Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Australiese voetbal
Australiese voetbal [boodskap #125641] Wo, 08 Mei 2019 07:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Australiese voetbal word gespeel.
Australiese voetbal word gespeel.
Australiese voetbal is een van vier soorte voetbal in Australië - rugby, beroepsrugby, sokker en Australiese rugby. Laasgenoemde het glo ontstaan deurdat ’n groep mynwerkers eendag ’n soort sokker met ’n rugbybal gespeel het. Die reëls het algaande verander en al verder van rugby en sokker afgewyk. Word gespeel deur spanne van 18 man op ’n veld heelwat groter as vir rugby, partykeer tot 190 tree lank en 170 tree breed. Die doel is om die bal tussen die teenstanders se doelpale deur te skop. Die bal word selde aangegee of gedra, en as ’n speler dit dra, word hy taamlik aan bande gelê.

Dié kontaksport word op 'n ovaalvormige veld, dikwels 'n aangepaste krieketveld, gespeel. Die spel begin deur die ovaalvormige bal vanaf die middelste sirkel teen die grond te bons. Punte word aangeteken deur die bal tussen vier hoë doelpale deur te skop ('n skop deur die middelste doelpale tel 6 punte, 1 punt vir die sypale). Spelers kan hulself enige plek op die veld posisioneer en enige deel van die lyf gebruik om die bal te beweeg. Daar is reëls oor hoe die bal hanteer kan word. Spelers wat met die bal hardloop moet dit byvoorbeeld met tussenposes op die grond bons. Gooi van die bal word nie toegelaat nie en 'n speler mag nie die bal lank vashou nie. 'n Speler wat die bal op enige deel van die veld direk vanaf 'n skop vang kan 'n merk roep en besit neem. Spelers kan met hulle hande verdedig, of hul hele liggaam gebruik om teenstanders te belemmer. Gevaarlike fisiese kontak (soos die stamp van 'n teenstander op die rug), inmenging by die merkneem en die doelbewuste vertraging van die spel is strafbaar met 'n vryskop, strafafstand of skorsing vir 'n aantal wedstryde, afhangende van die erns van die oortreding.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Australië
Volgende onderwerp: Auto-da-fé
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:43:04 MGT 2024