Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Auto-da-fé (Autodafe)
Auto-da-fé [boodskap #125642] Wo, 08 Mei 2019 07:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Afbeelding van 'n auto-da-fé, geskilder deur Pedro Berruguete.
Afbeelding van 'n auto-da-fé, geskilder deur Pedro Berruguete.
Auto-da-fé (ook autodafe; Portugees vir "geloofsdaad") was die publieke afkondiging en voltrekking van die vonnisse van die Inkwisisie wat aan ketters en afvalliges opgelê is. Die eerste auto-da-fé het in 1482 in Spanje plaasgevind, die laaste in 1781. Dit was hoofsaaklik 'n seremonie vir boetedoening, hoewel die term vandag veral met die brandstapel geassosieerd word.

Doodsvonnisse is deur die sekulêre staat voltrek, wat opgelê is in gevalle waar herhaalde kettery voorgekom het ná 'n eerste oortreding. Gevangenes wat hardkoppig gebly het is lewendig verbrand, behalwe indien hulle met die kerk versoen is, in welke geval hulle op die brandstapel verwurg is voordat dit aan die brand gesteek is.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Australiese voetbal
Volgende onderwerp: Ave Maria
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:13:35 MGT 2024