Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » God en die mens - 'n paar modelle
God en die mens - 'n paar modelle [boodskap #25556] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
'n Firma wil sy mark uitbrei na 'n nuwe gebied toe. Die
Direkteur roep een van sy verkoopsagente in, gee vir hom sy
doelwitte, en stuur hom na 'n nuwe area. Die verkoopsagent
kan net doen wat hy wil. Dit beteken dat die verkoopsagent
net so nodig is in hierdie proses as die toiletskoonmaker
by hoofkantoor. Albei vervul 'n belangrike rol. Die mense
in die nuwe markgebied sien die agent as die firma, want
die agent is in al sy doen en late verteenwoordigingend van
die firma. Dit is baie belangrik om dit te besef. Maar
later word hy terug geroep en moet verrekening doen. En
afhangende daarvan kry hy promosie of nie. In hierdie model
is die Direkteur God en die mense op aarde die
verkoopsagente. Laat 'n mens dink, ne?

Wanneer 'n lig deur 'n prisma skyn, kom 'n reenboog van
verskillende kleure te voorskyn. Van hierdie kant kan ons
as mense, in ons verskillendheid van kleur, geloof, ens.
argumenteer wie hoort waar, ons is die ware, die res is
vals, ens. Maar indien ons die Lig agter die prisma kan
sien sal ons verstaan dat ons Oorsprong dieselfde is. Want
alle godsdienste kom vanuit Een God af. Dit is die verskil.
Dit lyk net anders van die ander kant af. In hierdie
paradoks kan ons ons lewe op aarde verstaan.

Of soos die smartiedoos met smarties. Die Fabriek is
dieselfde, ons lyk net anders. Innerlik is ons presies
dieselfde. Uiterlik verskil ons, lyk ons anders, glo ons in
verskillende gelowe, wil ons op 'n stadium glad nie glo
nie, ens.

Dankie Beeld. Wou dit al weke pos, maar Gloudina se
aanmoediging het dit laat materialiseer. Dankie Tannie.

Persevere to Preserve

Re: God en die mens - 'n paar modelle [boodskap #25593 is 'n antwoord op boodskap #25556] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
>
> Of soos die smartiedoos met smarties.

Skuus. Maar ek kan myself nie inhou nie. BOKS tog asseblief, BOKS. 'n
Doos kan nooit ooit smarties in he nie tensy jy baie kinky is.
Vorige onderwerp: Hoop vir die toekoms vanuit die Bybel
Volgende onderwerp: Boeke oor die Bybel (was God IS goed!)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 18:18:42 MGT 2024