Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aurora borealis (noorderlig)
Aurora borealis [boodskap #125636] Di, 07 Mei 2019 06:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Aurora borealis oor Alaska.
Die Aurora borealis oor Alaska.
Die Aurora borealis (ook noorderlig of poollig genoem) is ligkolle, flikkerende strale, of enorme "gordyne" met swaaiende voue wat aan die nagtelike hemel in die Noordelike Halfrond verskyn. Dit kan wit, rooi, geel, groen of violet wees. Gewoonlik van 70 tot 100 myl bo die aarde en dikwels sigbaar in Skotland, maar meer dikwels in die noordpoolstreke of in die suidpoolstreke (as aurora australis). Die oorsaak is blykbaar ionisasie van die stratosfeer deur elektromagnetiese golwe. Die lig hou op die een of ander manier verband met sonvlekke. Dieselfde effek word kunsmatig teweeggebring in neonbuise wanneer ’n edelgas aan hoogspanning onderwerp word.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Auriol, Vincent
Volgende onderwerp: Austen, Jane
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:59:02 MGT 2024