: 'n Meerdoelige woord soos min!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:19:04 MGT 2024