Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Wildewoordeboek S (Wilde Woordeboek S)
Wildewoordeboek S [boodskap #30600] Ma, 15 Mei 2000 00:00
foilcut  is tans af-lyn  foilcut
Boodskappe: 25
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Amper klaar !

Sad case - sapseun, kissaak, tranesepie, suur saak
Scaly (.. persoon) - nagloper, slykslak, kwasipersoon
Scheme (wat ... jy?) - stook, stoomdroom, wat's jou rol ? , beroer, broei
Scrap-yard - wrakkerskamp, krapwerf, blikskut, klingelwerf, roestuin, staalashoop, morsplot, skropplot, ysterbegraflaas, metaalhospitaal, ongelukserf, rampkamp, rotplot, rommel-trommel, skrootfort, frommelwerf, krokhok, doodvloot, roes-in-vrede
Serves you right - brand-in-die-bek, nou moet jy dans, jy het die musiek gekies
Sharp ( 'n .... mens) - gestrykte ou, kompervirus, gloeier
Rondshunt (iemand ...) - pantoffelskoffel, iemand se handvatsels glad vat, sammajoor, hier-daar, smokkel, spoorsetter, jo-jo speel, rondskommel
Ski-pants - wurgbroekie, gietbroek, sellulietstokkies, maerbroekie, einabroekie, wysbroekie, skilappers, omkykbroek, kuitpype, help-my-sterk-lyk-broek, dydrukker, kloubroek, kurwer, Naas-Botha onderbroek, knersbroek, kameelkouse, broekvellie
Skip ( 'n beurt ...) - flip, hop-en-dop
Slip (skool ...) - buitemuurs studeer, onniebol, bollerol, boekdros, skoolrus, skooljool, hokglip, bankelaaitis, klasverpas
Slang - slaptaal, pepertaal, poftaal, slongelong, taalmnewaal, aaptaal, slingertaal, gabbatiepietaal, tussentaal
Smart ('n ... ou) - balkie ou, hormoonkikker, lekkerkyk ou, hartrukker, sjamporjant
Social - koffieklets, jollemaai, katjak, moljol, partiekie, skommel, groep, mengel
Soft-serve (roomys) - wattehappie, krulys, krulsmul, roomdroom, droomtoring, sneeuhorinkie, wolkroom, kapokhorinkie, slaphappie, sagsuig, liptripper, skulproomys, vinnig-lek, spookskuim, taproomys, drupdraairoomys
Softy - paphartjie, sponskind, donsie, slapjas, pietpiep, roomkind, papperlapper, satyntjie, toffie-taffie, pluisie, smeltie, speldekussing, moppie, ag toe !, sagtesakkie, mamma-seun
Speed wobble- snelhik, spoedel, snelratel, spoedspasma, spoedvloed, spoedbobbel, hopskopper, spoedgolf
Spiral perm - frilkrul, kronkelkapsel, krulgril, veerstyl, willekrulle, noedelhare, Maltese kartel, skroefkroes, krinkels, klokkielokkies, tingeldraai, foplok, skokgolwing, kurktrekker, ystervylses, ontploffing in
'n matrasfabriek
Squad car - potemotor, skolliepatrollie, wagkarre, woema-wiele, kop-aan-top-karre, vlakvarksquad
Square (iemand ...) - breintoor, rigting wys
Step (in die hare) - trapsny, atoomhare, afdakkie, stoepie, spoorkop, orepaadjies, soldersnit, toptrappie, potjiestyl, hoofplato, kaptrap, hap-in-kap, kapselkerf, hooimied, waterval, paddastoelsnit, IK-lyn
Stew (kos) - moerpot, moerkos, mallemengsel, moerbykos, rorkos, saamkokie, vleisgespys, alles-in-een, koskonkoksie, deurmekaarkos, flopsop, rommelskommeldis, allawêreld-kooksel, borrelbrou, Ma-se-mengsel
Stick (vir 'n ete ..) - borg-'n-burger/braai/bredie/buffet ... , hoes 'n happie, haak 'n ete
Stirrer - kwaadklitser, omkrapper, kwaadblaser, vegvraat, u-draaier, emosiesmous, lepelaar
Straight (.... loop) - lynlangs loop, smalpad vat, ommie-paal loop, reg met
die wet, op die wit lyn loop, liniaalvoet, nugter loop
Stuck-up - ballonkop, daksuiger, sjampanjeprop, spitsneus, koudneus, snuif-op, vas in die kas, kaviaar-kanarie
Stunning - koorsmooi, oogknopend, songesoen, oogrowend
Sucker - lekgek, doffel-Stoffel, sopstok, speentjie, lollie, flopkop, kaaskrul, sawwelyf, fopspeendief, al-vir-als
Surf - branderploeg, golfgly, glipgly
Sweetie (mens) - joep-joep, siertjie, sjokkeladepoppie, pop-'n-dol, klontjie, duifie
Sweet sixteen - sonnige sestien, salige sestien, swewende sestien, silwer
sestien, engel-sestien, liefjarig, bakvissie-verby, seksie-sestien, druktyd, skaampie-naampie, bot-astertjie, vryryp, vrylisensie, soen-tog!, vlambaar

More sal ek die laastes pos !

Groete
Susan
Vorige onderwerp: Wildewoordeboek L-N
Volgende onderwerp: Wildewoordeboek O-R
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:42:50 MGT 2024