Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Avokado (Avokadopeer)
Avokado [boodskap #125646] Wo, 08 Mei 2019 09:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Avokadopeer.
'n Avokadopeer.
Die avokado is 'n groot subtropiese vrug van die Persea gratissima (familie Lauraceae) met 'n enkele groot los pit; groen of rooi-bruin as dit ryp is. Inheems in Mexiko en Wes-Indië. Die vrug is ryk aan plantolie. Word in S.A. hoofsaaklik in Noord- en Oos-Transvaal verbou en ook in die kusstreke van Natal en Kaapland wat vry van ryp is.

Drie groepe van variëteite word verbou, nl. Mexikaanse, Guatemalaanse en Wes-Indiese. Van die bekendste variëteite is Fuerte (waaruit ongeveer 60% van die totale aanplantings bestaan), Carton, Collinson, Nabal, Itzamna, Hass en Ryan.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Avogadro, graaf Amadeo
Volgende onderwerp: Axminster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:12:16 MGT 2024