Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Augustus
Augustus [boodskap #125617] Ma, 06 Mei 2019 07:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Standbeeld van Augustus Octavianus.
Standbeeld van Augustus Octavianus.
Augustus (63 v.C. - 14 n.C.), bekend as Gaius Octavius, later Gaius Julius Caesar Octavianus, 1ste keiser van Rome, was die aangenome seun en erfgenaam van Julius Caesar. Hy het oppermagtig in die Romeinse wêreld geword toe hy 33 was, nadat hy Marcus Antonius 31 v.C. in die seeslag by Actium verslaan het. Hy was oor die 40 jaar ’n verstandige heerser; het geweldig veel mag besit, maar gesorg om geen misbruik daarvan te maak nie. Hy is Imperator, d.w.s. keiser, genoem, ofskoon hy die gebruik van die titel vermy het.

Hoewel Augustinus in werklikheid ’n diktator was, het hy net die een doel gehad om die Romeinse Ryk voorspoedig en verenig te maak, en dit was aan hom te danke dat die Romeinse wêreld die Pax Romana (Romeinse vrede) geniet het, waaraan dit na lange jare van oorlog groot behoefte gehad het. Die maand Sextilis, ons Augustus, is na hom vernoem; hy het die senaat gereorganiseer, die provinsies van die ryk deur goed gekose goewerneurs laat bestuur en die stad Rome verbeter sodat daar van hom gesê is: "Hy het dit van baksteen gevind en dit van marmer nagelaat." Groot skrywers het in sy tyd (die "eeu van Augustus") geskryf, onder hulle Vergilius, Horatius, Ovidius en Livius.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Augustinus, Aurelius
Volgende onderwerp: Aurelianus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:07:31 MGT 2024