Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » De Kat ook oorle?
De Kat ook oorle? [boodskap #23547] Di, 01 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien 'n beriggie dat de Kat een (dalk die laaste) van sy lewens verloor het.
Is dit nog 'n slag vir Afrikaans in SA?
Moeilik om te glo iemand met die naam Pearl Mashabela sal die belange van
Afrikaans op die hart dra, veral as jy die volgende kommentaar daarby lees:
"Mnr. Vusi Mona, voormalige redakteur van Tribune, De Kat se vlagskip-stalmaat,
het vroeër vanjaar in 'n Engelse sakeblad gesê Penta se probleme 'is 'n
gevallestudie van swart ekonomiese bemagtiging wat lelik verkeerd geloop het' ".

Maar nou ja - so baie keer is hier al gesê ons mag nie stereotipeer nie en dis
seker wat ek nou doen as ek dink 'n anderstalige persoon sal nie Afrikaans se
belange voorop stel nie....

=|:^)

Johan
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23548 is 'n antwoord op boodskap #23547] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John Meeding  is tans af-lyn  John Meeding
Boodskappe: 4
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek is jammer om te vertel dat 'n berig in die Beeld van vandag (1 Junie
1999) meedeel dat die hele redaksie van De Kat bedank het, en dat die rede
wat daarvoor aangevoer is, was (my interpretasie) dat die nuwe
eienaars/bestuurders van die tydskrif nie die mas op kon kom nie. Wat 'n
jammerte - dit was 'n interessante tydskrif, vol goeie kwaliteit
joernalistiek. Selfs Nataniel het saamgestem hieroor....

Johan wrote in message ...
> Ek sien 'n beriggie dat de Kat een (dalk die laaste) van sy lewens verloor het.
> Is dit nog 'n slag vir Afrikaans in SA?
> Moeilik om te glo iemand met die naam Pearl Mashabela sal die belange van
> Afrikaans op die hart dra...... >
> Johan
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23577 is 'n antwoord op boodskap #23547] Wo, 02 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Jun 1999 14:24:08 GMT, wrote:
| Kan iemand meer hier verduidelik. Na
| finansiele moeilikheid in 1996, is
| Queullerie Uitgewers deur Nasionale
| Boekhandel oorgeneem. Wat het dan
| tussen toe en nou gebeur om hierdie
| situasie te veroorsaak. En wie is
| Pearl Mashabela?

Sy is in beheer van Penta Publishing wat De Kat uitgegee het.

=|:^)

Johan
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23578 is 'n antwoord op boodskap #23547] Wo, 02 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 1 Jun 1999 23:55:14 -0700, "John Meeding"
wrote:

jammerte - dit was 'n interessante tydskrif, vol goeie kwaliteit[/color]
> joernalistiek. Selfs Nataniel het saamgestem hieroor....
> Johan wrote in message ...>>

Die vorige bestuur het in fact ook nie die mas opgekom nie.
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23579 is 'n antwoord op boodskap #23547] Wo, 02 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Jun 1999 14:24:08 GMT, wrote:

finansiele moeilikheid in 1996, is[/color]
> Queullerie Uitgewers deur Nasionale
> Boekhandel oorgeneem. Wat het dan
> tussen toe en nou gebeur om hierdie
> situasie te veroorsaak. En wie is
> Pearl Mashabela?>>

Sover ek weet was De Kat nie deel van wat oorgegaan het NasPers toe
nie.
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23580 is 'n antwoord op boodskap #23547] Wo, 02 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"John Meeding" writes:
> Ek is jammer om te vertel dat 'n berig in die Beeld van vandag (1 Junie
> 1999) meedeel dat die hele redaksie van De Kat bedank het, en dat die rede
> wat daarvoor aangevoer is, was (my interpretasie) dat die nuwe
> eienaars/bestuurders van die tydskrif nie die mas op kon kom nie. Wat 'n
> jammerte - dit was 'n interessante tydskrif, vol goeie kwaliteit
> joernalistiek. Selfs Nataniel het saamgestem hieroor....

> Johan wrote in message ...
>> Ek sien 'n beriggie dat de Kat een (dalk die laaste) van sy lewens verloor het.
>> Is dit nog 'n slag vir Afrikaans in SA?
>> Moeilik om te glo iemand met die naam Pearl Mashabela sal die belange van
>> Afrikaans op die hart dra...... >
>> Johan

Kan iemand meer hier verduidelik. Na
finansiële moeilikheid in 1996, is
Queullerie Uitgewers deur Nasionale
Boekhandel oorgeneem. Wat het dan
tussen toe en nou gebeur om hierdie
situasie te veroorsaak. En wie is
Pearl Mashabela?

Gloudina
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23622 is 'n antwoord op boodskap #23547] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
John Meeding wrote in message ...
> Ek is jammer om te vertel dat 'n berig in die Beeld van vandag (1 Junie
> 1999) meedeel dat die hele redaksie van De Kat bedank het, en dat die rede
> wat daarvoor aangevoer is, was (my interpretasie) dat die nuwe
> eienaars/bestuurders van die tydskrif nie die mas op kon kom nie. Wat 'n
> jammerte - dit was 'n interessante tydskrif, vol goeie kwaliteit
> joernalistiek. Selfs Nataniel het saamgestem hieroor....

Die "verlies" van De Kitsch sou geen verlies wees nie. Veral nie nou dat
Insig ook begin verkitsch het onder die nuwe redaksie nie.

Ongelukkig hoor ek daar is sprake dat iemand die ding wil gaan red.

(Hoekom gaan alle goeie Afrikaanse tydskrifte mettertyd die weg van Die
Huisgenoot?)
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23623 is 'n antwoord op boodskap #23547] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan schrik  is tans af-lyn  jan schrik
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Het zit zo:
MEDIA VERKLARING
>
> 31 Mei 1999
> Johannesburg
>
> Vir onmiddellike vrystelling
>
> Die hele redaksionele, verkoops- en bylae-span van De Kat het vandag,
> 31 Mei 1999, eenparig met 'n maand se kennisgewing uit die diens van
> Penta Publikasies bedank.
>
> 'n Woordvoerder vir die span het gesê:
> "Ons is daartoe verbind om 'n Afrikaanse tydskrif van goeie gehalte
> te lewer wat 'n bydrae maak tot die lewensgehalte van Suid-Afrikaners.

> "Die huidige finansiële situasie by Penta Publikasies maak dit
> onmoontlik om hierdie doelstelings te verwesenlik. Na lang en
> deeglike besinning het ons geen uitweg nie as om die verbintenis te
> verbreek. Ons wens Penta Publiaksies alles van die beste toe."
>
> Die personeel wat bedank, is:
>
> Schalk Schoombie (Redakteur)
> Elmari Rautenbach (Adjunk-Redakteur)
> Elsa Kruger (Produksie en Skoonheidsredakteur)
> Anton Sassenberg (Kreatiewe Hoof)
> Sonja Loots (Artikelredakteur)
> Paul Venter (Promosies en Bemakingsbestuurder)
> Chris Viljoen (Moderedakteur)
> Jeanine Rademan (Bylae-redakteur)
> Izelle Venter (Bylae Assistent)
> Claire van Rhyn (Senior Ontwerper)
> Marie Beytell (Nasionale Advertensie Konsultant)
> Hilda Kriel (Nasionale Advertensie-Promosie Organiseerder)
> Vanessa Stols (Nasionale Advertensie Konsultant)
> Catherine Sasman (Redaksionele Assistent)
> Wynand Prinsloo (Redaksionele Intern)
>
> Groeten
Jan

Ferdi Greyling wrote:

> On 2 Jun 1999 14:24:08 GMT, wrote:
>
> > finansiele moeilikheid in 1996, is
>> Queullerie Uitgewers deur Nasionale
>> Boekhandel oorgeneem. Wat het dan
>> tussen toe en nou gebeur om hierdie
>> situasie te veroorsaak. En wie is
>> Pearl Mashabela?>>
>
> Sover ek weet was De Kat nie deel van wat oorgegaan het NasPers toe
> nie.

--
The most exciting phrase to hear in science, the one that heralds new
discoveries, is not "Eureka!" (I found it!) but "That's funny ..."
-- Isaac Asimov

J.H. Schrik
IOC-dokumentatie
Gak Nederland bv
Postbus 8300
1005 CA Amsterdam
tel: +206872545
email: jsc...@gak.nl
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23624 is 'n antwoord op boodskap #23547] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nog n Johan!! Great. Ek weet nie wat jy bedoel met die mas op kom nie, ek
het gehoor daar is plein nie genoeg geld nie, en beloftes is gemaak....

Pat

> wat daarvoor aangevoer is, was (my interpretasie) dat die nuwe
> eienaars/bestuurders van die tydskrif nie die mas op kon kom nie. Wat 'n
> jammerte - dit was 'n interessante tydskrif, vol goeie kwaliteit
> joernalistiek. Selfs Nataniel het saamgestem hieroor....
> Johan wrote in message ...
>> Ek sien 'n beriggie dat de Kat een (dalk die laaste) van sy lewens verloor het.
>> Is dit nog 'n slag vir Afrikaans in SA?
>> Moeilik om te glo iemand met die naam Pearl Mashabela sal die belange van
>> Afrikaans op die hart dra...... >
>> Johan
>
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23625 is 'n antwoord op boodskap #23547] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Jun 1999 09:13:29 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
|(Hoekom gaan alle goeie Afrikaanse tydskrifte mettertyd die weg van Die
|Huisgenoot?)
|

Dis seker maar die Huisgenoot tipe artikels wat die publikasie syfers laat klim.
'n Mens kan nie veralgemeen nie, maar dit is seker maar duidelik dat daar 'n
groot persentasie Afrikaanse (en Engelse mense met You) in SA is wat graag wil
lees van gebreklikes, gestremdes, hartseer, bedrog, ensovoorts.

En dis seker maar reg oor die wêreld so - die persentasie mense wat "meer
pittige" leesstof verkies is klein. En is SA is dit natuurlik 'n probleem - om
'n klein oplaag uit te gee is nie juis winsgewend nie. Ferdi, jy kan gerus vir
ons meer vertel oor omset syfers en sulke goed.

Ons is gelukkig in Amerika waar selfs 'n klein persentasie van die bevolking tog
neerkom op 'n beduidende oplaag vir 'n tydskrif, wat maak dat daar honderde
spesialis tydskrifte beskikbaar is, en dat selfs van die populêre tydskrifte nie
hoef staat te maak op sensasie om hulle oplaag hoog te hou nie.

Ons is byvoorbeeld ingeteken op Good Housekeeping, 'n tydskrif vol huishoudelike
wenke en raad, vergelykende verslae oor toestelle soos stofsuiers en goed, en
dan is daar ook elke maand 'n hele paar stories oor mense wat 'n positiewe
bydrae tot die samelewing lewer (nie mense wat oorleef het ten spyte van hulle
gebrek of so iets nie) - mense wat andersinds dalk nooit erkenning sou kry nie.

Daar is natuurlik 'n groot skoot sensasionele tydskrifte ook beskikbaar, maar
die keuse is so groot, dat dit nie eers 'n kuns is om die soort leesstof te
vermy nie.

Ek het grootgeword met Patrys. En toe hy verdwyn, was daar Vonk. Ek het nou
nog die hele reeks Vonke en is besig om hulle vir my seuns in 'n paar volumes te
bind. Dit bly vir my 'n leemte dat daar nie 'n populêre tydskrif vir kinders
bestaan nie.

=|:^)

Johan
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23731 is 'n antwoord op boodskap #23547] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Jun 1999 09:13:29 +0200, "Leendert van Oostrum" <oos...@geocities.com> wrote:
<<(Hoekom gaan alle goeie Afrikaanse tydskrifte mettertyd die weg van Die
> Huisgenoot?) >>

Fanie en Melanie ontdek Margaret Thatcher. Dis hoekom.

Die keuse tussen miljoene met hyg-hyg of honderde duisende met
intellektualiteit.
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23813 is 'n antwoord op boodskap #23547] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John Meeding  is tans af-lyn  John Meeding
Boodskappe: 4
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir daardie letterlike aanhaling Jan - dit is (deel van) die berig
wat ek gesien het. Dit is die feite.

Ek herhaal, tot baie onlangs was De Kat een van die baie baie min Afrikaanse
tydskrifte wat ek of my vrou sou wou koop vir leesstof wat mens laat dink,
en nou is dit daarnatoe. Dit bly 'n jammerte. Dit is my mening.

jan schrik wrote in message ...
> Het zit zo:
> MEDIA VERKLARING
>>
>> 31 Mei 1999
>> Johannesburg
>>
>> Vir onmiddellike vrystelling
>>
>> Die hele redaksionele, verkoops- en bylae-span van De Kat het vandag,
>> 31 Mei 1999, eenparig met 'n maand se kennisgewing uit die diens van
>> Penta Publikasies bedank.
>>
>> 'n Woordvoerder vir die span het gesê:
>> "Ons is daartoe verbind om 'n Afrikaanse tydskrif van goeie gehalte
>> te lewer wat 'n bydrae maak tot die lewensgehalte van Suid-Afrikaners.
>
>> "Die huidige finansiële situasie by Penta Publikasies maak dit
>> onmoontlik om hierdie doelstelings te verwesenlik. Na lang en
>> deeglike besinning het ons geen uitweg nie as om die verbintenis te
>> verbreek. Ons wens Penta Publiaksies alles van die beste toe."
>>
>> Die personeel wat bedank, is:
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23867 is 'n antwoord op boodskap #23547] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
John Meeding wrote in message ...
> Dankie vir daardie letterlike aanhaling Jan - dit is (deel van) die berig
> wat ek gesien het. Dit is die feite.
>
> Ek herhaal, tot baie onlangs was De Kat een van die baie baie min Afrikaanse
> tydskrifte wat ek of my vrou sou wou koop vir leesstof wat mens laat dink,
> en nou is dit daarnatoe. Dit bly 'n jammerte. Dit is my mening.

Ag, nou ja!

As mens darem De Kitsch nodig het om jou te laat dink!
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23868 is 'n antwoord op boodskap #23547] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Thu, 3 Jun 1999 09:13:29 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
>
>> (Hoekom gaan alle goeie Afrikaanse tydskrifte mettertyd die weg van Die
>> Huisgenoot?) >>
>
> Fanie en Melanie ontdek Margaret Thatcher. Dis hoekom.
>
> Die keuse tussen miljoene met hyg-hyg of honderde duisende met
> intellektualiteit.

Hmmm..... En De Kitsch se resep is om "intellektueel" te hyg-hyg, in die
hoop dat hy nie die keuse hoef te maak nie?

Al wat jy daarmee bereik, is dat die miljoene dink dis intellektueel om te
hyg-hyg. En mettertyd eindig Antjie Krog al stomende en kort-van-asem op
hierdie nuusgroep, danksy Gloudina se blootstelling aan De Kitsch.

Maar. Grappies op 'n stokkie. Naspers het vir twintig jaar Insig
gesubsidieer, wel wetende dat die Afrikaanse mark te klein is om so 'n
tydskrif te onderhou in kompetisie met Die Huisgenoot. (Insig het hom
inderdaad ten doel gestel om te wees wat Huisgenoot altyd was.) Ek vind dit
jammer dat hulle blykbaar nou nie meer dink dis geregverdig dat Huisgenoot
se lesers moet bydra om Insig op die rakke te kry nie. As ek dit reg
verstaan, moet Insig nou teen wil en dank "betalend" word, al moet hy dan
die weg van Huisgenoot gaan.

Dan sit ons met twee Huisgenote in Naspers, en geen Insig nie. Al wat hulle
tot dusver regekry het, is dat Insig se nuwe "look & feel" mens laat dink
aan 'n tienderjarige se eerste website. En die artikels is nou so politiek
korrek soos 'n Hollander met 'n oompie wat in die NSB vir die Nazis skoene
gepoets het.

Hopelik vrek De Kitsch sommer gou. Anders het ons drie Huisgenote. Een wat
stink, een wat blink, en een vir mense wat dink hulle dink.
Re: De Kat ook oorle? [boodskap #23887 is 'n antwoord op boodskap #23547] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ja nee wat Boet!
Iemand sê-vra nou die dag: "Het jy al die nuutset huisdemoon gelees?"
Menende natuurlik die Huisgenoot. Koop 'it 'ie en sal ok 'ie!

Mooi naampie gegee: De Kitsch! Maaiu-Maaiu
Vorige onderwerp: Suid-Afrikaanse Tieners
Volgende onderwerp: The Power of One
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 00:12:43 MGT 2024