Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Toekoms Advies vir: SABC om wereld reeks te maak
Toekoms Advies vir: SABC om wereld reeks te maak [boodskap #29011] Di, 15 Februarie 2000 00:00
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die SABC gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys,
asook elders op die Planeet. Veral vir die deursettings vermoë
en vasberadenheid. Asook die uitsaai van vermaaklikheid en
inligtings programme. Asook die uitsending van J2K OK bulletins
lank voor J2K. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die bekendheid van die
SABC wereldwyd te verhoog. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou
die oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te
verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Wil voorstel om die bydrae: Hoe om saam te werk vir 'n beter
toekoms, te bestudeer. Beide op 'n Persoonlike vlak, asook
Organisasiese vlak.

Om dit te inisieer, kan die SABC adverteer vir individue en/of
groepe, insluitend doelwit konsultante, wat aan hierdie projek
wil deelneem. Taak groepe kan oor ons Land uitgestuur word. Waar
spanne persone film wie doelstelling tegnieke toepas, om 'n
beter lewe vir hulself skep. Asook vir andere, bv. die persone
in hulle gemeenskappe. Wil hoogtens aanraai om menige
doelstellings tegnieke te illustreer, bv. Anthony Robbins, and
andere. Veral kan om tegnieke konsentreer word, waarin geloof 'n
belangrike rol speel. Ook kan daar gefokus word op Suid
Afrikaanse doelwit konsultante, wat media bemarking benodig,
indien wel.

Die fokus van die wereld reeks kan opvoedkundig wees, om te
demonstreer hoe tegnieke wat deur doelstelling konsultante
genoem word, aangewend word. Asook die uitnemende resultate wat
individue en groepe toon wat beduidende bydraes lewer, in die
menige gebiede van lewe in die Nuwe Suid Afrika. Kommentaar kan
voor en na elke bydrae bygevoeg word. Asook die tydsduur wat dit
geneem het om spesifieke doelstelling te verwesenlik.

Wil voorstel die eerste helfte van die reeks is oor persoonlike
resultate. Programme oor alle rasse en groep in ons Land in
bymekaar ingesluit word. In menige gebiede, bv. sport en
akademiese prestasies.

Die tweede helfte kan die klem laat val op Groep resultate, bv.
span pogings, en span doel stellings. Asook waar een persoon 'n
oplossing lewer wat die hele span/groep bevoordeel. Veral in
Organisasies, Sport verrigtinge en die Mediese veld.

Wil voorstel om die program in die taal van die deelnemers se
keuse te maak. En dan te vertaal na ander tale, bv. Engels,
Afrikaans, Sotho, Xhosa, Zoeloe, ens. Asook ander tale, vir
oorsese bemarking. Radio programme kan ook vervaardig word. En
aan Radio Stasies nasionaal en internasionaal verkoop word.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Die
SABC kan oorsese fondse verdien vir plaaslike produksies. :)
Bewuswording van doelstellings tegnieke kan verhoog word. :)
Individuele en groep prestasie en doelstellings kan verhoog
word. :) Vrede en voorspoed kan uitnemend verhoog word. :)
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel. :)
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om “n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Vorige onderwerp: Afrikaanse televisie
Volgende onderwerp: Ge Korsten Flieks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 20:46:30 MGT 2024