Inligting Boodskappe: 4590 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bakhuizen van den Brink (tekening deur Jan Veth).Reinier Cornelis Bakhuizen van den Brink (1810 - 1865) was 'n Nederlandse skrywer en kritikus. Hy het beroemd geword deur sy letterkundige kritieke onder andere in De Gids waarvan hy in 1838 redakteur geword het. Hy was 'n gebore leier wat beskou kan word as die eerste moderne kritikus wat met groot vrymoedigheid sy mening gegee het. Lateraan redigeer hy De Nederlandse Spectator (1854). Behalwe historiese studies soos Cartons voor de Nederlandse Vrijheidsoorlog het hy ’n aantal merkwaardige Novellen (1843) geskryf.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.