Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Wildewoordeboek L-N (Wilde Woordeboek L-N)
Wildewoordeboek L-N [boodskap #30518] Vr, 12 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
foilcut  is tans af-lyn  foilcut
Boodskappe: 25
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hoop daar is steeds iemand wat die net so baie geniet soos ek !

Leg Warmers - kuitoppassers, been wolletjies
Let money talk - geldgons, laat jou sakkie klingel, groengesels, pittewys, laat die blaartjies praat
Lift (met 'n kar) - gunsrit, vryry, wielbyt, glyrit, bedelrit, hop, pikrit
Lights out - tammelam, moeg geploeg, poegemoeg, pootdood, voetvoos, kiskop, pelilies, duskant êrens en nêrens
Lip-ice - lipdip, lipgips, lipglip, lipwaks, lipghries, soen-my-stafie, soengom, soenjellie, lippelagie, smoelstafie, sagsoentjie, liploeloe, ysrolletjie
Luckydraw - trek-en-wen, gelukpluk, nommertrek, pryspret

Make-up (grimering) - plooipleister/verf, momstiek, sjarmedoepa, optooiverf, vietsverf, jeugdeeg, aspoestertjiepoeier, kleurfleur, optopper, gesigvernis, velverf, poeiermasker
Musical chairs - notepote, kruis-en-mol-kapperjol, musiek-missit, musiek op hol, stoel-oorlog, sit-gou-stoele, musiekale skaak, deuntjiesit, sit-'n-noot, klawerstoele, boudesteel, rondom-tjorrel

Nag (kerm) - drup-drup, pla-vra, stembande rek, njarrem, grom en brom
Nancy - omie-tannie, fiefie, lollielekker, mofpop, satyntjie, frisgeboude kopspeld
Nerd - snopkop, sawwelyf, doffel, mopkop, wonderbrein, fundivakie, wakker-akker, slakkie, dingetjie, vooskoos, gombril, grilgesig, dwaak, briljantjie, klaasvakie, roomoog
Nice ( 'n ... ou) - njammies ou, engelgesig, klasie persoon
Notebook ( ... computer) - skootbrein, kabouter-komper, help-my-dink, popbrein, boeksakbrein, kosblikknoppies
No two ways about it - in die kol/tjol, een-alleen, koeifeit, geen ompad nie, geen agterdeur nie, geen afdraaipaadjies nie

Groetnis uit 'n bewolkte Pretoria
Susan
Re: Wildewoordeboek L-N [boodskap #30543 is 'n antwoord op boodskap #30518] Sa, 13 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
foilcut skryf in boodskap news:8fgqld$h9t$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Hoop daar is steeds iemand wat die net so baie geniet soos ek !

tierlik!
Vorige onderwerp: Wildewoordeboek D-G
Volgende onderwerp: Wildewoordeboek S
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 06:43:54 MGT 2024