Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » SAUK 50/50 'N AKSIE TEEN AFRIKAANS KOM ONS STAAN SAAM
SAUK 50/50 'N AKSIE TEEN AFRIKAANS KOM ONS STAAN SAAM [boodskap #21730 is 'n antwoord op boodskap #21731] Sa, 13 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Die druk was te groot. Die 50?50 program is voorlopig gered want daar is
by gese dat daar geen "heilige koeie" is nie.
Ek persoonlik vermoed egter dat die staking van die program eerder gemik was
teen die gebruik van afrikaans in die program.
Net soos die hele SABC TV uitsendings vroeg soggens glad nie die gebruik van
afrikaans erken nie. Net Martin Bailey onder in die Kaap verwys soms na die
Burger se berigte maar die res maak asof die hele SA net Engels praat.

Ek wil hieroor baklei - wie wil saampraat en help om 'n strategie te beplan
van 'n e-pos aanval op die regte plekke.

Kontak my.

Ernst
Re: SAUK 50/50 'N AKSIE TEEN AFRIKAANS KOM ONS STAAN SAAM [boodskap #21731 is 'n antwoord op boodskap #21730] Sa, 13 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ernst v Biljon wrote:

> Die druk was te groot. Die 50?50 program is voorlopig gered want daar is
> by gese dat daar geen "heilige koeie" is nie.
> Ek persoonlik vermoed egter dat die staking van die program eerder gemik was
> teen die gebruik van afrikaans in die program.

Kom ek sê jou wat dink ek. Ferdi sal sê dis weer een van my
samesweringteorië.

50/50 tel onder die top 10 SABC programme. Na wat verneem word, het hy een
van die hoogste advertensie inkomstes, en die vraag na advertensietyd
oorskry die aanbod. Net 'n uiters dom uitsaaier sal so 'n program van die
lug afhaal, nie waar nie?

Maar wie kyk 50/50? Meestal die ouens wat TV lisensies betaal het toe dit
nog die SAUK was. Maar baie van hulle betaal nie meer nie. Dus kyk hulle
onwettig. Hoe gaan jy maak as jy hulle wil opspoor? Sê jy gaan hul
gunsteling program van die lug afhaal. Jy gaan 'n stroom protes uitlok via
telefoonoproepe, e-posse en briewe. Min van daai ouens sal anoniem
protesteer. Na die protes sê jy jy het 'n grap gemaak, hy bly. Nou gaan jy
die identiteit van die protesteerders na, en kyk of hulle lisensies het.

Te dik vir 'n daalder? Miskien.

Groete

Henri
Re: SAUK 50/50 'N AKSIE TEEN AFRIKAANS KOM ONS STAAN SAAM [boodskap #21756 is 'n antwoord op boodskap #21731] So, 14 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Mar 1999 16:59:04 +0200, "Ernst v Biljon"
wrote:

Ek persoonlik vermoed egter dat die staking van die program eerder gemik was[/color]
> teen die gebruik van afrikaans in die program.
> Net soos die hele SABC TV uitsendings vroeg soggens glad nie die gebruik van
> afrikaans erken nie. Net Martin Bailey onder in die Kaap verwys soms na die
> Burger se berigte maar die res maak asof die hele SA net Engels praat.>>

By the way, wat het toe geword van al die planne om n Afrikaanse TV
stasie te begin. Dit sou mos middel verlede jaar al afgeskop het?
Re: SAUK 50/50 'N AKSIE TEEN AFRIKAANS KOM ONS STAAN SAAM [boodskap #21757 is 'n antwoord op boodskap #21731] So, 14 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Mar 1999 23:16:01 +0200, "Henri Burger" <hb...@mweb.co.za> wrote:
<<>Te dik vir 'n daalder? Miskien.>>

Yep.
Dit was waarskynlik - soos so baie kere in die lewe - n kombinasie van
onbevoegdheid en n te groot ego.
Re: SAUK 50/50 'N AKSIE TEEN AFRIKAANS KOM ONS STAAN SAAM [boodskap #21780 is 'n antwoord op boodskap #21731] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote:
>
> Ernst v Biljon wrote:
>
>> Die druk was te groot. Die 50?50 program is voorlopig gered want daar is
>> by gese dat daar geen "heilige koeie" is nie.
>> Ek persoonlik vermoed egter dat die staking van die program eerder gemik was
>> teen die gebruik van afrikaans in die program.
>
> Kom ek sê jou wat dink ek. Ferdi sal sê dis weer een van my
> samesweringteorië.
>
> 50/50 tel onder die top 10 SABC programme. Na wat verneem word, het hy een
> van die hoogste advertensie inkomstes, en die vraag na advertensietyd
> oorskry die aanbod. Net 'n uiters dom uitsaaier sal so 'n program van die
> lug afhaal, nie waar nie?
>
> Maar wie kyk 50/50? Meestal die ouens wat TV lisensies betaal het toe dit
> nog die SAUK was. Maar baie van hulle betaal nie meer nie. Dus kyk hulle
> onwettig. Hoe gaan jy maak as jy hulle wil opspoor? Sê jy gaan hul
> gunsteling program van die lug afhaal. Jy gaan 'n stroom protes uitlok via
> telefoonoproepe, e-posse en briewe. Min van daai ouens sal anoniem
> protesteer. Na die protes sê jy jy het 'n grap gemaak, hy bly. Nou gaan jy
> die identiteit van die protesteerders na, en kyk of hulle lisensies het.
>
> Te dik vir 'n daalder? Miskien.
>
> Groete
>
> Henri

Soos Ernst sê is dit blykbaar gered.

Maar laat ek nou 'n voorspelling maak - die media vrystelling sê ook
dat daar sekere veranderinge aan die program aangebring sal word - nou
voorspel ek: Pleks van om die pgm af te haal, verander hulle dit maar
net stadig om te lyk soos hulle dit wil he? Kyk oor so ses maande en
sien of 50/50 nog dieselfde lyk - ek sal 'n six pack castles opsit....
Vorige onderwerp: Re: RED 50 50 en VeldFokus
Volgende onderwerp: TV Lisensies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 23:41:50 MGT 2024