Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n afskeidsgesprek ('n hond in Ukraine)
'n afskeidsgesprek [boodskap #140256] Sa, 17 September 2022 14:16
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
dit is Druzya wat hier praat
ek het langs my mamma gelê
toe jy destyds na my en my sussies kom kyk
sy het met haar oë na jou gewys en gesê
jou naam is mens

sy het verder gesê
mens en hond is mekaar se heel grootste vriende
daarom moet ons mekaar met ons lewe beskerm
en mekaar onvoorwaardelik lief hê
ons moet elke dag met mekaar speel
en ons moet ook gehoorsaam wees
wanneer mens met ons praat

as ons al hierdie dinge doen
het sy gesê
sal mens baie mooi na ons kyk
en hoef ons vir niks bang te wees nie

mamma was reg wat sy gesê het
want jy het vir baie jare baie mooi
na my en Lakaia gekyk

ek is jammer dat ek jou nie kon beskerm nie
want ek was bang toe ek daardie harde geluid hoor en die mure sien omval
toe hardloop ek en Lakaia weg

toe daardie harde geluide ophou
het ek na jou kom soek
ek weet nie waar Lakaia nou is nie

maar mamma het vir ons gejok
want dit was mens wat daardie harde geluid gemaak het

daar was baie harde geluide
en baie mure het omgeval
baie honde het ook weggehardloop
wil mens nie meer hond se vriend wees nie

nou is ek alleen sonder my beste vriend
my hok en bed is ook weg
my kosbak en waterbak is stukkend
my speelgoed is alles gebreek
maar ek is nogsteeds baie lief vir jou
en sal hier langs jou lê
Vorige onderwerp: slagting in die baai
Volgende onderwerp: totsiens swartriet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 17:55:30 MGT 2024