Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Is Afrikaans n' kwaai taal?
Is Afrikaans n' kwaai taal? [boodskap #18794] So, 01 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Sluiper  is tans af-lyn  Sluiper
Boodskappe: 12
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Na nege jaar in Australie praat ek en my vrou nog Afrikaans met mekaar.
Mense kyk ons soms snaaks aan, maar so het baie mede Suid Afrikaners wat ons
hoor praat met ons kom kennis maak en groot pelle geword.

Ons kinders se Australiese maats het egter al meer as een keer gevra of ek
en my vrou kwaad is vir mekaar of stry waneer hulle ons hoor Afrikaans praat
met mekaar. (Kinders hier is nie op hulle bek geval nie.) Hulle sê dat die
klanke wat ons gebruik klink vir hulle kwaai.

Het iemand anders al so iets ervaar?

Indien wel is dit seker die dat ander mense ook soms vir ons kyk waneer on
Afrikaans praat. Of so nie kan dit gevalle wees soos die een wat my dogter
so skaam gemaak het vir ons Afrikaans. Dit was die een dag toe sy in n'
winkel vir ons een van haar onderwysers uitwys en my vrou vir haar voor
ander mense heel onskuldig in Afrikaans vra -- "watter VAK"? :-)

Sluiper
Re: Is Afrikaans n' kwaai taal? [boodskap #18837 is 'n antwoord op boodskap #18794] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Ons kinders se Australiese maats het egter al meer as een keer gevra of ek
> en my vrou kwaad is vir mekaar of stry waneer hulle ons hoor Afrikaans praat
> met mekaar.

Dis nou weer tipies vir Engelstaliges ! Vir my klink Afrikaans baie mooier
as Engels, want die meeste Engelstaliges het vreeslike lokale aksente - om
nog nie van die Amerikaners se "Engels" te praat nie.
Glo my : Afrikaans is nie my moedertaal nie, maar ek het nog nooit gedink
dat twee mense baklei as hulle Afrikaans praat nie, ek het dit altyd geniet
!
En moet asseblief nooit skaam wees vir julle pragtige taal nie !

Baie groete uit België.

Hilda.
Re: Is Afrikaans n' kwaai taal? [boodskap #19195 is 'n antwoord op boodskap #18794] So, 15 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Sluiper" writes:

> Na nege jaar in Australie praat ek en my vrou nog Afrikaans met mekaar.
> Mense kyk ons soms snaaks aan, maar so het baie mede Suid Afrikaners wat ons
> hoor praat met ons kom kennis maak en groot pelle geword.
>
> Ons kinders se Australiese maats het egter al meer as een keer gevra of ek
> en my vrou kwaad is vir mekaar of stry waneer hulle ons hoor Afrikaans praat
> met mekaar. (Kinders hier is nie op hulle bek geval nie.) Hulle sê dat die
> klanke wat ons gebruik klink vir hulle kwaai.
>
> Het iemand anders al so iets ervaar?
>
> Indien wel is dit seker die dat ander mense ook soms vir ons kyk waneer on
> Afrikaans praat. Of so nie kan dit gevalle wees soos die een wat my dogter
> so skaam gemaak het vir ons Afrikaans. Dit was die een dag toe sy in n'
> winkel vir ons een van haar onderwysers uitwys en my vrou vir haar voor
> ander mense heel onskuldig in Afrikaans vra -- "watter VAK"? :-)
>
> Sluiper


Sluiper, jy kla onlangs dat niemand aandag gee
op die nuusgroep as jy oor iets praat nie. Dis
tog nie waar nie. Daar was taamlik intense
gesels oor of Afrikaans klink na 'n "kwaai" taal.
En ek het lekker gelag vir die insident wat jy
in die laaste paragraaf hierbo beskryf. As mens
Afrikaans voor Engels-sprekendes praat, is jy
soms salig onbewus hoe die woord in Engels klink.
Ek het opgehou my man in die openbaar as Sakkie
aanspreek toe ek bewus geword het watter konnotasies
dit vir die Engelse oor het. (Moenie luister nie,
Hennerietjie.) My man het vroeg in ons lewe vir
my "Doudie" begin noem (glo afgelei van Gloudina,
maar ek kan nog nie die logika volg nie.) Dit is
deur my vriendinne in die hospitaal waar ek
gewerk het, opgetel, en later toe praat die hele
departement van Doudie. Toe eendag kom iemand
nuut in die departement in en hy maak vreeslik
kapsie teen die feit dat die mense my Doudie noem.
Dis eers toe ek besef dat hy die woord hoor as
"dowdy" (dus onaantreklik en afgerem), dat ek besef
hoekom hy so aggressief daarteen objekteer.
Nog iets wat my amuseer: hoe Afrikaanse woorde
in die lokale Engels insypel deur jou kinders. Ons
het lekker gelag toe ons uitvind dat die kinders
op in die straat (ons kinders was toe nog kleinerig)
die woord "koekerdoesie" gebruik vir jy weet wat.
Ek weet nie of laasgenoemde woord algemeen in Afrikaans
gebruik word nie, maar ek het in die Noordweste daarmee
grootgeword. Dis 'n baie handige woord om aan kinders
te leer, want dit maak geen verskil of dit op manlike
of vroulike persone van toepassing is nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Dubbel "nie" in Afrikaans
Volgende onderwerp: MS Word Woordeboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:01:21 MGT 2024