Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die woorde wat ons uiter
die woorde wat ons uiter [boodskap #140322] Di, 27 September 2022 14:49
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
sagkens rol hulle tussen ons lippe deur
woorde van liefde
wat die warmte vanuit ons hartkamers
spontaan na buite bring
om ons gevoel teenoor iemand te besing

ferm hop hulle tussen ons lippe deur
woorde van vermaning
wat die ervaring vanuit ons breingange
doelgerig na buite stuur
om te verhoed dat ‘n fout iemand se lewe versuur

huiwerig hink hulle tussen ons lippe deur
woorde van bemoediging
wat die besorgdheid vanuit ons orgaansale
onseker na buite blaas
om iemand in ‘n omgewing van minder seer te plaas

ontploffend skiet hulle tussen ons lippe deur
woorde van haat
wat die oerheid vanuit ons menswees
donderend na buite lanseer
om iemand emosioneel te beseer
Vorige onderwerp: dis lente
Volgende onderwerp: verkeerdomgedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 05:57:57 MGT 2024