Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ave Maria
Ave Maria [boodskap #125643] Wo, 08 Mei 2019 08:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ave Maria: aankondiging van Jesus se koms.
Ave Maria: aankondiging van Jesus se koms.
Ave Maria (Latyn vir "Wees gegroet, Maria!") is 'n Rooms-Katolieke gebed tot die Maagd Maria. Die gebed is deur beroemde musici getoonset, soos Palestrina, Gounod en Schubert.

Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.

Die eerste gedeelte van die gebed kom uit Lukas 1:28 (die begroetingswoorde van die aartsengel Gabriël).

Aanhaling:
Wees gegroet, Maria, vol van genade.
Die Here is met jou.
Die tweede gedeelte kom uit Lukas 1:42 (die woorde van Elisabet, Maria se niggie).

Aanhaling:
Geseënd is jy bo alle vroue,
En geseënd is die vrug van u skoot.
Die derde gedeelte is om en by die sestiende eeu bygevoeg. Die titel Moeder van God is deur die Konsilie van Efese (431) goedgekeur.

Aanhaling:
Heilige Maria, Moeder van God,
Bid vir ons, sondaars,
Nou en in die uur van onse dood.
Amen.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Auto-da-fé
Volgende onderwerp: Avignon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:10:45 MGT 2024