Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Boeke oor die Bybel (was God IS goed!)
Boeke oor die Bybel (was God IS goed!) [boodskap #25562] Do, 26 Augustus 1999 00:00
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vir die onder ons wat belangstel in hoe die Bybel ontstaan het, kan ek die
volgende boeke aanbeveel, hulle is geweldig interessant en absoluut boeiend
(selfs al is 'n mens krities teenoor die Christelike godsdiens):

"In die begin was die Woord" van GS Wegener, 'n vertaling van die
oorspronklike Duitse werk () wat handel oor die
ontstaan van die Bybel as boek.
"Die Bybel is tog reg" van Werner Keller, ook 'n vertaling van 'n Duitse
werk (, wat oorspronklik in Afrikaans verskyn
het as "Die klippe het dit uitgeroep"). Dit handel meer oor die navorsing
wat gaan oor spesifieke insidente/beskrywings in die Bybel

Sover die New Age en dies meer aangaan, is daar 'n boek met die naam
"Christianity in Crisis" wat ook die moeite werd is om te lees. Iemand het
my kopie geleen en ek kan nie nou die outeur onthou nie, maar 'n soektog
deur amazon.com en/of barnes&noble behoort die triek te doen.

Die "faksies" (sektes/dwalleringe) waarvan julle in die draad gesles het,
was een van die redes waarom Augustinus probeer het om terug te spoor tot
by die Apostels, m.a.w. hulle wat Jesus self geken het, en waarom die
Gereformeerde kerke op hulle beurt weer na Augustinus toe teruggegaan het.
(Kyk nou net hoe netjies kry ek dit reg om weer by Augustinus uit te kom!
;-) )

Groete,
Dries Venter

<'n lang draad kortgeknip>
>> Daar was 'n redelike klompie faksies van die
>> Christelike kerk in die eerste eeu. Die ortodokse Rooms Katolieke kerk het
>> op die ou end oorgeneem. Hulle het bepaal watter Boeke opgeneem sou word in
>> die Bybel en basiese geloof kwesies ens.

> Ek glo dus dat God ook Sy wil laat geskied het met die samestelling van
> die Bybel, en die besluite oor watter boeke as kanoniek beskou sal
> word, en watter boeke as apokrief.
>
> Dieselfde geld vir die akkuraatheid van vertalings.
>

> In elk geval: die invoeging en uitlating van onderskeidelik die
> kanonieke en apokriewe boeke is deur verskeie konsillies gedoen -
> waarby al vyf die bisdomme betrokke was. Die konsillie van Nicea was
> die eerste grote, en daar is die belydenis van Nicea ook aanvaar, waar
> gelowiges probeer uiteensit presies wat dit is wat hulle glo. Dieselfde
> belydenis word steeds deur kerke soos die Afrikaanse susterkerke
> aanvaar en in kategese en eredienste gebruik.
>
> En ja, dit is moontlik dat Jakobus (James = Jakobus; nie Johannes nie.
> Johannes = John op Engels) ook 'n evangelie geskryf het. Ek is nie
> bekend met die redes waarom sulke boeke nie as kanoniek beskou word
> nie. Dit is, byvoorbeeld, moontlik dat die kerkvaders van oordeel was
> dat daar onvoldoende getuienis is dat die beskikbare afskrifte
> outentiek en onveranderd was.
>
> En nee. Die apokriewe boeke is nie uit die bose nie, en word nie (in
> elk geval deur die Afrikaanse susterkerke) verwerp nie. Om die waarheid
> te sê, die apokriewe boeke het vroeër vanjaar in Afrikaanse vertaling
> verskyn - daar bestaan nogal heelwat uit die Ou en die Nuwe Testament.
> Uit die Ou Testament is daar byvoorbeeld die boek Judith. Daar is ook,
> so ver ek weet, nie wesenlike teenstrydighede tussen die apokriewe
> boeke en die kanonieke boeke nie. Wat wel waar is, is dat die kerke
> aanvaar dat daar onvoldoende getuienis is dat die betrokke boeke wel
> die Woord van God is. (Daar is, verneem ek, wel sommige apokriewe boeke
> wat deur Rome as kanoniek aanvaar word, maar ek is nie seker daarvan
> nie.)
>
> In elk geval, my geloof is dat die hand van God ook die samestelling
> van die Bybel soos hy nou is bepaal het.
Vorige onderwerp: God en die mens - 'n paar modelle
Volgende onderwerp: Luther en Kalvyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 21:08:50 MGT 2024