Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n duisend dankies, Heer
'n duisend dankies, Heer [boodskap #140268] So, 18 September 2022 13:21
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
U het my nog ‘n kans in die beroepslewe gegee
waar ek elke dag die gawes wat U my gegee het
kan gebruik om tot diens van ander mense te wees

mag ek nooit hierdie kans misbruik nie, Heer
mag ek vele ander lei tot u Eer
mag ek vir altyd hierdie kans onthou
mag slegs die mooie uit my ontvou
mag ek my gesin onvoorwaardelik lief kan hê
mag ek al my probleme en sorge aan u Voete lê
mag ek weekliks u Huis besoek
mag ek daagliks rigting in u Boek soek
Vorige onderwerp: totsiens swartriet
Volgende onderwerp: "Ek herhaal jou" deur INGRID JONKER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 19:25:27 MGT 2024