Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Augustinus, Aurelius (Augustinus van Hippo)
Augustinus, Aurelius [boodskap #125616] Ma, 06 Mei 2019 07:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Augustinus van Hippo
Augustinus van Hippo
Aurelius Augustinus (354 - 430) was 'n beroemde kerkvader. Hy oefen groot invloed uit op dogma-vorming sowel van die Rooms-Katolieke kerk (leer van die kerk en van die doop) as op kerke van die Reformasie (predestinasie, leer van sonde en genade); biskop van Hippo Regius (396 - 420); bestryder van die Manigeïsme (wat leer dat materiële wêreld deur magte van duisternis veroorsaak is; stigter: Mani 215 - 276, Persiese godsdiensleraar), Donatisme (’n radikaal- Christelike beweging in Noord-Afrika wat o.a. die geldigheid van die Sakramente van die persoonlike heiligheid van die ampsdraers afhanklik gestel het), en die Pelagianisme (leer van Pelagius, ca. 360 - 420, wat die erfsonde en die noodsaaklikheid van die genade ontken het). Belangrikste werke: De Doctrina Christiana, De Trinitate (15 boeke), De Civitate Dei (die leer van die twee ryke).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Augustinus
Volgende onderwerp: Augustus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:01:22 MGT 2024