Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » artillerie
artillerie [boodskap #145158] Vr, 03 Mei 2024 14:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
artillerie
Afbreking: ar•til•le•rie


Selfstandige naamwoord: artillerie
Meervoud: artillerieë

Betekenis:
• Afdeling van 'n leër wat vuursteun aan eie troepe gee (soos boogskutters van ouds), of die wapens wat hulle gebruik (o.a. kanonne, missiele, ens.)

Gebruik:
• Soldate word as kanonvoer in die loopgrawe ontplooi om die vyand se artillerie te ontbloot.

Sinoniem:
• grofgeskut
• kanongeskut

Hiponiem:
• marineartillerie
• veldartillerie
• vestingartillerie

Afgelei:
• artillerie-offisier
• artilleriekaserne
• artillerieskool
• artilleriekorps
• artillerieskool
• artillerietrein
• artillerievuur

Verwant:
• artilleris

Afkorting:
• art.

Vertaling:
Engels: artillery
Nederlands: artillerie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Oostenryk
Volgende onderwerp: kanonvoer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:27:47 MGT 2024