Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Austerlitz (Slavkov u Brna)
Austerlitz [boodskap #125639] Wo, 08 Mei 2019 06:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jean Rapp toon die verowerde vaandels aan Napoleon, deur François Gérard.
Jean Rapp toon die verowerde vaandels aan Napoleon, deur François Gérard.
Austerlitz (amptelik Slavkov u Brna genoem) is 'n dorp in Tsjeggië (die westelike deel van die voormalige Tsjeggo-Slowakye). Dit is die toneel van Napoleon se oorwinning in 1805 oor die Oostenrykers en die Russe, nadat hy afgesien het van sy plan om Brittanje binne te val. Die slag by Austerlitz word die Drie-keiserslag genoem omdat Napoleon, Keiser Frans I en tsaar Alexander I al drie daar in bevel was. Die veldslag was 'n taktiese meesterstuk en word algemeen as Napoleon se grootste oorwinning beskou.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Austen, Jane
Volgende onderwerp: Australië
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:24:13 MGT 2024