Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » myner van die duineveld
myner van die duineveld [boodskap #140331] Wo, 28 September 2022 18:27
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
wat is werklik die doel van jou bestaan
daar waar jy jou weg in donkerte onder tuine en paaie deur baan
want jou enigste nut wat ek kan sien
is geld wat die koöp in uit slagysters en pille wat hul voorsien

met die miniatuur sandvulkane
maak jy die uitgelegte van ons mooi parke en tuine ongedane
waar vele plante onder sand verdwyn
en net soveel ander weens afgeknaagde wortels in die beddings kwyn

menige dier het reeds ‘n been gebreek
omdat hul in volle vlug per ongeluk ‘n voet in jou gate steek
of struikel oor een van jou vulkane
daar waar hulle daagliks hul weg oor die vulkaanbesaaide veld moet bane

jy sou vir elk van ons ‘n guns doen hier
as jy ook sig kon hê en bogronds kon lewe soos elke ander dier
dan kon jy dit gou-gou na ‘n plant waag
‘n gat langs die stam af grawe en heerlik aan die wortels sit en knaag
Vorige onderwerp: my tweede kans
Volgende onderwerp: ode aan 'n jagter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:51:13 MGT 2024